ontgroening

Koshuisbrak se hel – ontgroening

In Snotstories deur Watkykertjie bydrae95 Eiertjies

Voor ek my storie begin vertel, net so bietjie context wat ek mooi formeel gaan probeer skryf. Ek is gevra om my koshuisstories te vertel, veral oor die ontgroening waaroor meeste manne nooit uitpraat nie. Ek bly nou al 12 jaar in Kanada en dit bring so bietjie perspektief beide met die ouderdom en die afstand van SA en al sy dinge en is ook my verskoning vir al die Engels wat ek gaan meng.

Ek was eerstejaar baie lank gelede, en ek gee glad nie nou om om presies te vertel wat ons alles aangevang het en aan ons laat doen het nie, maar mense moet net seker maak hulle verstaan die agtergrond. Ons groep eerstejaars was van die eerstes waarvan party ouens nie army of grens toe was nie, met die gevolg dat ons baie jonger was as die jongste seniors, en hulle het ons resent vir daai helse ondervinding (soos hulle dit beskryf het) wat hulle moes deurmaak en wat ons op uitgemis het. Daar was baie macho kak en terme soos “van jou ‘n man maak” en “jou plek leer” was vrylik rondgegooi deur ons ouers, ouer broers, onderwysers en uiteindelik die seniors en HK. En as jy jonk en dom en dronk is en jy hoor dit genoeg dan begin jy so effe kak voel omdat jy nou nie ook soos die harde manne army toe is nie, en dan is jy maar bereid om baie hard te probeer maak of jy ook so tough is. Die gevolg is dat ons behoorlik afgekak het, maar ook dat ons toegelaat het dat hulle dit doen. Die ou Afrikaner Calvinistiese “Ja Meneer, nee Meneer, dankie Meneer” kultuur was nog sterk in ons groep. En dan was daar trots, o fokken trots. Te trots om by die koshuisvader te gaan kla, want dan lyk jy soos ‘n sissie. Te trots (of te bang) om voor al die ander eerstejaars te sê nee sorry dis nou te veel, want dan lyk jy soos ‘n sissie EN jy weet die seniors sal almal straf vir jou hardegatgeit. Jy kan nie jou ma of jou pa bel nie want dit was voor selfone en die eerste week het jy nie eens geld vir ‘n tiekieboks nie. En teen die einde van die eerste week is die ergste verby, klasse begin en jy is maar te dankbaar dat jy bietjie kan slaap.

Dis fucked up gewees maar is nou als verby en ek kan 100% getuig dat dit nog steeds die beste tye van my lewe was en as ek dit weer kon doen sou ek. OK, miskien 98%, maar ek dink ons groep was uniek omdat ons dit  erger gehad het as die jare voor ons.

Ek gaan nie noem waar hierdie gebeur het nie. Dit was amper 30 jaar terug en het net mooi niks te doen met die mense wat vandag daar is nie. Wat ek vertel is bloot my memories van hoe ek as eerstejaar ontgroen is en ook hoe ek self later jare ontgroen het.

Eerste 24 uur
Op papier het hulle dit net die Ontvangs program genoem, met ‘n nota onderaan wat vra jy moet ‘n rugbybroek, ‘n wit t-shirt en plakkies saambring, sodat almal mooi dieselfde lyk as ons oor kampus rondloop. Sondag kom jy met jou ouers koshuis toe, en ‘n vriendelike HK-lid wys jou waar’s jou kamer, jy ontmoet jou kamermaat en almal eet ietsie in die eetsaal. Lekker rustig. Jou klere word mooi in jou kas gepak, jou ma lyk te bly omdat die lakens wat sy spesiaal gekoop het mooi pas op die matras, jou pa waarsku jou oor te veel suip en sy geld mors. Jy begin verlig voel oor die HK so vriendelik is en dat al jou geworry oor ontgroening en almal se stories maar net bangmaak was. Maar so teen 5uur dan ry die laaste mamma en pappa, en dan begin jou kak.

Eerstens word almal vertel net die HK is daar om jou te ontvang, maar die waarheid is seker 80% van die seniors begin daai Sondag opdaag spesifiek om jou lewe hel te maak. Teen 6 uur is jy in jou rugbybroek-t-shirt-plakkies uniform, jou hare nr 1 kammetjie afgeskeer, jy’s vol bloukolle gestamp en jy’t al meer pushups en situps en starjumps gedoen as in jou hele lewe. Jy verstaan ook teen daai tyd mooi dat as een eerstejaar ‘n senior verkeerd opvryf, word ALMAL gestraf, so jy doen net alles en hoop en bid dis nie jy wat volgende moet staan en tel terwyl jou nuwe broers 50 pushups doen nie.

