2014 public holidays – ‘n Kalender om jou leave te beplan.

In Watkykjy Tips deur griffin6 Eiertjies

Jy het hopelik sopas 'n moerse holiday agter die rug, of jy nou weggegaan het of tuis gebly het. As jy moes werk, hoop ons dat jy at least bietjie kromrug getrek het en daai skouer van die wiel afgehaal het terwyl jou kollegas en tjommies die strande en SA se karavaanparke en Forever Resorts gaan vergas en bekak het. Dis 'n nuwe jaar en die kak spat gewoonlik in alle rigtings die eerste twee maande by die werk. Dit beteken nie jy hoef NIE solank al klaar aan vakansie te begin dink nie, so kom ons sit 'n bietjie handjie by, kry jou excited vir die nuwe jaar en beplan jou leave vir jou. Jy gaan kan wegkom deur slegs 10 dae leave te gebruik as jy slim werk met jou naweke. Lekker strategies. Lekker man! Vir die res van jou leave het ons ander voorstelle.

Watkykjy_Public_Holidays_Kalender. Dit werk op Outlook, meeste smart phones (verseker op iPhones en iPads) en behoort met Google Calendar ook te werk. Ons het fokol getoets, so tune ons waarop hy alles werk vir jou. Gryp daai vakansieboner om die kop en loop pluk hom daarso in gebou B se kamerverlate by jou graft. Jy weet, daai stil toilet…

Hierso is jou breakdown vir 2014:
Janaurie en Februarie is die heel kakste deel. Daar is fokol holidays, Kersfees en vakansie het al jou zak gesluk en jy sit heel moontlik met skuld. Dit klink miskien counter productive vir die doel van hierdie holiday oefening van ons, maar dis die twee maande wat jy maar die beste van 'n slegte saak moet maak. Werk jou poes af. Jy kan fokol anders doen.

Maart:
Vrydag 21 Maart is Human Rights Day. Vat Maandag die 24ste af en jy't jou eerste extended langnaweek vir die jaar. As jy al finansieel recover het, vat 'n break en gaan doen iets met daai naweek. Daar is fokken baie music festivals regoor SA daai naweek. Ons gaan Solms Delta toe (sal julle later daarvan vertel en miskien tickets ook organise).

April en Mei:
Hier gaan jy fokken score, pappie! Vrydag 18 April is Goeie Vrydag en Maandag 21 April is Family Day. 'n Hele langnaweek op 'n platter, my broe! But wait, there's more! Die week net daarna is daar nog 'n langnaweek. Sondag 27 April is Freedom Day, so Maandag die 28ste April is for free. Donderdag die 1ste Mei is dit Werkersdag. Wat bly oor van daai week? Egg-fokken-zacly. Daai Dinsdag (29ste), Woensdag (30ste) en Vrydag (2de Mei) klap jy leave en jou werk sien jou eers weer die 5de Mei. Nege daggies vir die prys van drie, wêna!

Junie:
Maandag 16 Junie is Youth Day. Jy't 'n langnaweek gescore en klaar lekker in April gerus vir 'n week, so los hierdie outjie net so. Moenie aan die byenes krap nie. Spaar daai outjie vir later. Sover het ons weggekom deur net vier dae leave te vat en die helfte van 2014 is klaar in sy moer in.

Julie:
Met fokol vakansiedae is hierdie maand is nogal 'n klein kontkoppie. Of is hy? Jy het van iets baie belangriks vergeet. Julie is in die winter. Wat gebeur in die winter? Jy word "siek". Daai sick leave gaan homself nie boek nie. Wees creative en ontwikkel 'n convincing hoesie. Jy kan wasabi ook snuif as jy baie oortuigend wil wees, maar dan gaan jy moontlik nie net by jou ogies uitspuit nie. The path of least resistance is waar daai outjie gaan uitklim, en baie van julle se monde is net so groot soos julle holle, so wees verstigtig met hierdie advies.

Augustus:
Hierdie jaar het Augustus besluit om 'n total doos te wees. Vrouedag is hierdie jaar op 9 Augustus wat op 'n fokken Saterdag is. Geen kompensasie Maandag nie. Fokol. Advies: sit leave in vir Vrydag 8 Augustus en Maandag 10 Augustus en gaan Oppikoppi toe. Doen dit net voor die ander naaiers by jou werk hulle leave insit, want dit kan 'n gevaarlike paar dae wees. Kollgegas los jou met die kak by die werk en is useless vir 'n week na Koppi. Raait, so nou het jy sover ses dae leave ingesit.

September:
Woensdag 24 September is Heritage Day. Dis wanneer die hele Suid-Afrika vergeet van heritage en braai. Sit leave in vir Donderdag en Vrydag ook, want wat gaan lekker saam met braai? Drink en kollosale hangovers. Jy staan tans op 8 dae leave inniesakkie.

Oktober en November:
Hierdie maande bied ons net mooi fokol. Dis die tyd van die jaar wanneer mense begin gatvol raak by die werk. Dik tension tye. Veral November, want die Krismis carrot hang lekker ver voor jou neus. Jy kan die holidays ruik, maar in November ruik dit soos kak. Hou kop, moet ons nie nou verloor nie. Kom ons fix dit. Check, ons het gesê ons werk met 10 dae leave en ons het twee daggies oor. Sit daai eers eenkant neer, want ons werk nou met nuwe somme hierso. Veronderstel jy het ten minste 15 dae leave vir 2014 (meeste mense behoort te hê) kan jy nou daai extra vyf dae vir jou laat werk. Dis somer, for fuck's sake, so doen iets daarmee. Jy kan out-of-season bargains optel, so sit leave in vir Woensdag 29 tot Vrydag 31 Oktober asook Maandag 3 November en Dinsdag 4 November. 'n Hele week lank aan die einde van Oktober net om bietjie te recharge vir die fokop wat hierdie twee maande is. