Up The Creek: Die fees van gees

In Watkykjy Reviews deur Chopper Charlie1 Eiertjies

Wat my altyd verstom van Up The Creek is dat ek eers so donners laat in my lewe daarvan gehoor het. As Gautenger hoor ‘n ou nie juis daarvan nie, behalwe as jy nou incredible stories soos hierdie outjie lees op Watkykjy (of laasjaar s’n natuurlik). En maybe is dit goed so, want dit voel vir my genuine soos een van die bes bewaarde juwele op die local festival circuit. Vir fokken seker.

Up The Creek is ‘n kleiner festival (sowat 2 500 mense) en ek verstaan die organiseerders hou vir hom by daai nommer. Wat fokken cool is, want jy is kamp uitpass afstand van als af, daar’s minder boneheads (behalwe ons natuurlik) en daar is genoeg plek om jou lilo lekker rond te splash in die Breederivier. Anders as Ramsgate in Desember of die swembad in jou behuisingskompleks byvoorbeeld.

Check, hierdie jaar het ek en die crew sommer al Donderdag ingeval, gewapen met als wat jy nodig het om hard te kamp. En te kuier. En te suier. En te float pappie. Want float moet jy float by Up The Creek. It’s a thing, okay? Just like, go with it man…

Maar genuine, net soveel soos die musiek feature die Breederivier heavy en ons het vir hom gespin soos min hierdie jaar. Vrydag en Saterdag is vol dae deurgebring in die koel, cool (en dieper as gewoonlik hierdie jaar) rivierwater. Goeie idee? Vat ‘n moerse boot saam om al die supplies (dink dop) en kak saam te float. Kak idee? Los die paddles by die huis en moenie tou saambring nie, nê Fredit. Maak reg vir baie swem dan… So leer mens mos maar.

Anyway, die rivier is soos ‘n groot opelug bar in die water waar almal met hulle gabbas hang, gespat raak, sonsteek kry, kakpraat, flossies uitsuss, oumens piep kry, aimlessly rondfloat, lilos verloor en ook sommer nuwe china’s te ontmoet wat in jou vasdryf of in jou boot klim of met jou raas as jy teen hulle bene pie of hulle sigaret pispot. (Of waatlemoene op hulle koppe dra, maar daai is nie ons dam se ganse daai nie. Altyd met die waatlemoene. Ai.)

Twee dae in die rivier rev jou vel lekker innie rooi, maar dis die moeite werd, china. Dis goeie tye. Lekker tye. (Ek sit actually right fucking now en afdop soos ek hier skrywe. Velle oral. Soos slang se kind.)

Daar is ‘n donners handige river stage op die oewer waar ons heeldag na lekker jams van bands soos Piet Botha en Akkedis kon luister het terwyl leë blikkies en stukkende sambrele rondklingel in *Das Boot wat al weer wil-wil wegdryf tot buite ons bereik. Pass die sunblock asseblief. Wie het die fokken boot al weer losgemaak? Ek moet al weer pie…

(*Das Boot is Skipper Fred se rubbergevaarte sonder spane. Metafories van ons lewens as jy my vra, maar nou ja.)

Op met die heuwel langs die rivier was twee baie gevaarlike plekke, ons kamp en die entertainment area…

In ‘n baie heldhaftige (dog poesdom) move het ons gemanage om meer shooters as bier by ons kamp (Checkpoint Charlie) te hê. Dus was daar pretty much around the clock iemand met ‘n louwarm bottel Jäger of El Jimador in sy of haar klou en so bomskok-holpyn kyk in hul oë. Maar lag is daar gelag pappie, laat ek vir jou sê. Fok weet waaroor, maar dit was als poessnaaks en fokken heerlik.

(Tot die actual Checkpoint Charlie supply tent dramaties ineengestort het, wat vir my metafories van ons lewens is. Maar nou ja.)

Net so katspoegie verder was die stages en dis nou net hier waar die fees se gees opgewek is deur van ons land se voorste muso’s. (Basically soos ‘n generator wat op tunes hardloop, jy ken?)

Die line-up by Up the Creek is altyd ‘n lekker mix van gevestigde local favourites soos Bed on Bricks, Springbok Nude Girls, Taxi Violence, Jeremy Loops, Dave Ferguson en Black Cat Bones en dan befokte nuwer talent soos Red Huxley en Feed the Wolf, laasgenoemde wie die festival Donderdagaand afgeskop het.

Nou Feed The Wolf mag maar, laat ek vir jou sê. Lewendige rock musiek wat nie op die gewone Suid-Afrikaanse patroon uitgesny is nie, onder andere te danke aan ‘n veelsydige sanger en verskillende style wat goed saamgemix word. Die Pretoria boys het sommer dadelik afgeskop met ‘n broeiende intensiteit wat ontplof het verder in hulle set. Soveel so dat ‘n aanvanklik-leë dansvloer binne net ‘n paar tunes stampvol geraak het. Netjies.

Met die verskeidenheid acts wat deur die loop van die naweek optree (sowat 30), kry Up the Creek dit befok reg om nie net verskillende gehore gelukkig te hou nie maar ook om ‘n ander flavour aan verskillende tye van die dag en areas te gee. Van folk tot blues tot rock tot indie tot afro-pop kry almal ‘n beurt by hierdie pretensielose en chilled-the-fuck out festival. Dis die fees van gees en dis fokken kwaai.

Altyd ‘n hoogtepunt vir my is die nou-al legendariese Black Cat Bones wat ons weer laat dans en spring en bier mors het op fokken alles en almal. Maar as die Bones sing, dan moet jy spring pappie. Dis nou maar net so. Stry gaan nie help nie. Ook ‘n lekker surprise appearance deur Jaco Mans wat in Tidal Waves was en saam met Die See jam deesdae.

Twee groepe wat ek regtig wou sien, maar per ongeluk gemis het was Mean Black Mamba (fokken love hulle album) en ook Red Huxley. Eers was ek erg omgekrap daaroor, maar weet jy wat? Daar is altyd volgende jaar se Up the Creek. Roll on Breederivier, sien jou ass in 2015.

Once.
Fotos deur Image Engineer

feed the wolf

feed the wolf2

feed the wolf 3

feed the wolf 4

feed the wolf 5

black cat bones 1

black cat bones 2

black cat bones 4

black cat bones 5

black cat bones 6

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieUp The Creek: Die fees van gees

    Comments

    Gooi Comment