Dis ook in hierdie tyd wat jy jou posisies leer. Daar’s drie vir staan, drie vir sit. Staan een is met jou hande agter jou rug. Staan twee is met jou hande op jou kop. Staan drie is met jou arms reguit voor jou uitgesteek. Sit een, twee en drie is dieselfde maar jy moet op jou hurke sit. Dis nogal moeilik om op jou hurke te sit met jou hande agter jou rug, maar ek skat dit was die hele punt. As ‘n senior skree “SIT TWEE” dan moet almal onmiddellik op hulle hurke gaan sit met hande op die kop. Die pret is natuurlik om oor en oor verskillende posisies te skree en jarre te straf wat deurmekaar raak of te stadig is.

Teen 8 uur het jy al jou bed drie keer by die trappe op en afgedra en uiteindelik in die stoor agter die koshuis gebêre en besef jy slaap for the time being op ‘n dun sponsmatrassie in die sitkamer. Jy’t al jou klere uit jou kas weer terug in jou tas gepak terwyl ‘n senior vir jou skree “PAK WANT MORE HARDLOOP JY TERUG NA MAMMA TOE!” Die woorde wat jy meeste hoor is “KYK FOKKEN AF” of “IS JY FOKKEN HARDEGAT!?” en al wat jy sê is “Ja meneer, nee Meneer”. Die wat probeer stry of terugpraat kry ‘n klap waarvoor jy moet sê “Dankie Meneer”. Jy praat nie tensy daar vir jou ‘n vraag gevra word nie. Ek onthou twee ouens vars uit die army het besluit hulle duld dit nie en het teruggeslaan toe hulle klappe kry. Hulle is weggeseleep deur ‘n groep seniors en in een van die empty kamers toegesluit, ons sal later weer by hulle kom.  Dis net chaos van eerstejaars wat oral rondhardloop met seniors agterna wat skree en alles wat jy doen is verkeerd of te stadig of te vinnig of jy lyk of jy dit nie geniet nie ensovoorts ensovoorts. Dit hou aan tot so 9 uur.

Tussen deur al dit daag die res van die seniors op, en die bier en brannas vloei vrylik. Vure word in die vierkant gemaak vir braai. Ons doen pushups en starjumps en word verskree en jy moet elke senior se naam leer. Niks om te eet nie, maar jy kry minstens water uit die buitekrane by elke braaier. Jy’s moeg en seer en natgesweet en honger teen die tyd wat al die seniors daar is, seker so 50 van hulle teen ons 20 eerstejaars. Eerste ou wat vra om badkamer toe te gaan word verskree en gevra of hy wil pis of kak. Dan leer jy dat eerstejaars soos honde buite pis, die pismuur is die vierkant se verste muur waar al die pype van die koshuis se badkamers uitkom. Jy moet daar gaan staan met jou een been teen die muur soos ‘n hond en in een van die drains pis daar waar almal jou kan sien. Die arme eerste ou wat dit moet gaan doen het ek altyd jammer gekry want in my eerstejaar was dit ek gewees en ek weet hoe moerse embarrassing dit is. Almal kyk vir jou en die seniors skree jy moet soos ‘n hond blaf en jou been hoog oplig teen die muur. Om eerlik te wees was my nood teen daai tyd so groot ek sou dit enigeplek gedoen het, maar as die laaste druppel val die en pressure is weg dan besef jy jy staan daar voor 70 manne op jou een been wat so bewe van al die PT met jou tril uit en 50 van hulle lag vir jou, en jy moet mooi dink hoeveel keer jy gaan skud. Nie lekker nie. Maar vir die res van die week is dit waar jy gaan pis, selfs in die nag moet jy daar gaan staan en behoede jou as ‘n senior jou hoor pis in die badkamers of jou sien regop staan by die muur, dan kry almal PT of selfs ‘n opfoksessie, maar dit kom eers later. Teen die einde van dag twee is enige skaamgeit anyway vir ewig uit jou stelsel uit en selfs al sou jy wou skaam voel is jy te moeg vir die effort.

Braaivleis begin, en jy moet bier aandra en braai. Geen sigatette nie want almal weet jy moet eers jou rooklisensie kry, wat eers volgende naweek is. Ek het gelukkig nie gerook nie so ek moes dit nie doen nie maar ek het gelê en luister hoe suffer die rokers vir daai vooreeg daai volgende Sondag aand na die res van ons kon gaan slaap.

Maar terug na die eerste aand. Seker so teen 10 uur word vir ons geskree “STAAN TWEE! TEEN DIE MUUR!”. Dan trek hulle 20 3de en 4dejaars se name uit ‘n sak, en elkeen van daai ouens word ‘n “koshuispa” wat vir hom ‘n eerstejaar moet kies as ‘n “seun”. As ‘n ou se naam gelees word cheer almal, dan kom hy vorentoe en maak ‘n moerse show om vir hom ‘n “seun” te soek wat nie te dom, lelik, maer, vet, slapgat of watookal is nie elke insult wat jy aan kan dink. As jy gekies word  dan sê hy sy naam vir jou dan kan jy op jou hurke sit. So gaan dit aan en jy kom gou agter die ouens wat bietjie te vet of te maer is bly staan tot die einde want niemand soek hulle nie. Ek was nie eerste nie maar gelukkig ook ver van laaste. Die rede vir dit is die kompetisies, maar dit weet jy nie op daai stadium en ons sal later by die kompetisies kom, want dit was eintlik wat jou lewe vir 6 maande hel gemaak het.

