Doll doen die beach-ding

Die verskil tussen cool en zef lê dikwels in hoe ver jy jou broek optrek, dink ek terwyl ek die talent op die strand uitkyk. Die ou wat voor my verby deur die warm sand trippel se broekrek sit bo sy middel – not cool at all.

Ek wonder of die plêstiek wat my tieties selfs al lê ek op my rug laat regop staan, sal smelt as ek te lank in die son lê. Hoop nie so nie, die goed was flippen duur. Ek worry hieroor terwyl ek onder my bril deur die mense bekyk.

Wit velle lê op die wit strand en dit lyk deur die hitte mirage asof almal lê en vibreer. Regs van my lê ʼn familie van vier soos ʼn seester onder ʼn sambreel. Koppe rondom die paal en bene in die son, lê en chomp hulle aan die een swiet na die ander. Hulle bene is al so rooi soos die bene van ʼn jagse volstruis gebrand, maar hulle lê. ʼn Mens kan net by die see tan en bruin vet lyk beter as wit vet, so gooi hom, mammie! 

Dit herinner my! Ek draai versigtig in my eie stuk son om, want mens moet pasop om nie strepe te tan nie. Nou loer ek vir die mense onder die rand van my wye pienk strandhoed deur.

Agter my is ʼn ou wat lyk asof sy arm-spiere by sy styfgetrekte vel wil uitpeul. Sy lats baklei met sy triceps vir die spasie langs sy lyf en ek wonder of hy iemand saam met hom toilet toe moet vat om te help afvee, want daar is nie ʼn manier wat daai verkorte arms gaan bykom nie. Hy dra nie ʼn hemp nie. Ek dink nie eens hy dra ene kerk toe nie. Maar dis oukei, want mens kan aan al die Bybelversies op sy borskas en maag en skouers sien dat hy anyway hemel toe sal gaan.

Sy meisie het lang hare, lang bene en ʼn dun middel en moerse silikon tiete. Bitch. Dis nie nodig om die hoender in sy moer in te ruk nie. Dis mense soos sy wat ons plêstiek-tribe ʼn slegte naam gee.  Tsk.

ʼn Drilling deur die sand sê vir my dat die sambreel-familie aan die beweeg is. Ek draai op my sy, maak seker my nipples is nog binne my goue bikinitop en check hoe vier butt-cracks hul pad see toe maak. Ek sweer die golf lig effens wanneer hulle eenparig daarin neersak.

Seker van Bloemfontein af. Stoereboere.

Die golwe vry met die strand. In, uit, in, uit. Dis sexy. Ek vermoed die ou hier voor wat sy boek lees lees net kamstig. Hy vergeet soms wanneer ek my een been so effens hoër as die ander ene lig en my hare so oor my skouers skud om om te blaai.

Of kyk hy vir mej. Brakpanboobs agter my? Dit sal die dag wees! Ek skuif my knieë so bietjie verder van mekaar af weg, maar hy doen niks. Wat de hel?

En dan hoor ek dit. Die klokkielaggie van iemand wat weet dat al die mans op die strand se oë op haar is. Ek draai sexy-stadig om – net in case – en word yskoud … sy speel frisbee.

Daai hare, bene, lyf, boobs – sy fladder soos ʼn … ʼn … ʼn werfhoender oor die strand. Alles lewe, wieg, bewe, swaai. Sy is tydskrifperfek en ek kots so bietjie-bietjie in my mond.

In die golwe ry ʼn tannie op ʼn boogybord haar man, wat oopmond staar, se voete onder hom uit. Wanneer hy opstaan vergeet hy om sy maag weer in te trek. Die walvisgesin spoel uit die see uit en is so terneergedruk wanneer hulle sien wat enkele meters van hulle sambreel gebeur dat hulle elkeen ʼn Bar One inwerk. Meneer intellektueel drool sy droë boek papnat.

En dan gebeur dit …

Die seagull se naam moet Nelson wees want hy is awesome, doll.

Hy mik en duik en swiep en los – presies op die oomblik wanneer sy vir daai frisbee spring – ʼn lang wit blerts wat eers op haar kuif val net om deur swaartekrag op die volgende “punt” af grond toe te beland.

Dis smerig, disgusting, justice … manjifiek en mens kan dit nie miskyk nie. Haar klokkielaggie verander in ʼn sirene-gil wanneer die wit ʼn strepie tot tussen haar pieke trek waar dit deur haar mikroskopiese bikinitop geabsorbeer word. Dit als terwyl Nelson, die offending voël, triomfantlik oor die duin verdwyn.

Ek hoor hoe sy met haar muscle-man baklei wanneer ek weer grasieus myself op my rug uitstrek. ʼn Feestelike tyding heers onder die sambreel van die vreters, die mans in die see kyk nou weer vir die golwe in plaas van vir die strand en die ou met die boek lees weer.

Maar net tot ek my been begin beweeg…


Annie Kekkelbek

Deel met jou tjommies!
Gefile in Snotstories. Bookmark the permalink. Trackbacks are closed, but you can post a comment.

3 Comments

  1. BokBal
    Posted January 2, 2014 at 1:41 pm | Permalink

    Jirre, vroumense is darem katterig.
     
     

  2. Jan Mac
    Posted January 2, 2014 at 4:47 pm | Permalink

    Classic! Begin asb n blog- ek sal jou verseker volg :)

  3. RocketLou
    Posted January 3, 2014 at 10:06 am | Permalink

    Lyk my jy was op jbay se hoofsrand. Is jy die een met die blou bikini voor my?(ek weet jy praat van i goue bikini maar ek dink dis net om almal te verwar) Ek het net gemaak of ek lees ;)

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>