Jack Parow – Nag Van die Lang Pette

Jack Parow is terug met sy derde vollengte album en dit is gevaarliker as ooit!  Die dubbel album, NAG VAN DIE LANG PETTE, kan van vandag af vooraf bestel word op iTunes.  Bestel nou en kry die eerste enkelsnit, BLOUBEK, onmiddelik – ‘n eerste vir Suid-Afrika.

Verwagte datum van vrystelling op iTunes: 14 Februarie 2014
Verwagte datum van vrystelling in winkels: 14 Februarie 2014

Meer oor Nag NAG VAN DIE LANG PETTE
Jack Parow vat dit na die next-next-level met Nag van die Lang Pette.  Dit word vrygestel as ‘n dubbel album wat beide sy romantiese en gevaarlike kante verteenwoordig.

Die akoestiese deel stel Parow se romantiese sy voor met splinternuwe komposisies en verwerkte ouer treffers.  Die verwerkte liedjies sluit Byellville, Eksie Ou, Tussen Stasies, Hard Partytjie Hou en ander gunstelinge in.

Verwag epiese samewerkings met onder andere Valiant Swart, Francois van Coke, Pierre Greeff en Mr. Cat & the Jackal.  Parow reis deur ‘n oop nuwe landskap met akoestiese kitare, kontrabas, perkussie en donker Blues melodieë.  Hierdie deel van die album is vervaardig deur Justin de Nobrega en Loki Rothman.

Die berugte gevaarlike gedeelte word verteenwoordig deur pompende nuwe elektroniese klanke en kief samewerkings wat die tannies sal bang maak.  Dirt Nasty, Francois van Coke, Klipwerf Boere Orkes, Naaldekoker, Rian Zietsman van Taxi Violence and PHFAT – is jy al opgewonde?!

Nag van die Lang Pette sluit 11 akoestiese snitte, 12 elektroniese snitte en 6 Radio Raps insetsels in.

Die eerste enkelsnitte en musiekvideos wat vrygestel sal word is Bloubek vanaf die elektroniese kant en Tema van jou Lied met Valiant Swart vanaf die akoestiese kant.

Skakels:
Twitter: @JackParow
Facebook: www.facebook.com/pages/Jack-Parow/64726534124
iTunes

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Kief musiek, jack parow. Bookmark the permalink. Trackbacks are closed, but you can post a comment.

3 Comments

  1. Dawid Jagsmeester
    Posted January 7, 2014 at 5:05 pm | Permalink

    Ek hoop net Jack rap hierdie keer oor ander issues as braai en brandewyn drink en Jack Parow wat so cool is, anders gaan dit boring begin raak.

  2. Posted January 8, 2014 at 9:04 am | Permalink

    hy broer, ek sit heelaand ou parow youtube krusties en check, toe check ek watkykjy, boom daar drop nuwe parow soos die eerste russian bear van die aand jou slaan, o fok hier is kak, jack het nie eens op sy twitter gepost oor die kak nie, bloubek is taai !

  3. Posted January 16, 2014 at 9:33 pm | Permalink

    klink vir my heeltemal te fokken "commercial"
    Bra Jack is net soos Kurt agter die zak aan

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong> <font color="" face="" size=""> <span style="">