Dan as almal ‘n pa het relax alles skielik ek onthou ek het gedink dit was nou erg maar dis verby. Jy kry ‘n tjop en dop, en die seniors los jou bietjie uit. Nog ‘n dop. En nog een. En nog een of twee, ek kan nie meer onthou nie. Dan skree iemand weer “STAAN TWEE!” En dan is dit onderbroek seremonie. Teen daai tyd is jy so moeg, seer, vol bloukolle en dronk jy kan nie meer regop staan nie. Prim maak ‘n speech en vertel mooi vir ons hoe slapgat en sleg ons is, maar ons het nou koshuispa’s wat ons gaan help om manne te word waarop die koshuis kan trots wees. En omdat ons nog so sleg en slapat is mag ons nie koshuisbaadjies dra nie, maar uit die goedheid van hulle harte het hulle darem vir ons elkeen ‘n onderbroek laat maak in die amptelike kleure van die koshuis, en ons gaan dit nou as persent kry. Tot en met ontheffing in Julie mag jy net daai een onderbroek dra, jy moet hom mooi oppas en hom elke aand was. Dan gaan haal jy vir jou ‘n onderbroek uit ‘n boks, mooi toegedraai in bruinpapier en sellotape. En dan begin die sports. “TREK HOM AAN!” Dit was ‘n ou koshuistradisie en ek het die onderbroek seremonie 4 keer gesien, en daai arme jarre is altyd stomgeslaan. “Wat, hierso voor almal?”  “KYK FOKKEN AF JA FOKKEN HIER TREK HOM AAN TREK UIT JOU HEMP OOK!!” Dan maak jy daai bruinpapierpakkie oop en daar is net mooi boggeroll bine-in, geen onderbroek nie. Jy kyk so verslae op en probeer sê maar hier’s niks dan skree jou pa “IS JY FOKKEN BLIND DIS DIE MOOISTE ONDERBROEK OOIT DINK JY JY’s TE GOED OM DIE KOSHUISKLEURE TE DRA!!?” Partykeer besef hulle vinnig en partykeer vat dit ‘n paar minute maar eventually dawn dit op die jarre wat aangaan – ‘n koshuisonderbroek is eintlik geen onderbroek. Dan volg 20 minute van pret waar jy kaalgat uittrek en moet pretend om daai onderbroek aan te trek. As hy aan is skree jou pa “JOU DOM BLIKSEM HY’s ONDERSTEBO, PROBEER WEER!”, dan moet jy “uittrek” en weer probeer. Dan’s hy agterstevoor. Dan’s hy kastig te groot vir jou klein balsak, en jy moet ruil met ‘n ander eerstejaar. Dan’t hy ‘n gat in en jy moet ‘n nuwe een gaan soek in die boks. Dan skielik skree ‘n senior vir jou “HOEKOM IS JY FOKKEN KAALGAT WAAR’s JOU ONDERBROEK!?” dan moet jy hom oral loop soek. Eventually is dit weer “STAAN TWEE!”, en dan staan julle almal daar in julle birthday suits. Tyd vir die eerste streak van die jaar – al rondom twee dameskoshuise wat se name ek nie sal noem nie.

So teen 2uur of 3uur kom jy terug by die koshuis, dan sien jy jou klere is weg en jy kry net ‘n kombers, en almal slaap op die grond in die sitkamer. Deur die nag hoor jy manne huil, en jy hoor hoe word die twee army ouens wat in die kamer toegesluit is gemoer tot hulle sê “Ja Meneer, dankie Meneer”. Daai aand gedink dis die ergste ooit, gedink ek wil net weghardloop. Maar dan dink jy aan hoe teleurgesteld jou pa sal wees en jy sal soos ‘n sissie voel, dan byt jy maar vas. Volgende dag is die twee army ouens weg, en jy word vertel hoe hulle terug is na hulle mammas toe soos moffies, wat net meer maak dat jy vasbeslote is om nie te quit nie. Of course vind jy later uit die twee army ouens was alles net ‘n show, dis twee van die seniors se vriende wat geplant is om te maak of hulle eerstejaars is wat hardegat is, en as senior is dit ‘n moerse show om daai aand geluide te maak uit die kamer wat klink of hulle gemoer word sonder om te lag.

