Lamb of God het Joburg fokken hard geklap!

In Watkykjy Interviews deur Chris ThundervoltRek jou bek

Hierdie afgelope naweek het Lamb of God bietjie kom toer in Suid Afrika. Alliepad uit Richmond, Virginia uit, so ek skiem hulle sal kan konnek met die zeffers hier, want ons almal is mos ’n klomp Rednecks. Maak nie saak watse kleur, geslag of geloof nie.

Kaapstad was die eerste om hulle te check, en hulle was so goed dat mense liggies in hulle broeke gekak het soos dit vir my klink. Dit was lekker om te sien dat die band represent en die metal vlag lekker hoog waai. Die SA gigs is nou die laaste 2 gigs van hulle Resolution toer wat begin het in Januarie 2012. Hulle was hier saam met ’n stand-in guitarist vir Mark Morton, Paul Waggoner van Between the Buried and Me (Mark het ’n family emergency gehad). Hierna het hulle ’n kort break, en dan launch hulle ’n nuwe DVD, As The Palaces Burn. Hiérdie dokumenteer hulle laaste 2 jaar, asook elemente van Randy se tronk tydperk.

Nou eers was dit Johannesburg se beurt by Nasrec… Tyd laat ons bietjie geslat word met die heavy metal klou.

Ek, Henry en Griffin skiet deur vir ’n interview so om lunchtime. Manne is broos. Almal het ‘hard gewerk’ die vorige aand, so ons moes eers bietjie water drink en in die skaduwee sit. Ons daag op by Hyde Park Hotel en kry maar ’n paar biere en Bloody Maries. Hier ontmoet ons vir John Campbell, basskitaar speler vir Lamb of God. Hy’s ’n lekker bra, heel rustig. Ons praat maar oor planne, toer, die kerk en black label:
Soos julle check, ken hy so bietjie Afrikaans soos ‘Lekker, Poesklap, Dagga’ en ’n paar ander goed wat jy op Die Antwoord sal hoor. Dis nogal jammer dat hulle in so nice hotel gebly het. Die bosveld sou hulle meer ’n Afrika-vibe gee. Apparently gaan die sanger, Randy Blythe, op sulke missions waar hy in ’n bos gaan bly vir ’n paar dae met ’n mes en survival skills leer. Klink maar vir my soos ’n paar lekker ouens. (Kyk die video, jou naai)
00_Interview_DSC_7742_1
Ons klap maar nog ’n bier en skiet deur na Nasrec toe. Hier hoor ons die soundcheck en dit klink lekker fokken hard. Die bar het eers 6 uur oopgemaak, so ons moes maar skelm in die kar drink terwyl Griff sy wingerdgriep probeer afslaap. Skielik, toe ek weer check, hardloop al die metal kraaie daar in. Swart laag op swart laag op swart laag. Dis great om te check dat die ondersteuning so lekker is vir die ondergrondse mark. Die plek pak uit, en dadelik is dit donkerder as ’n black metal orgie in die middel van ’n Skandanawiese winter.

Ons het almal die ou boodskap van die kerk gelees, nê? Al die voorspelde moorde, satanistiese rituele, seks-orgies… Dit klink mos nou soos ’n lekker party? Waar’s my black label? Kom ons gaan rook crack en aanbid die duiwel! Fokkit man, daardie dae is mos verby? Kom bietjie fokken by, dis 2014, ons aanbid nou al spaghetti monsters!

Die enigste orgies wat daar was, was die toue by die bar. Mense het gesukkel om drank te kry en het bietjie knorrig geraak. Jy wil ook nou nie vir ’n metalhead te veel bier gee nie, wil jy? Jy wil. Metal is nie net bekend vir hulle great songs en heavy support nie, maar ook vir hoeveel die fans (en bands) kan drink in ’n aand. Skiem dis maar weer tyd om skelm te gaan premix maak.

Die opening bands was Mind Assault en The Drift. Albei bands was baie lekker. Mind Assault het lekker medleys geklap en seker gemaak elke bra se nek word mooi opgewarm. Ou skool zef metal, lekker man. The Drift het ook shap gemaak. Die ouens het baie kak gekry, maar hulle het lekker bekke still gemaak by die shows. Die metal in ons land kom by, ons raak beter en beter. Dit maak mos jou hart warm.
Mind assault

Mind assualt 2

the drift 1

the drift 2
So om 8 uur was daar ’n meet-n-greet backstage. ’n Paar lucky fans het opgeline en die band het bietjie uitgeslat om te sign, pose vir fotos, en te chat met die mense. Ons het lekker gemingle en Randy, John, Paul, Willie- en Chris Adler is heel rustig, maar jy kan check die manne wil nou ontplof met metal en vir hierdie mense bietjie beats maak.

