Watkykjy interview metal band, Affiance by Rumours Lounge

In Watkykjy Interviews deur Chris ThundervoltRek jou bek

Dit was nou lekker onverwags. Affiance van Cleveland, Ohio, het onlangs bietjie metal kom gooi hier in Suid Afrika. Hulle was in Durban, Stellenbosch, Johannesburg en Pretoria. Ons het hulle gevang by Rumours Lounge in Weltevreden Park.

Die aand het begin met local opening acts New Earth, The Drift en Deity’s Muse. Al drie bands het mooi die goods deliver. Goeie bands om die vibe te set vir wat oppad was. Almal was opgepsych en reg vir ’n slam-dance.

Affiance het uitgekom en baie lekker gejol. Dis jou generic metal-core sound. Dit klink of hulle nuwe music bietjie meer kanse vat, ons sal maar wag vir die album. Hulle het besige guitar melodies, tegniese en groovy ritmes, asook jou onontkombare breakdown. Die vocalist, Dennis Tvrdik, het ’n wye verskeidenheid van stemklanke wat hy maak. Hy sing hoog, laag, skreeu, fluister. Ek dink wat die brasse hulle edge gee was hulle execution.

Hulle jol. Punt. Die drummer slaan die potte met ongelooflike flare en die guitarist se fingers is fluks. Bassist hardloop ook rond en swing sy bass bo sy kop rond. Daar is ’n show aan die gang, en die latte perform.

Dit was ’n great aand. Ons het lekker saam met die band gehang. Ek het almal vol bier gespoeg. Affiance was vreeslik indrukwekkend. Ek skiem hulle kan maar weer kom, en ek sal gaan kyk. Ek sal aanbeveel dat jy ook moet. Hier is ons interview met hulle:

Deel met jou tjommies!

    Chris ThundervoltWatkykjy interview metal band, Affiance by Rumours Lounge

    Gooi Comment