Sesuur word jy opgejaag, nog steeds kaalgat en reguit storte toe. Drie reels vir eerstejaars om te stort: Een: Almal moet klaar aangetrek wees in 10 minute, of daar is ekstra PT. Twee: Jy mag net koue water gebruik. Drie: Eerstejaars stort onderstebo. En as jy nie weet wat dit beteken nie, kyk die foto. Vir ses maande van my lewe het ek elke oggend so gestort, met koue water.
Uiteindelik as jy daar klaar is kan jy jou rugbybroek, hemp en plakkies gaan soek op die hoop waar die seniors dit gedump het die vorige nag, minus jou eie onderbroek wat teen daai tyd in die asblik is. Natuurlik word jy dan eers uitgekak omdat jy nie jou precious koshuisonderbroek gewas het nie, so dan moet jy weer uitrek, en gaan maak of jy hom in ‘n  wasbak was. Trek weer aan, dan word daar op jou geskree hoe kan jy so dom wees om ‘n nat onderbroek aan te trek, so dan moet jy hom eers droog kry, wat behels om so vininig as jy kan vir 20 minute heen en weer in die gang te hardloop terwyl jy jou koshuisonnie in die lug swaai bo jou kop.

Uiteindelik kan jy aantrek, eetsaal toe gaan en ontbyt kry, en dan begin die amptelike Ontvangs program om kampus. Wat ‘n saligheid, want dan is dit net die HK saam met jou en jy kry ‘n toer van die kampus, die bib, admin, al die geboue, leer van klasroosters ensovoorts. Omtrent die ergste ding wat jy mee moet deal is om mooi te sit dat jou balsak nie by jou broek uithang nie. Middagete weer by die koshuis, dan is die seniors op en oor hulle babelas, dan begin die rumours oor wat daai aand gaan gebeur. Res van die dag is registrasie en sport-spanne en finansies, en so teen 5uur is jy terug vir aandete. En dit was jou eerste 24 uur, wat jy daai aand besef eintlik die maklikste was, want dan begin die kompetisies. Meer oor dit volgende week…

Koshuisbrak
ontgroening

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeKoshuisbrak se hel – ontgroening

    Comments

    1. Prof. Bokdrol

      Vandag se laaities is sekerlik Goddank bly die era toe psigopatiese konte onder die vaandel van “pret” hulle abusive sadistiese kant kon uitleef ten koste van grootoog eerstejaars is verby…

    2. Blikkies

      Gryp ‘n toon Boet, en byt vas want dit gaan ‘n laaaang aand wees…

    3. Jannie

      Hahahaha! Koshuis was nie vir sissies nie. Lekker storie wat al die memories terugbring van die beste tyd van my lewe, al het ons ok hoe afgekak dit was goeie tye!!

    4. Juffrou

      Ek sal flippen NOOIT mans verstaan nie. Op varsity was my boyfriend se gangtradisie dat een van hulle skree “Hangbal!” dan pluk almal hulle balsakke uit en swaai hulle rond soos besetenes.

    5. Slingervel

      Lekker storie bring baie memories terug meestal van hoeveel ons gebliksem is! Bakoond al met die gang af van die badkamer se deur tot by die trappe, en elke senior het ‘n koekie seep voor in sy tekkie.

    6. Bulletjie

      Lekker man maar dis goed om stories uit die goeie ou dae te lees! Die meeste van dit is weg vandag behalwe koshuis onderbroeke dit doen ons nog steeds maar net aan die einde van die jaar by die koshuis kamp. Wanneer publish julle deel 2?

    7. Wikus

      Ek lees dit en weet nie watter memory is sterker nie die reuk van deepheat of die klank wat ‘n krieketbat maak as dit ‘n kaal paar boude tref in die badkamers aan die einde van die gang, altwee goed wat daagliks gebeur het. Ek was seker maar ‘n sissie maar ek het net 5 weke uitgehou. Dalk snaaks vir party manne maar vir my was dit net stupid stront om eerstejaars te boelie.

    8. pro ontgroening

      ag siestog arme wikus ek het nuus vir jou maar dis hoekom daar ontgroening is om die manne van die muise te skei. as jy jar is kak jy af dit was die wet van transvaal maar na ontheffing is dit verby en jy sou kon trots wees dat jy dit kon handle nou kan jy net op die internet kla oor hoe kak dit was maar jyt op baie uitgemis.

    9. Stefan

      Rof… Ons was nooit geslaan nie maar moes vir blerrie ure lank simpel kak doen soos om vloere te was met tandeborsels of coins met ons neuse op die vloer rond te stoot. Rumours het altyd geloop oor hoe rof dit in die ou dae was.

