Watkykjy nuus round-up. Week 7 – Mensvreters, piele en aeries.

In Wat is nuus? deur griffinRek jou bek

Ons vra R25 'n kop
oondjieEk het vandeesweek met skok verneem dat 'n restaurant in Nigeria mensvleis opdis vir hulle gaste. Die skok het dalk meer met die feit te make dat ekself vier jaar van my lewe in Nigeria deurgebring het. Die gedagte dat ek moontlik 'n mens in my pens gesit het gedurende my avonture sit my dus heel verstaanbaar effens af en stuur 'n rilling deur vanaf my kroon tot my ketefbessies. Ek troos myself egter aan die feit dat ek 99% van die tyd spuities gehad het en dus 'n vinger of 'n skedel sou voel uitkom het…

Die Nigerian polisie in die staat van Anambra het elf mense ge-arresteer na 'n tip-off en twee bloederige koppe toegedraai in cellophane gevind. Dit moet nogal 'n bekotsenswaardige sight wees, tensy jy natuurlik Dexter Morgan is en 'n houtpiel kry vir hierdie tipe van ding. Verder het hulle ook afgekom op AK-47s, amunisie en selfone, jy weet, die normale garden variety tools wat jy sou nodig om hierdie tipe van operation te run.

'n Pastoor (daar is poesbaie van hulle in Nigeria) het by die polisie gekla:
"I went to the hotel early this year, after eating, I was told that a lump of meat was being sold at N700 (£2.5), I was surprised. So I did not know it was human meat that I ate at such expensive price".

Right, so die man van God was lyk my effens meer onsteld oor die prys van vleis. As jy 'n bordjie homo sapiens vir 25 skille kan tand saam met 'n slaaitjie, imagine hoe goedkoop hulle hoender is? Ek grap sommer. Hoender is actually baie goedkoper en lekkerder (dink ek)… – Graphic.com

Hoog en horny
Jy is op pad Margate toe in jou Uno. Die gedreun van die kar oor die teer en die gepaardgaande vibrasies veroorsak dat die are in jou corpora cavernosa opvul met bloed. Lekker, jy sit nou met 'n moerse ereksie terwyl een of ander vrou die nuus oor Jakaranda lees. "Nooit!" skiem jy. "Hier sit ek met 'n meneer en luister na kak oor Zuma en Nkandla". Jy voel vuil en trek gou af om enetjie met die hand te gaan uitrol in die Wimpy se badkamer (jy wil nie jou niggie wakker maak om hand by te sit nie. Sy slaap vreedsaam in die passenger seat).

Imagnie dit gebeur op 'n vliegtuig. Terwyl jy dronk is. Langs 'n vreemdeling. Dis wat met 'n chick gebeur het op 'n Delta vlug tussen Baltimore en Salt Lake City. Iets (moontlik die kakbaie drank wat sy weggeslaan het) het 'n wellustige gevoel in haar vreugdesgaatjie wakker gemaak en sy het begin flankeer met die dude langs haar op die vlug. In plaas daarvan om 'n gratis kopkou te aanvaar het die man haar advances van die hand gewys. Dit het die chick vreeslik ontstel en sy het obnoxious en abusive begin raak en soos dit maar met dronkies is, ook baie meer vocal. Dit het 'n klimaks bereik toe sy op die ou geskree het dat sy hom sal "fokken doodmaak".

Die pilot het toe maar besluit dis tyd om die vrou met die rooiwarm delta eerder af te laai en hulle het 'n emergency landing in Minneapolis gemaak. Sy is geboei en aan die pote oorhandig. Ons kon dit nie bevestig nie, maar dit moes haar oor die edge gesit het. Hoe kan jy velle klap as jy in hand-cuffs is? – Jalopnik
lekker horny

Piele nuus
Jy onthou seker hoe jy as kind allerhande prentjies van jou buurman se honde geteken het waar hulle kromrug met groot piele op die gras kak en die prentjies dan onder die buurman se voordeur gaan slip het? Sommige van julle doen dit dalk nog steeds. Australiese kunstenaar Jonathan Guthmann is ook een van daai ouens wat dit nog nie ontgoei het nie. Hy teken piele op koerante, meer spesifiek The Herald Sun.

Dit sal ons hier by Watkykjy glad nie verbaas as ons ewe skielik koerantpiel prentjies ontvang nie. Imagine die variety waarmee ons as Suid-Afrikaners kan opkom? Rapport Piele, Beeld Piele, Rekord Piele, Burger Piele (fokken eeu man), Citizen Piele, Sowetan Piele…

Kyk net na hierdie ou se pragpiele (en dames, hou op bitch dat daar nooit vir julle ietsie vir die oog is nie – alles is nou piele tussen ons)
bul piel

champiele

engel piel

jockey piel

kaalgat piele

lekker ballas

rugby piele

serp piel

sokker piel

the double

vang piele

Deel met jou tjommies!

    griffinWatkykjy nuus round-up. Week 7 – Mensvreters, piele en aeries.

    Gooi Comment