fietsry boner

Watkykjy nuus round-up. Week 3. Fietsry boners en finansies.

In Wat is nuus? deur griffin4 Eiertjies

Fietsry boner
fietsry boner'n Twee-en-twintigjarige fietsryer van Ierland het onlangs uitgevind waar sy perineum sit, want hy het dit faktap gestamp teen sy bergfiets se crossbar. In case jy wonder waar jou perineum sit, druk gou jou hand voor by jou broek in en voel rond in daai gedeelte daar tussen jou balsak en jou hol. By chicks staan dit normaalweg bekend as die 'goos' – die gedeelte tussen die gat en die doos.

Asof dit nie seer genoeg is nie, het hierdie moerse harde stamp 'n ongemaklike ereksie vir die ou veroorsaak. En met ongemaklik bedoel ons sewe weke lank. Die bra het vyf weke uitgehou met sy houtie voor hy eventually die moed bymekaargeskraap het om oom dokter te gaan spreek. Ons neem aan dat dit 'n reguit gesprek was en op die man af. 'n Mediese span het uiteindelik na twee weke reggekry om die overexcited mountain biker tot halfmas te bring deur bloed toevoer na die ou se soldaat te blok. Probably die kakste Irish luck op aarde.

Ons neem aan dat die bra van nou af net pienk meisiefietse sonder crossbars vir 'n spin sal vat. – The Irish Independent

Spaar daai outjies vir later
Kyk mooi na hierdie seun. Sy naam is Christopher Scheller. Hy hou een van daai bordjies vas wat booswigte kry om vas te hou nadat hulle ge-arresteer is vir kak aanjaag. Daai bordjie beteken hy kry 'n kriminele rekord. Kan jy raai waarvoor?
hol smokkelaar
Kom ons kyk of jy reg geraai het. Die tiener het dronk bestuur, toe crash hy sy kar teen 'n boom. Hy is hospitaal toe geneem en daar is x-rays geneem, jy weet, om te check wat hy alles gebreek het. Toe ontdek die dokters 'n abnormaliteit in sy poefkanaal. Aah, hy't goeters in sy hol opgedruk. Dit het ingesluit: vier necklaces, vier bracelets, 'n socket wrench en elf ringe. O ja, amper vergeet ons van die sakkie sintetiese zol. Die dom doos! Wie steel sintetiese zol?

Hy is dus aangekla van dronkbestuur en al die kak wat hy uit 'n huis uit gesteel het. Poef plan, my ou, poef plan… – Huffington Post

Threesome met Rand draai lelik
Die Suid-Afrikaanse Rand het 'n sleutelpartyjie by sy huis in Centurion gehou wat lelik uitgedraai uit. 'n Hele paar currencies het die uitnodiging van die hand gewys terwyl die Nigeriese Naira en die Zim Dollar nie vlugte na die partytjie toe kon bekostig nie. Blykbaar ook nie goed genoeg vriende met Suid-Afrikaanse president, Atul Gupta, om clearance vir landing by Waterkloof Lugmagbasis te kry nie.

Die Britse Pond, Amerikaanse Dollar en die Euro het wel opgedaag, die Rand dronkgemaak (die misbruik van Rohypnol word ook tans ondersoek) en om die beurt in die boude genaai en toe in 'n gat af gegooi met 'n graaf agterna. Teen £17.84, €14.86 en $10.92 is die Rand tans besig om homself uit die gat uit te probeer grawe.

Lede van die publiek in die area word vriendelik versoek om asseblief net 'n tou of 'n fokken leer of iets in die gat af te gooi voor Petrolprys opdaag en op die Rand pis van buite die gat af. – Finansiële nuus regoor Suid-Afrika.
fokoli

Deel met jou tjommies!

    griffinWatkykjy nuus round-up. Week 3. Fietsry boners en finansies.

    Comments

    1. Prof. Bokdrol

      Daai bra met al die stuff in sy hol se wiskunde is lekker gefok. In plaas van 'n 3-Dollar socket spanner kon hy baaaie fokken duurder en kleiner goed in dieselfde spasie ingepas het. Wat mens laat dink die socket spanner was dalk minder vir finansiële gewin as vir persoonlike plesier. As ek Wal-Mart was het ek in elk geval posters van hom opgesit by elke winkel en die security guards gesê om hom te sê hy mag nie 'n fok naby enige van die rakke met spanners en socket sets of ander groot tools gaan nie.

    2. EKKE

      Ek het hom ook so Evert, 'n goeie tjommie hou jou mos uit die kak uit.

    Gooi Comment