Dead Parrot – YouTube Comment reconstructions

In YouTube Channels deur griffin5 Eiertjies

Dead Parrot is 'n nuwerige YouTube Comedy Network channel (so jaar en 'n half oud) wat moerse fokken snaakse original comedy content skep. Gewoonlik in die vorm van stand-up tot sketch comedy asook classic comedy clips van UK shows af.

Hulle het moontlik hulle channel se naam geleen vanaf die classic Mothy Python skets, Dead Parrot (vanaf Monty Python's Flying Circus). Jy mag dit dalk onthou. Check hoe fokken jonk is John Cleese nog hier:

Anyway, die mees entertaining clips wat Dead Parrot uitkak is gewoonlik die "comment reconstructions" waar twee ou ballies kinderagtige trolle se comments op YouTube videosreconstruct en mekaar vloek. Jy is heel moontlik vertroud met hierdie fenomeen, as ons so na die kakgooiery kyk in Watkykjy se comments section.

Jy ken daai vibe. Die fanboys:
Mac is beter as PC!
Fok Windows, ek trek draad op Linux!
GTi eet die ST vir brekfis!
Android is soveel beter as IOS, jou doos!
My KTM sal jou RS1200 opfok!
Toyota navigate Waterkloofrif se inclines beter as wat Landrover dit ooit sal kan doen!

Jy check? Jou fokken nool.

Kyk hoe fokken simpel lyk jy as twee sneeudiere jou argumente bietjie lewe gee. Hulle het onlangs met die release van die Xbox One en Sony PS4 weereens in een van die videos se comments ingeklim en dit gaan reconstruct.

Check sommer ook die clip uit waar hulle YouTube comments aangaande Nelson Mandela se dood ook reconstruct. Dis poes snaaks. Doen jouself 'n guns en subsribe aan Dead Parrot se YouTube channel en laat weet gerus as jy dalk op 'n piele channel afkom wat gereeld update met next level shit.

Bizarre Bedonderde Donderdae gaan vir die eerste paar maande effens minder feature. Julle het heel moontlik agtergkom dat ons te vertraag is om dit weekliks uit te bring, so ons sal ons bes probeer om dit at least een of twee keer per maand te looi. As dinge bietjie bedaar na Maart se kant, sal ons weer try om dit weekliks te klap…

griffinDead Parrot – YouTube Comment reconstructions

Comments

  1. Poespas

    Check out jon lajoie se channel as jy nog nie het nie: moer snaaks, maar nie meer so baie gereeld nie

    En vsauce vir next level shit

  2. Hondekak

    Waar is prof bokdrol? Is hy nog op hierdie forum of is hy lankal dood geRofTos (net vir eensames). Hieride tipe komentaar trolskap laat my aan daai kont dink.  

  3. Belhamel

    Ek geniet nou weer die Prof se kommentaar. Vlymskerp.
    Daai DDD blaar het nou weer die kak uit my irriteer. Gelukkig het hy toe besef sy trilletjie is eintlik fokken dun en gefokof. So is daar sekser iets wat almal aanstaan, selfs die NG tannies as hulle die slag iets hier kom kots is kak snaaks.
     
    Vrede

  4. Dr. Onk

    Voorspoedige 2014, Belhamel en Hondekak! (en aangename kennis, Meneer Hondekak.) My geleerde en geëerde kollega Bokdrol is ongelukkig buite aksie vir so 'n paar uur na te veel pinotage en 'n verskeidenheid ander happy juice, maar die droewige ou fokker het met sy dik vingers "logout" op sy WKJ account misgetik, sy BlackOutBerry in die gang laat val op pad om te gaan pis voor hy uitpass vir 'n uur of wat, en dus skryf ek sommer nou namens hom. Ek weet in elk geval baie fokken meer as hy, en ek is die actual breins agter my en my vennot se regsfirma, al probeer hy sy hoogsgeleerde titel rondswaai soos Jacob Zuma sy zaber rondswaai voor hy sy harem binnegaan (of soos Jurie Els sy zaber rondswaai as hy deur die local hoërskool se O/16 rugbyspan se storte rondloop.) Jy sien, Bokdrol is die tipe anally retentive doos wat jou amper perfekte middle manager sal uitmaak: (soos 'n Sammajoor in die Aarmie; of 'n Akademies 2 / Histories 6 senior in 'n Tuks kotshuis met eerstejaars se ontgroening – maar net meer van 'n kont, en so 30kg swaarder.) Maar ek ken en verstaan Bokdrol se kontpleksiteite – sy repressed doos natuur stem van die tyd toe hy 'n uitnodiging vir 'n threesome per telegraaf gestuur het aan Salma Hayek en Ricky Martin, toe pos hulle elkeen vir hom 'n Playgirl terug saam met 'n handdoek, 'n buis KY, 'n FleshLight en 'n restraining order. Hy het nog nooit oor die verwerping gekom nie, so openbaar maar bietjie Calvinistiese barmhartigheid met sy situasie. Veral jy, Hondekak – skiet so 'n bietjie zak vir 'n sixpack (of twee) vir 'n eensame ou krimpie, ag toe man, have a heart man – dis ke January Boss tyd, en zak is skraal…

Gooi Comment