Donovan Borne – Greatest Hits, Vol. 2 (album review)

In Watkykjy Reviews deur Chopper Charlie1 Eiertjies

Donovan Borne album cover‘n Creepy melodie op ‘n ukulele, gevolg deur ‘n primitiewe dromslag op ‘n cajon drom (uitgespreek ‘kagon’) lui ‘Welcome Home’ in, die eerste tune op Donovan Borne se debuut solo album. Dis vreemd, onheilspellend en fantasties. As Borne se diep stem die eerste swart woorde uitrol soos donker wolke wat oor die Hoëveld aangerol kom, is dit sommer vinnig fokken duidelik dat hierdie album enige iets behalwe net nog ‘n album deur net nog ‘n hoopvolle kunstenaar is.

A Women in a White dress, on the side of the Road
Will be Married in a Dress Black as Coal
No matter how Rich, the Richest may be
They Still Cry Please Sir, may I have more in My Bowl

– Uit ‘Welcome Home’

Met 12 definitiewe donker tracks (maar nooit rerig te depressing nie) is ‘Greatest Hits, Vol. 2’ dalk die boeiendste en mees refreshing Suid-Afrikaanse album wat ek nog review het. Ek sê jou hoekom.

Donovan Borne is ‘n ervare en gesoute musikant. Ons praat hier van ‘n bra wat al voorheen in Jack Hammer kitaar geslaan het en deesdae in beide rock outfit Feed the Wold en blues band Bright Lights, Big City jol. Al die songs op sy solo album is deur hom geskryf en hy speel self die kitare, dromme en doen al die vocals. Ook ander vreemde instrumente soos die cajon, ukulele, banjo en fok weet wat nog. Die man ken van en dit klink so.

donovan borneSy stem is fokken briljant. Donovan erken dat hy geinspireer is deur ouer sangers soos Johnny Cash en Roy Orbison, maar ook effe nuwer groot stemme soos Tom Waits en Nick Cave. Mens hoor die link na hierdie tradisie van sangers, maar hy pas telkens sy stem slim en fokken expertly aan by die spesifieke gevoel van die song. Hoog, laag, weird, cowboy of crooner. No problem. Borne is nie bang om te eksperimenteer nie en het die ammo in die keel om dit op te back.

Verder het Borne skryftalent soos min. Behalwe vir die songs self, is die lyrics meer as net ‘n mention werd. Van die tunes is intriguing karaktersketse, van dit amper spottend-filosofiese besinnings, sommige ballades, party persoonlik en ander weer soos woordspeletjies of donker gedigte. In my gunsteling ‘Ooh La La’ complain ‘n prossie oor haar boyfriend wat haar gebruik om by nuwe chicks uit te kom, maar die ‘ooh la la’ in die chorus as sy seks bedoel bring ‘n tipe wrang humor in wat amper spot met die sadness. Great song.
Wat so exciting is om die album te luister is dat elke tune omtrent ‘n unieke aanslag het. Die album is beslis eksperimenteel (of alternative, as jy wil), maar fokken heavy luisterbaar. Bietjie soos ‘n thrilling journey of discovery soos wat elke tune reveal word, musikaal, stemgewys en lyrically.

I have no reason for the peace that I have found
No closer to a heaven or a hell
But this the treason, when I say, “fare thee well.”
I know this ocean, she won’t take me home.
Well I know this ocean, she won’t take me home.

– Uit ‘LM’

Borne erken dat hy lang ure saam met die legendary Lanie van der Walt (Wolmer Studios, ook voorheen in Not My Dog) ingesit het om die eksperimentele aard van die album reg te kry. En mens kan dit hoor aan die verwerkings. Alhoewel redelik minimalisties in terme van instrumente (en musicians) is elke tune afgerond tot ‘n amper-unieke produksie. Heelwat Suid-Afrikaanse bands kan leer hiervan, dis virfokkenseker.

Uiteindelik sou die recording aan-en-af 2 jaar vat; ‘n volle 5 jaar as mens Borne se skryf- en dinktyd bytel. Hier en daar is uitgehelp deur iemand anders, maar 90% is all one man. (Van der Walt het bass gespeel waar nodig, Jaco Mans (Die See) het ‘n enkele lead guitar track bygedra en Wynand Davel het viool getokkel op ‘n tune.)
Voorwaar ‘n labour of love. Veral vir ‘n album wat tien-teen-een nie live gejol gaan word en moontlik nie veel aftrek by ‘n konserwatiewe Suid-Afrikaanse publiek gaan kry nie. Ek fokken hoop ek is verkeerd, want dit sal ‘n massive waste wees.

Donovan Borne se alternative / experimental / electric folk album is (volgens my) die ene om te beat. Dis ‘n vreemde maar wonderlike roadtrip deur donker landskappe met brooding karakters as companions en sweet and sad sounds op die ou valve state draadloos van die vaal ’55 Chevy soos jy jaag om onder die donderstorm uit te kom.

Kry dit sommer nou dadelik op iTunes

If I knew what you know, then who would I be
And who’d be me?
If water was blood, if tea was whiskey
If land was sea?

Would have, should have, could I have been
More than now?

– Uit ‘Book of the World’ –


Volg Donovan op Twitter:  https://twitter.com/DCBBorne (@DCBBorne)

Donovan Borne album cover

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieDonovan Borne – Greatest Hits, Vol. 2 (album review)

    Comments

    1. Slak

      Kwaai – klink baie soos Ashton Nyte
      Luister biki Ashton se Afrrikaanse album wat nou einde vd maand drop

    Gooi Comment