    10. Ouman

      Wikus dit wat jy noem is ook wat my vir ewig van koshuise afgesit het. Die alewige geboelie onder die verskoning van ontgroening. Ek was aanvanklik nie so erg gepla nie en het met dit alles saamgespeel, maar hierso teen my vierde jaar het ek begin sien hoe van die seniors lelike dinge doen bloot omdat hulle weet hulle kan met dit wegkom. Jy noem pakslae met ‘n krieketkolf en dis presies die ding wat my finaal oortuig het dis ‘n euwel. As senior het ons almal ‘n eerstejaar “seun” gekry om na om te sien maar meeste ouens het dit as verskoning gebruik om iemand soos ‘n hond te behandel en baie ouens het ook gereeld pakslae uitgedeel. Party van ons het teen daai tyd al van beter geweet en ek het byvoorbeeld nooit my “seun” geslaan of op gevloek en geskree soos ander ouens nie. Toe een naweek gaan ek huis toe en toe ek terugkom is my seun weg uit die koshuis uit. Wat gebeur het is ‘n spul van die ander seniors het dronk geword die Saterdag en besluit dis tyd vir my “seun” om “in te haal” met al die straf wat hy nooit gekry het by my nie. Niemand wou later regtig uitpraat daaroor nie maar hulle het vir hom met ‘n krieketkolf geslaan dat hy gebloei het. Hy het net eenvoudig daai aand sy tasse gepak en is terug huis toe en sover ek weet nooit klaar studeer nie. ‘n Hele lewe anders omdat ‘n paar dronk seniors gedink het hulle het die reg om iemand te boelie. Hoe kan mens dit goedpraat?

    11. Hollander

      @Ouman jy weet natuurlik dis jou skuld. As jy jou plig as senior nagekom het en hom meer gereeld gewetter het sou dit nooit gebeur het nie… Just saying.

    12. skrumskakel

      Ek kom lees so elke nou en dan hierdie trhead want dis fokken entertaining maar goeie FOK Hollander, dit was ‘n low blow daai. Ek hoop amper nie Ouman lees ooit daai comment nie.

    13. koshuis frikkie

      fokken naais storie!! ontgroening self was nie vir my te bad nie mar ek stem saam mt die manne wat in die comments moan oor bullying en veral ouens wat hulle power abuse om jarre seer te maak. pushups, pt en streak is ok maar te veel ouens het gedink dis ok om soos ons regte pa’s en onnie’s ‘n plank of ‘n lat te swaai asof ons stout kinders was ek het meer pak gekry in 6 maande in die koshuis op maties as in my hele skool loopbaan.

    14. Wetter

      Frikkie en is jy dalk dood? Nee, want pakslae is nodig soos water, selfs vir ‘n seun op universiteit as hy nie selfdissipline het nie. In ons koshuis tot in die vroee jare negentig kon seniors nog lyfstraf uitdeel as eerstejaars (of selfs tweedejaars) erg droogmaak of selfs as dit duidelik is hulle bring nie hulle kant met sport of akademie nie. Deur die jare is dosyne of selfs honderde outjies die veleentheid en mislukking van druip of opskop gespaar omdat sy senior die guts gehad het om hom een of twee keer ‘n paar blou boude te moer. Mense moet ophou kla oor goed way hulle niks van weet nie!

    15. Stefaans

      bring dit als terug ontgroening en lyfstraf dit haal die wind uit windgat en sit hare op ‘n man se bors!

    16. Anoniem ook

      @stefaans “haal die wind uit windgat” HAHAHAHAHA. Lekker storie ek dink genuine terug aan my eerste jaar as die beste tyd van my lewe wat ek tog net nooit weer wil oorhê nie. Ek is net 2 of 3 keer met ‘n plank gebliksem maar party outjies het erg deurgeloop en jys reg dit het die manne van die muise geskei en uiteindelik ‘n goeie gees gebou tussen ons wat dit kon handle.

    17. Knoffel

      ontgroening was KAK alles ‘n veskoning vir suppressed issues.

    18. Brood

      Klink na baie moeite om na ‘n klomp kaal ouens ty kyk, die manne het issues.

    19. VIVA ONTGROENING!

      BEFOKTE STORIE!! ontgroening skei die manne van die muise en hulle moet dit terugbring!! pt, opfokke, bakoond, rooklisensie, deepheat, ysbere, coins, boom toe, straf storte, boks, gang gly, ping pong, baltrap,… al daai tradisies raak verlore.

    20. Trossel

      Die goeie ou dae se fokken gat dit was alles net verskoning vir klein mannetjies om te maak of hulle groot is en elke jaar se arme eerstejaars moes afkak. Ek het dit fokken geHAAT elke oomblik maar ek moes maar op my tande byt en uithou want my pa wou my in die koshuis hou en wou niks hoor van kla oor ontgroening nie. Stefan Landman het in 1989 my gat seker 6 of 7 kere so roulewer pers gebliksem met ‘n plakkie en toe gaan staan en opskop voordat ek my revenge kon kry. Droom tot vandag toe daarvan om hom te moer 😉

    21. Koshuisbrak

      Dis jammer dis nou als in die verlede daai maak die beste stories en memories. Ek lees baie ouens in geslaan maar ons het dit vrygespring. Pushups en PT doen, kaalnael en een of twee keer Deep Heat moes aansmeer was omtrent die ergste, maar al die mal games en avonture van my eerstejaar bly van die beste memories wat ek het.

