kris kristofferson 1

Die silver-haired devil sing: Kris Kristofferson live review

In Watkykjy Reviews deur Chopper Charlie2 Eiertjies

Ek ken Kris Kristofferson se tunes vandat ek ‘n snotneus laaitie is. Te danke aan Pa Charlie se plate en tapes het ek al vroeg kennis gemaak met sielvolle tunes soos ‘Sunday morning coming down’, ‘Me and Bobby McGee’, ‘For the good times’ en ander. (Gewoonlik op roadtrips na my Ouma-hulle toe in Kimberley, wat actually nog ‘n kakker plek as Vereeniging is. Glo dit of nie. Dit fokken is.)

Dus was dit net reg dat ek die living legend saam met my ouers gaan kyk het toe hy onlangs in Suid-Afrika kom jol het. In Brakpan, of all places. By Carnival City, ‘n casino wat lyk of dit deur kinders op meth design is. Blinde kinders op meth. Wat weird is, want daar is amper niks kinders nie, veral nie vir die Kris Kristofferson show nie. For once was ou Chopper omtrent die jongste in die audience, wat my nog meer soos ‘n laaitie laat voel het. Wou amper my ID uithaal toe ek vir my en die krimpies drinks organise.

Binne lyk die auditorium darem soos enige ander ene en die stage was baie minimaal. Een of twee ligte op die man, twee mic stands en ‘n stoeltjie vir die set list en ‘n bottel water. ‘Die oom travel light,’ skiem ek.

Nie lank nie en Oom Kris kom uit, alleen met sy kitaar en val weg sonder seremonie. Omdat dit net hy is wat acoustic slaan, is al mens se aandag op sy woorde – en dis juis dit wat tel. Check, elke Kristofferson tune het ‘n beautiful storie of insight agter dit. Dis woordemusiek en die minimale arrangement is perfek daarvoor. Jy moet luister.
kris kristofferson 1
Ja sy stem breek op plekke. Ja hy straf nou en dan ‘n vals noot op die kitaar. Maar dit het dit juis vir my meer authentic gemaak. En nog meer gees. Mooier somehow. Oom Kris is 77 en doen ‘n 2 ure show standing up. Sonder ‘n band agter hom. Ek wil sien hoe de fok jou oupa dit afpull. Respek.

Tussenin joke hy oor sy kak kitaarspel, die feit dat hy eerder na sy eie musiek dronk of stoned sal luister en dat almal geweet het sy eerste exit is ‘n ‘phony one’. Nie overly komedies nie, net ‘n siniese opmerking hier en daar in daai krakerige ouman stem.
kris kristofferson 2
As special treat het sy een dogter, Kelly hom bygestaan op banjo en vocals vir ‘n paar tunes. Hulle harmonising het die gevoel van die set heeltemal verander en my laat dink aan die country tradisie van ‘n man/vrou kombinasie met minimale kitaarbegeleiding. Dink Johnny Cash & June Carter, Les Paul & Mar Ford en ander. Nice throwback.
kriss en kelly kristofferson
Al die ou favourites is daar (ook my Pa se favourite ‘Darby’s Castle‘) maar nuweres maak ook hulle verskyning, soos ‘Feeling mortal‘, ‘Johnny Lobo‘ en ander. Die goue draad (of dalk eerder silwer ene?) bly egter die woorde, die stories en die wrang lewensinsigte. Soos hierdie:

Soon or later I’ll be leaving
I’m a winner either way
For the laughter and the loving
That I’m living with today

Ek is nie seker of ons hom ooit weer sal sien nie, maar ek voel soos ‘n wenner dat ek met sy tunes kon grootword en hom in lewende lywe kon sien. Duisend dankies Oom Kris. Gaan jou goed.

(foto’s goedgunstiglik verskaf deur Willim Welsyn van Rolling Stone)

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieDie silver-haired devil sing: Kris Kristofferson live review

    Comments

    Gooi Comment