Die plek is vol, die crowd chant hard soos ’n hippie nooit kan nie “Lamb of God, Lamb of GOD, LAMB OF GOD!!!”

Hulle gooi ’n intro tune wat lekker geraas maak, ligte blits, bomme drop. Maak reg, hou vas, hierdie gaan kliphard wees. Die band skop af met Chris op die potte wat Desolation begin. Die mense se oë rek, ewe skielik het shit real geword. Die guitare en bass kom in soos ’n donderslag en die dansbaan is oop. Randy hardloop uit en begin skreeu, die mense fokken lose hulle shit. Circle-pits, moshpits, wall of death, windmills, headbangers, sweet, bloed, you name it! Ons het lekker plek oopgeskrop waar jy als kan sien en hoor, help nie ek gaan met my kruppel arm in die pit in nie, hierdie robo-arm sal mense uitvat. By ons is baie Wolmers en klomp van ons local muso’s.
03_Lamb Of God_DSC_5751_1
Ons check toe ’n marabs in sy kerk klere, lyk of hy van ’n 50’s wedding afkom. Lord Wolmer van Boargazm. Gly daar oor die vloere soos ’n 80’s disko koning. Nou raak ons darem gemaklik by onse mense. Lamb of God shred toe deur die setlist. Mense sing volle bors. Klank het so bietjie beter geraak, want die eerste song was die vocals en Paul se guitar bietjie sag. Alles was net so fokken hard, ek bewe nog steeds.

Hulle jol al die lekker tunes soos Ghost Walking, Walk With Me In Hell, Hourglass, Set to Fail… Toe is daar bietjie kak. Op ’n stadium het die ligte heeltemal getrip, jol hulle metal in die donker, maar dit was darem vinnig gesort. Die fans het so mal geraak dat hulle die voorste safety barrier gebreek het. “Wooooaaaahhh! Ek sê mos vir jou fokken woah!” Die band vat toe ’n break terwyl hulle die barrier fix en hier was baie genot. Hulle tos toe lekker rond, zef solos, drum solos, ens. Randy praat lekker met die crowd en maak lekker grappies. Hy vra om mense op te help wat val, en om na mekaar te kyk. Metal comradery. Die voorste rye het vir hom ’n vlakvark skedel gegooi wat hy Jeff genoem het, en dit was sy nuwe tjommie. “Jeff, do you smoke dagga?” Lekker gees, hulle is hier om te jol en te party.
03_Lamb Of God_DSC_9418_1
Na als gefix is kom Lamb of God terug met die treffer ‘Now You’ve Got Something To Die For’ en mense is dadelik terug vir rondte 2. Almal het weer drank, ons is reg vir battle. The Undertow, Omerta, Ruin, In Your Words, Vigil, Laid To Rest, Redneck en Black Label. Dit was hulle set. Kliphard en lekker tunes. Ek lekker gelag toe Griff wys na Campbell tune ‘Hey, Piet Botha jol nogal lekker metal’. Lamb of God is een van daardie bands. Hulle kook. Speel hom soos die plaat. Tight, heavy, groovy, dit maak jou sommer voel of jy ’n leerbaadjie groei met metal studs uit jou gewrigte. Jy hoef nie een song eers te ken nie. Die band blaas jou weg. Hulle speel ongelooflik goed; het ‘n moerse presence; skryf verskriklik goeie songs; het ook jare se ondervinding en die myle agter hulle om te klasifiseer as een van die heavyweights van heavy metal.
03_Lamb Of God_DSC_5593_1
Dit was mos nou lekker. Almal is tevrede. Hulle metal fix gekry tot die volgende keer. Dis great om te sien dat die metal kraaie so mooi saam vlieg. Saam maak ons ’n groot swart metalwolk wat weerlig slaan en mense heavy uitfreak. Alhoewel ons eintlik maar net ’n klomp kleurblinde rebel-geeks is met ’n crave vir vinnige, intense musiek. Lamb of God was die beste heavy metal band wat SA al gesien het. Ek was by Iron Maiden, Sepultura, Soulfly, Carcass, In Flames, Rammstein, Fleshgod Apocalypse, en nog ’n paar. Lamb of God is net unbelievable. Niks fireworks, glitter, opblaas props of iets nie. Net hulle, die music en die fans…

Soos dit moet wees.

Deel met jou tjommies!

    Chris ThundervoltLamb of God het Joburg fokken hard geklap!

    Gooi Comment