Jy kan Vegas nie breek nie – Deel I

In Travel deur griffin9 Eiertjies

Jy kan Vegas nie breek nie. Jy kan fokken hard probeer, maar jy gaan dit nie regkry nie…

Jy kan wel bietjies-bietjies wen as jy lucky is. Met my laaste aand in die Four Seasons Hotel het ek gesit en werk tot die vroeë oggendure en op 'n stadium agterkom dat ek uit sigarette begin hardloop het. 'n Fokken duur Star Bucks koffie sou ook help met nog so drie ure se wakkerbly. Blink plan: vat $20 en gaan dobbel sodat jy met $40 vir jouself koffie, smokes en iets om te vreet kan koop. So gesê, so gedaan. Met 20 skille is ek af na die casino toe om my geld te gaan verdubbel. Ek het so paar masjiene onsuksesvol geklap tot oorle Michael Jackson vir my $40 uitgespoeg het met my laaste Dollar vir die aand. Fokken piele! Ek het dadelik 'n koffie gaan gryp, 'n verkakte McDondalds burger afgesluk wat 'n heimweë vir karton en 'n boemelaarsreuk in my aangewakker het en toe 'n lyn gesny na die skywe masjien toe. Die enigste brand wat ek herken het was Camel. Teen $9 'n pakkie beter dit die beste Camels wees wat ek ooit sou rook. Geldjie in, pakkie uit en met die grootste misnoeë het ek besef dat die Camels nie fokken filters gehad het nie. So fokken plain soos Crocs. Jissis. Met my berekende $3 wins vir die aand is ek terug hotelkamer toe om myself aan die slaap te gaan huil…
michael jackson
Min of meer teen dag drie in Vegas het die tyd aangebreek vir die World Food Championships waar spanne van regoor die aardbol kompeteer vir die beste in alles waarby kos betrokke is – die beste chili, die beste bacon, burgers, ribs, brisket, poeding – you fokken name it.

Ons span het vroegerig op aanvaarbare, dog onaangename hangovers begin voorberei vir die dag se kompetisie in Fremont, Vegas se ou gedeelte. Vleis is koning en ons het ingeskryf vir die barbeque gedeelte van die kompetisie. Die plek was nogal 'n byenes van aktiwiteite gewees en die kameraspan van 'n company wat zef reality TV shows maak het ons nog steeds soos 'n skaduwee orals rond gevolg.

Teen 18:00 was die kompetisie verby, die disse is by die judges ingehandig om beoordeel te word en al die manne kon finally gaan incheck by die Golden Nugget Hotel. Ook maar net  betyds om vinnig te gaan stort en reg te maak vir die aand se prysuitdeling wat in die Fremont Experience plaasgevind het. Thank fuck daai vibe was reg voor ons hotel gewees, want mens kan nogal dors raak en dan is ver loop nogal 'n bitch.
IMG_20131114_071636
Om 'n lang storie kort te maak: Ons het nie gewen nie. Check, dit was groot gees toe ons in Lynchburg met dik trille rondgeloop het na ons victory (die geesbeker), maar Vegas is 'n anderste tipe perd. OK, ons het soortvan gewen. As jy al die internasionale spanne vat, minus Amerika, het ons eerste plek gekry maar daar was nie officially so 'n prys gewees nie. Jy weet mos hoe faktap Amerika kan wees as dit kom by kompetisies? Vat nou maar hulle World Series Baseball. World Series? OK, so watse lande neem deel? Net fokken Amerika!
"Amazing, ons het die fokken World Series van baseball gewen!"
Nee, Amerika, nie so nie. Stupitte asshôl.

Nietemin was die celebrations huge gewees. Ek het dit even reggekry om brannas en Coke te koop. Dit was nogal 'n fokken mission om vir die barman te verduidelik wat brannas is, maar toe hy eers die konsep verstaan, het die brieke afgebliksem. En later die wiele ook, so een-vir-een.

