geduld

Tjappies, chicks en slap tjips: Die 2014 Cape Tattoo Expo

In Snotstories deur Chopper Charlie1 Eiertjies

Geduld en moed. Dit staan gegraveer op die muur van Cape Town City Hall, waar die Cape Tattoo Expo gehou is laas naweek. Heel fitting dink ek so by myself terwyl ek met die grandiose trappe opstap in hierdie pragtige, historiese venue. Want tjappies is nie vir fokken sissies nie, my ou. Dis for sure.
geduld
Dis die 6de jaar wat die Cape Tattoo Expo gehou word met 'n great line-up van local en internasionale tattoo artists. Die idee is dat mens dan vir jou 'n tjappie by 'n ware meester kry of sommer net kom check hoe hierdie craftsman hulle kunswerke skep – in lewende lywe.

En lywe was daar nie 'n tekort aan nie, pappie. Heelwat baie mooi meisies met amper net-so-mooi tattoos maak dit moeilik om te fokus op ander gebeure. Net waar jy kyk is mense besig om tattoos te kry met designs so varied soos die crowd self.
chick kry tattoo

nogge chick onder die naald

slapies so bietjie
Donners goeie tattoos ook. Jy kom vinnig agter hier is die room van die oes, die beste van die beste en kunstenaars in die regte sin van die woord. Nie soos die stortvloed van aaklige en swak tattoos wat ek gesien het op mense tydens 'n onlangse Ramsgate vakansie nie. Daai was fokken Skaam City as dit by tattoos kom.

Maar wat 'n lekker vibe ook by die Expo. Almal is heavy chilled, selfs die groot kaalkop omies met bo-arm spiere so breed soos my skouers wat moontlik in 'n outlaw biker gang is en die paar punks wat ons opgemerk het. Daar's lekker bars, groot balkonne om 'n dampie te slaan, kief kosstalletjies en rustige live tunes as mens so bietjie 'n break wil vat van die pyn en lyding en die gekners van tande.
kaalkop omies

vol ge-tatt
Want tattoos is donners seer, dit kan jy maar glo. Maar dis ook incredible, een van die oudste vorms van self-expression, met 'n hele kultuur en simbolisme van sy eie. Die interessantste vir my was wat mense besluit om te kry en waar. Blomme, skulls, slogans, diere, ander mense, hele scenes, eenvoudige simbole, simpel grappies – die temas en ontwerpe beperk net deur die menslike verbeelding.
tattoos van mense

Saam met die live tattooing is daar ook heelwat vendors wat byderwetse klere, kunswerke en selfs goed soos absinthe verkoop. Bietjie soos 'n vlooimark vir alternative culture. Daar was ook mense met groot slange (letterlik, alhoewel ek seker is figuurlik ook, ek was dan daar) wat mens kon vashou, die Cape Town Roller Girls, 'n old-school barber shop en sulke type stuff. Ons is sommer 'n paar keer deur die hele expo, en nie net om die chicks uit te check nie.
groot slange by tattoo expo
Dis die eerste keer wat ek die Cape Tattoo Expo bywoon, maar ek is volgende jaar virfokkeseker terug om 'n tjappie te kry. Solank dit nie weer die week voor RAMfest is nie, want vars tjappies, sonskyn, rivierwater, 'n vieslike gesuipery, metal en my geneigdheid om kak aan te jaag gaan nou nie juis hand aan hand nie.
if life gives you potatoes make slaptjips

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieTjappies, chicks en slap tjips: Die 2014 Cape Tattoo Expo

    Comments

    1. ppip

      Ek was mal oor inkleurboeke to ek 3 jaar oud was.
      Maar dit beteken nie ek wil een op my arm sit nie…

    Gooi Comment