    22. Bosbefok

      Die pakslae ding het uitgesterf na die 80’s. My pa, altwee my ouer broers en ek was in dieselfde koshuis op Potch oor die jare. My pa het altyd gespot hy het meer pakslae as kos gekry in die koshuis en my oudste broer wat in die 80’s daar was het ook baie pak gekry. Hy’t omtrent ‘n hele album vol Polaroids van ouens se blou gatte vir die koshuis geskenk vir die reunie so paar jaar terug. Middel boetie het ook pak gekry maar net met ontheffing, en vir my in 1997 was daar niks. Ons moes een keer pushups doen tot ons kots en dit was omtrent die ergste.

    23. OuOuMan

      Lekker lag ek nou vanoggend wat ‘n puik vertelling! Daai is die lekkerste tye van jou lewe wat jy nooit weer wil oorhê nie! En vir al die slapgatte wat so moan kan ek net my kop voor skud en dink hulle weet nie wat hulle op uitgemis het nie. Dit was die dae toe ons nog die manne van die muise kon skei en die koshuise het groot name opgelewer omdat net die sterkstes en die bestes dit kon maak. Dis ‘n groot jammerte dat dit alles uitgesterf het.

    24. Fifi

      Ag shame, net die ou bebrilde bliksempies sou ontgroening gehaat het (en secretly nogsteeds doen), man up, mofo’s …..geen wonder vandag se seuns is so slapgat nie. Army is nodig!!!!!!!!!!!!!!

    25. WillieWikkelPiel

      Omtrent enige Saterdag oggend op die gang, neentien-iets-en-tagtig:

      Senior: “Jar, is jy blougat of ougat?”
      Jar: “Blougat Meneer.”
      Senior: “Is jou gat blou?”
      Jar: “Nee Meneer.”
      Senior: “‘n Blougat is net ‘n blougat as sy gat blou is. Gaan haal my plankie.”
      So 10 minute later…
      Senior: “Is jou gat al blou?”
      Jar: “Ek weet nie meneer maar ek dink so?”
      Senior: “Wys my.”
      —-GESENSOR vir sensitiewe lesers—-
      Senior: “Nee wat, nog so bietjie.”
      Nog so 10 minute later.
      Senior: “Voel hy al blou?”
      Jar: “Ja Meneer!!”
      Senior: “Laat ek sien.”
      —-GESENSOR vir sensitiewe lesers—-
      Senior: “Ja, hy’s mooi blou. Laat weet my as hy wit word, dan maak ons weer so.”
      Jar: “Ja Meneer, dankie Meneer.”

      Net so. Ontgroening skei die manne van die muise.

    26. Anna

      watse mannevan die muise?!? as meisiemens is ek self ontgroen, vir tasse geblaf en topless rond gejaag en behoede as jy try cover of lyf wegsteek …. maar ja, meeste was goeie ou dae!

    27. stefan dup

      ontgroening was net lekker solank ‘n aggro senior of twee nie besluit het om op jou te pik nie. my kamermaat was ‘n stil outjie en ‘n groep van die seniors het hom behoorlik hel gegee vir omtrent die hele eerste semester omdat hy net te verskrik was om vir homself op te staan en toe maar opgeskop het. met elke bakoond het hulle net aanhou en aanhou en aanhou sy gat potblou wetter en niemand het ooit probeer stopsit nie as mens sulke ouens kan vasvat of beheer is ontgroening skadeloos.

    28. poespas

      @stefan if you cant stand the heat then you must get out of the kitchen ou. Koshuise issie vir stil outjies nie jy moet hard kan speel en hard kan leer en hard kan leef as jy wil survive. Ek is ook blou gemoer maar as jy die regte attitude het dan los die ouens jou uit, of jy moer een van hulle met die vuis, kry ‘n tugsaak en dan is dit verby. Vandag se slap outjies sal baie kon leer deur ontgroening.

    29. Kobus Putter

      Lekker storie, maar soos ek verwag het gaan die meeste comments oor pakslae.

      Ja… pakslae. In my 6 jaar op koshuis van eerstejaar tot Prim en toe Ouman het ek gesien die beste manier om die ouens met sielkundige probleme te identifiseer is hoe graag hulle lyfstraf uitdeel. Almal het pak gekry en meeste ouens het die gedoen vir wat dit was: half grapperige tradisie en so nou en dan was daar opfokke of bakoond of strafsessies wat erger was maar solank almal dieselfde kry was dit OK.

