Score tickets na die Cape Tattoo Expo (28 Feb – 2 Maart)

In Kompetisie deur griffinRek jou bek

PrintChopper gaan bietjie vir ons uitcheck wat die jaar by die Cape Tattoo Expo gebeur en moontlik homself so bietjie verder laat ink ook (jy kan die Vereeniging uit niemand uithaal nie)

Ons het ook twee double tickets om weg te gee (full weekend passes wat elk R250 werd is) en dit sluit access in tot die expo sowel as die live concert by Assembly die Saterdagaand. Let wel daat dit nie free tattoos insluit nie, jou blerrie marabs.

Om te wen is eenvoudig. Stuur vir ons ‘n foto van een van jou tats. Jy kan ook ‘n foto instuur van een van jou tjommies se zef tats wat horribly verkeerd uitgedraai het. Jou entry moet gemail word na ons en moet vergesel word van jou kontaknommer en ID nommer sodat ons jou op die special Watkykjy guest list kan sit. Nog ‘n manier om in te skryf? Gebruik twitter en Tweet jou tatoo met die hashtag #TweetForTat na @watkykjy en @CapeTattExpo

Kompetisie sluit Donderdag 27 Feb om 15:00.

Deure maak Vrydag 17h00 oop en 11:00 op Saterdag en Sondag.

Vir meer info:
Twitter: @CapeTattExpo
Facebook:  https://www.facebook.com/capetattooexpo
Website: www.capetattooconvention.co.za

PS: hier is ons tjommie, Catherine Grenfell besig om ‘n tjappie te kry by laasjaar se show. Haar tats is nca, maar haar boude is even mooier…tattoo expo catherone grenfell

griffinScore tickets na die Cape Tattoo Expo (28 Feb – 2 Maart)

Gooi Comment