Die celebrations het dalk ook iets te doen gehad met die gawe cherries wat ons vroeër die dag by die kompetisie ontmoet het. Die burger girls. Hulle het ook nie gewen in hulle kategorie nie, maar saam sou ons wen, het ons geskiem. Dis Vegas after all. Heavy gees. Hulle het ons skaamteloos saamgesleep na 'n stripclub toe, The Glitter Gulch. Hoera vir die burger girls! Hoera vir nuwe slaapplek in Antlanta as ons weer oorgaan (dink ek?)
glitter gulch las vegas
Hierdie plek is poesduur. Ek kan nie eers tune "pardon the pun" nie, want hier sien jy nie poes nie. Jy sien net tiete. En fokken baie daarvan. As ek reg onthou was dit mooi gewees ook. Wat ek wel kon onthou was dat daar meer as twintig swanky semi-sirkelvormige lounge tafels was. As jy by een van hierdie outjies inpull, maak seker jy sit nie aan die kant waar die "traffic" deurkom nie. Vriendelike goed-bebortste chicks brush teen jou op, poke jou ribbes per ongeluk met hulle nipples en bring drankies. Duur drankies. Met duur tips. Koop eerder by die bar, sou jy jouself ooit daar bevind. Jou kredietkaart kak maklik af met so R4k vir die aand, veral as jy soos 'n dom poes vir almal se entrance betaal en vir so paar gwap skroppe (lap dances vir die oningeligtes) gaan sit in 'n donkerige hoekie.

Daar is ook 'n sentrale bar stage in die vorm van 'n catwalk waar chicks dans asof hulle nie rugstringe het nie. Jy weet, soos palings met tiete? Fashion meets erotica meets boners tipe van vibe. Hier kan jy jou singles ($1 note) drop en so bietjie kokkenodge terwyl jy fles vat. Blykbaar heeltemal te veel, want die volgende dag moes 'n solid brekkie by Binions my uitsort om die dag weer in die oë te kyk. Ek het nie eers die fokken berg peper geproe nie. Vegas het die eerste hou ingekry. Die eerste een van fokken baie…
binions
Fun Facts: Glitter Gulch is downtown Las Vegas se enigste strip club en het onlangs hulle deure weer oopgemaak nadat dit vir ongeveer $3.5 miljoen ge-renovate is. Dis amper R40mil. Dis poesbaie zak vir tiete.

Deel met jou tjommies!

    griffinJy kan Vegas nie breek nie – Deel I

    Comments

    1. Petrus Ponkiediel

      Lat ek jou so biekie hier reghelp jou fokkken dom tril. Die Yanks noem dit nie die "World Series" omdat hulle kwansuisdie wêreld se baseball champs is nie maar net teen hulself speel nie. Dis omdat die "series" in 'n stadion plaasvind wat the World Stadium heet. Dis hoekom.

    2. JP

      Ek het weer gehoor of op TV gesien dat die World Series blykbaar die Company se naam is wat die main sponsor is/was.

    3. Prof. Bokdrol

      "Gehoor of op TV gesien." So watter een is dit? "Ek is allergies vir neute of andersins dalk vir single-ply kakpapier." Jirrejissisgods – is almal te fokken lui om die Wikipedia entry te lees? Geen wonder 30% is die norm vandag nie.

    4. JP

      Chill ou Bokdrol, vat eerder jou bly-maak pilletjie, of soek kak met jou rekenaar se keyboard erens anders.

    5. Prof. Bokdrol

      JP, standaarde asseblief. Selfs my BlackOutBerry kan "ê" maak – soos jou ma, toe sy aan jou geboorte geskenk het.

    6. JP

      Ja ek onthou ons was in dieselfde hospitaal, maar jy was deur jou ma se gat gebore, want haar p@es was te besig. Die standaarde ding is afgesaag, so vat jou goed en fokkof man. Jy het al van te vore met my try kak soek, oppas dat ek jou nie dalk aspris raakloop nie, ou bal.

    7. Prof. Bokdrol

      Thanks vir die offer JP, maar ek doen nie online dating nie.

    Gooi Comment