      Maar daar was in elke jaar altyd 2 of 3 seniors wat dit bietjie te veel geniet het om te slaan, of op een of twee outjies gepik het wat hulle weet nie sal opstaan vir hulleself nie. Of as ek dit nou anders kan stel, geniet het om ‘n eerstejaar te laat buk, om ‘n eerstejaar te sien sweet, en om na die tyd vir ‘n eerstejaar te “dare” om sy broek af te trek en vir almal te wys. Die hartseer is dat koshuislewe in die 1980s an 1990s dit maklik gemaak het vir sulke ouens om hulle fanttasiee uit te leef want hulle kon doen net wat hulle wil onder die verskonings van trots en dissipline en tradisie en goeie ou Afrikaner macho stront, net soos koshuisbrak noem.

      Daar was in my 4de jaar een senior (wat so paar jaar gelede baie op TV in ‘n groen trui rondgehardloop het) wat so elke paar weke begin het om ons seniors op te stook teen die eerstejaars dat hulle begin slapgat raak en op hulle plek gesit moet word ens. ens., en dan sou hy mooi wag tot ‘n paar eerstejaars in die storte is, dan skarrel hy van senior tot senior se kamer en maak ouens bymekaar vir ‘n vinninge “onbeplande” opfoksessie wat gewoonlik ‘n bakoond behels met met 5 of 6 poededlkaal eerstejaars wat pers geslaan word terwyl hy staan ek kyk en lag. Lekker siek, maar omdat hy groot en vriendelik was en rugby gespeel het was meeste ouens blind vir dit.

      Die Prim in my laaste jaar het selfs een verder gegaan. Met interne tugsake was die vonnis gewoonlik 6 van die bestes met ‘n krieketkolf en hy het geen skaamte gehad om die arme sot die opsie te gee om net 4 van die bestes op net ‘n onderbroek of net 2 van die bestes kaalgat te vat nie. Meeste ouens het natuurlik die 2 gekies tot groot vermaak van soveel ouens as wat in die sitkamer kon inpas, maar ek (en baie ander) het geweet hy geniet dit net om die ouens se boude te sien.

      Ek is baie bly ontgroening is nou afgeskaf. Daar is baie beter maniere om gees te bou en dissipline te hou.

    30. anooooooniem

      Fokkit julle outoppies was in-fokken-sane met al julle gay ontgroening kak!

    31. Langeraat

      LOL ontgroening was in die ou dae nog meer gay as vandag lyk dit my. Blame die kerk en al daai repressed feelings… 😉

    32. Trotse koshuisman

      beste snotstorie ooit op wkj, en ek weet ok watter koshuis dit was want my broer was daar… dalk maar beter dat julle nie die res publish nie wat as hy vertel van coins en dobbel raak dit lelik skurf….

    33. pomper

      @Wikus FOKKIT indeed! die sewentigs was ‘n ander fokken planeet met al die kak wat aangegaan het. un-be-fucking-lievable

    34. P Hoffmann

      Dis nou alles lekker snaaks om oor dit te lees maar ontgroening is ‘n euwel. Daar het lelike dinge gebeur en as mens dit nie reg beheer nie gaan lelike dinge aanhou gebeur.

    35. Frik Basson

      Wel ek onthou my ontgroening soos gister die aand toe ek as seun gekies is en toe ek kaal gat moes rond hol , dir was die beste tyd ooit want almal was kaal en daar was grootes en baie kleines maar my “pa” was die langste en die grootste gebou en hy het baie tyd in ligaamsbou gesit maar daardie aand toe ons PT klaar was kon ons gan stort maar ek het in die kamer gele en wag dat almal klaar stort toe ek hoor daar is min eerste jaars toe gaan stort ek , terwyl ek stort toe stap my “pa” in en begin reg langs my stort en ALS an sy lyf is groot en ek probeer so gou as moontlik maak maar toe ek die kraan toe draai toe staan hy en speel met homself en wat verder gebeur het was net besonders lekker

    36. Koshuis

      @Frik Basson fokof met jou gay stront. Ek weet dit lyk soos ‘n dun lyn tussen al die stories oor kaalgat manne ens en moffies maar as jy nie self daar was nie sal jy maar net kan fantasize soos jy duidelik doen in jou comment.

    37. ConfusedYank

      Could someone please explain to this Yank what this is all about? I’m trying to prepare for a semester in South Africa next year and Google Translate is no help on this, although it does seem very interesting!

    38. Stokstyf

      Pêl van my op Stellenbosch geswot in 95. Wat niemand geweet het nie was dat Dawie Springbok klere in Judo ontvang het die vorige jaar nie. Dawie was ook een van daai rustige manne wat eerder maar stil gebly het of weggeloop het as daar konflik ontstaan het. So hulle het gekarring en gekarring en gekarring vir n maand lank aan Dawie, tot die dag wat n senior hom probeer met die vuis moer, toe sit Dawie vir drie van hulle net mooi binne in die hospital, elkeen met n gebreekte arm.

