Jy kan Vegas nie breek nie – Deel II

In Travel deur griffin1 Eiertjies

Ons kom uiteindelik by die laaste aflewering van die USA roadtrip wat ons amper 'n maand lank deur die Suide van Amerika gevat het al langs Route66 af. As jy die res van die stories soek sal jy dit hier vind:
http://www.watkykjy.co.za/category/travel/

Die volgende USA trip vir 2015 gaan binnekort begin beplan word… Maybe kom een van julle saam?


As daar nou een les is wat ek jou van Las Vegas kan leer is dit hierdie: jy het net drie dae nodig in daai plek, nie fokken ses nie. Moenie daai rookie mistake ooit maak nie. Gebruik liewer jou ekstra drie dae (as jy hulle het) om Los Angeles te gaan speck. Dis net 450km uit mekaar. Fokken amper Margate toe van Joburg af stories. Dis regtig fokol.

Die laaste drie dae was ook soortvan 'n blur gewees, maar die lekker tipe blur. Gelukkig het ek twee tjommies gehad wat my in Vegas kom join het. 'n Amerikaanse chick van Los Angeles af en 'n Suid-Afrikaanse gabba wat nou al so twee jaar in Portland bly. Hulle het spesiaal hulle schedules se ruggies gebreek sodat ons bietjie in Vegas kon fles vat. Maar net sulke groot tjommies as wat hulle is, is hulle ook groot moeilikheid. Hulle weet watse knoppies om te druk en waar my rubberarm se swakplekkie sit (dis basically die somtotaal van beide my arms).
20131108_125349_N Las Vegas Blvd
Ons het 'n bottel Jamesons en een of ander fireball tipe whiskey gekoop en sommer so in die loop deur vegas kappe gemaak. Daar was allerhande weird carnie tipe acts met die strip af gewees – dwergies wat break dance, losers wat soos Kiss aangetrek was, daai simpel mense wat hulleself goud of silwer verf en stilstaan soos statues en die hele "cast" van The Hangover. Almal basies boemies met beursies. Daar was ook die odd tannie sonder tannie wat op 'n mengsel van meth en fokweet wat alles rondgedrentel het en met haarself gepraat het. Julle sal haar hieronder iewers in die video sien waar sy McDonalds tand asof dit 'n ou vrot piel is.

Omdat ekself op 'n stadium in min of meer dieselfde state as die boemie tannie was (minus nou die burger vreet met my gums), kan ek regtig nie veel onthou nie. Ons was op 'n stadium na Treasure Island toe gewees waar ons ontelbaar baie cocktails weggeslaan het terwyl die res van die ouens na die Heart Attack Grill toe gegaan het. Fokken vieslike plek daai.
2013-11-07 10.25.16
Enige iemand wat meer as 160kg weeg mag verniet vreet. Fokken blaaint, want jy moet op 'n moerse skaal geweeg word in publiek waar almal jou kan check. Op die menu kan jy die "Single Bypass Burger," die "Double Bypass Burger," die "Triple Bypass Burger," en die "Quadruple Bypass Burger" verwag. Customers trek hospitaal gowns aan, word deur 'n "dokter" met 'n stetoskoop ondersoek en as jy nie jou kos klaarmaak nie, bliksem 'n chick in 'n skimpy nurse outfit jou met 'n groot hout paddle so paar shots oor jou sitvlak. Gee my maar eerder net die pakslae, want wie de fok sal hierdie klaarmaak?
20131107_194941_N Las Vegas Blvd
Intussen het ek en my tjommies onsself by Vegas se Hard Rock Cafe bevind waar ons in fokken cheap bier en poesduur vodka ingeklim het. Vodka's met oesters. 'n Lekker snotterige gemors om alles in jou lyf los te maak en daarna doosdronk in 'n taxi in te klim om ons terug te vat home base toe – die Golden Nugget Hotel.
vodka shooter met oester
Ek vermoed dat ons so paar black outs later eers by die hotel opgedaag het om buffet te vreet saam met die res van die ouens. Ek kan regtig nie mooi onthou nie en daar het moontlik 'n klomp goed tussenin gebeur wat ek liewer nie sal wil onthou nie. Wat ek wel weet is dat ek uit die hotel uitgegooi was omdat ek gemaak het asof ek die lifeguard was. Wat 'n poes move… Dit het die res van die ouens nogal explaining gekos sodat ek toegelaat sou word om die laaste aand in die hotel te slaap. Ek raai dit teen sterkste af om nie Oppikoppi dronk te word in Vegas nie. Dit veroorsaak net kak.

By some miracle kon my roommate my 4am die laaste oggend wakker kry om lughawe toe te gaan. Met die grootste tien hangovers ooit in een kop het ek so paar goed gegryp en in my tas gegooi en gefokof lughawe toe. Ek kon hierdie twee foto's wat ek geneem het glad nie onthou nie, maar ek was blykbaar daar:
trein na terminal

las vergas airport

Wat ek wel kan onthou was die aaklige een liter iced coffee wat ek afgewurg het en met 'n verkakte handjie vasgehou het. Ek kan nie verduidelik hoekom my verkakte handjie so verkak gelyk het nie. Grootste lewensles ooit: jy kan Vegas nie breek nie, so moenie eers probeer nie.
faktap vuiste
Toe ek uiteindelik terug in SA my tas uitpak, het ek besef dat ek omtrent R2000 se goed net so in my hotelkamer agtergelaat het. Ek fokken verdien dit, want ek is 'n poes. 'n Baie arm poes…

Video:

griffinJy kan Vegas nie breek nie – Deel II

Comments

  1. Pieter van Rooyen

    Ons was laas jaar in Vegas dit was befok jy kan nie die strip klaar loop in 10 dae nie.
    Ons het Drag Racing gaan kyk net buite Vegas dis nie ons local boy's daar nie die manne ken!Fokken Wild!
    Paar dae in Los Angeles spandeer oppad terug,befok ek het op Santa Monica se strand rond gefok en dink ek is David Hasselhoff.Die hele trip moet mens doen voor jy Clutch!

Gooi Comment