bantam

Laasweek se zefspotters

In Zefspotters deur griffin1 Eiertjies

Die bantam bakkie is n girl s'n, bakkie se gat gewip en neus sleep op die grond rond….
bantam
En die trok se cargo wou nie gaan waar hy gaan nie, meer en meer gelyk of dit wil af donner….
trok cargo
3de foto, 'quality used vehicles' al die karre daar is gef@k. Scrayard stoorplek :D
crap yard
Die sign gespot in klient se badkamer by werksplek…
badkamer sign
Laaste, my broer se rims op sy golf, lyk of dit die 4jarige laaitie gaan insluk…
zef golf rims
Geniet Griff.
Jono PE

Check die kak by ons local checkers. Lekker hol salami, of is dit salami vir die hol….
Corrie

ass salami

Net in PE…
Jono

lekker pe zef

Hey Almal,
Het hierdie wintie outjie in Kempton gesien.
Rollbars???
Melktert

kempton rollbars

Hey Almal,
Ek het nie geweet Beacon maak pienk en wit coke nie.
Melktert.

pienk en wit coke

Die tata gespot, en gaan nie met die ou se familie mors nie….
Jono

tata my family

Varknek steaks in crispy piele
A

for vark steaks

Dag Griff,

Gespot hier in my valley verlede week. Ek ken so 'n bietjie van vintage wiele, maar ek het vir 'n fok nog nooit van 'n 1966 Dodge Polara gehoor nie. Dis hoe hy lyk – die een laaitie daar agter het gesê hy is nog besig om hom klaar op te bou (daai drie laaities se looks vertel so by the way ook vir jou alles wat jy hoef te weet oor my valley.) Ekself is 'n 1965 model maar ek moet sê hierdie model is in baie beter toestand as ek. En aansienlik pienker.

Groete,
Prof. Bokdrol.

Dodge Polara 1

Dodge Polara 2

Dodge Polara 3

Deel met jou tjommies!

    griffinLaasweek se zefspotters

    Comments

    1. Vieslike Verdi

      Daai Golf met die vet wiele skaaf seker al die pad?
      Ek het 'n Datsun 1200 GX gehad met sulke "baloon look alike" wiele.
      Kak padhou vermoè en skaaf heelpad teen die bakwerk.  Maar nou ja in die 80's was daar nie geld vir mags en 17/45/205 wiele nie
      Groenis

    Gooi Comment