      Daarna het Dawie n baie rustige koshuis en student lewe gehad en het hy sy longe uitgespyker elke jaar tussen die eerste jaartjies, want met n bynaam van Chuck Norris kan jy mos nie anders nie.

      P.S. Frik Basson, hierdie is nie n site vir poefters nie, fokof met jou simpel poefter stront.

    39. Outoppie

      Baie goeie storie die soort goed was algemeen in die jare tagtig. Ek self is op soortgelyke wyse ontgroen, maar dit was die “nie-amptelike” goed wat die seniors gedoen het wat die heel ergste was. Die beste voorbeeld van dit was hou-vir-‘n-hou kompetisies. Saterdae-middae as die seniors se babbelasse begin wyk en na ons eerstejaars vir hulle gebraai het, dan begin hulle verveeld raak. Dan kies hulle twee eerstejaars om hou-vir-hou te speel met ‘n stuk plank en maak weddenskappe oor wie eerste gaan opgee. As jy lyk of jy nie hard genoeg slaan nie of te vinnig opgee, dan klim hulle self in met die plank. Geen pakslae was ooit so erg of so seer soos daai kompetisies nie, want niemand wil soos ‘n sissie lyk en opgee nie met die gevolg ons het mekaar pimpel en pers geslaan tot groot vermaak van die seniors.

    40. Paul

      koel storie waars die res? eks ook ontgroen en dit was nie lekker nie maar ek het die beste vriende gemaak. 2 of 3 maande van koud stort, jeukerige ballas en ‘n paar keer se blou boude was dit werd vir vriende wat meer soos broers is tot vandag 30 jaar later.

    41. StefBlou

      jirrejisses hierdie comment van WillieWikkelPiel laat my dink ons was in dieselfde koshuis en gee my erg ptsd… naweke as jy dink jy vang ‘n lekker stort dan hoor jy een of ander babbelas senior drol skree “hoekom is julle gatte so WIT!!??” dan weet jy hier kom ‘n sessie met enigiets van ‘n tekkie, krieketbat, hokkiestok, plank, belt, borsel fokken enigiets wat hulle jou mee kon moer. Min manne kon dit handle.


      Omtrent enige Saterdag oggend op die gang, neentien-iets-en-tagtig:

      Senior: “Jar, is jy blougat of ougat?”
      Jar: “Blougat Meneer.”
      Senior: “Is jou gat blou?”
      Jar: “Nee Meneer.”
      Senior: “‘n Blougat is net ‘n blougat as sy gat blou is. Gaan haal my plankie.”
      So 10 minute later…
      Senior: “Is jou gat al blou?”
      Jar: “Ek weet nie meneer maar ek dink so?”
      Senior: “Wys my.”
      —-GESENSOR vir sensitiewe lesers—-
      Senior: “Nee wat, nog so bietjie.”
      Nog so 10 minute later.
      Senior: “Voel hy al blou?”
      Jar: “Ja Meneer!!”
      Senior: “Laat ek sien.”
      —-GESENSOR vir sensitiewe lesers—-
      Senior: “Ja, hy’s mooi blou. Laat weet my as hy wit word, dan maak ons weer so.”
      Jar: “Ja Meneer, dankie Meneer.”

      Net so. Ontgroening skei die manne van die muise.

    42. kabous

      nee jy sien dis waar hierrie boerseun sy tas gaan pak het 5 minute nadat ek ‘n senior met die vuis gemoer het omdat hy vir my wou sê ek moet buk dat hy my gat pers kan moer met ‘n plank. mooi gestaan en kyk hoe hy met die ry afgaan en eerstejaar na eerstejaar bliksem en toe dit my beurt is en hy sê buk toe klap ek hom met ‘n regter. waddefok was die obsessie met fokken lyfstraf?

    43. beesblaas

      Lekka ontgroening! ek het dit gehaat maar om 100% eerlik te wees was die vrees vir tekkieparty die enigste ding wat gekeer het dat ek my eksamens druip!! Ons was nie te erg ontgroen nie, net baie PT doen, op en af met die trappe, koue water stort en een keer se skeer met bietjie deepheat na die tyd vir die rash (haha!) maar ons is gemoer as ons punte kak was en dit was ‘n goeie ding.

    44. zefster

      Dis funny hoe ontgroening en inlywings werk… as jy deur dit gaan is dit kak en jare later dan dink jy dis die beste ding ooit en probeer jou bes om die jong latte te wys hoe lekker dit is… Ons is darem nooit geslaan nie maar omtrent elke ander ding wat jy aan kan dink. As ek hier lees was koud stort algemeen maar ek dink tog dis effe erger op ‘n winter oggend innie Vrystaat as elders.

    Gooi Comment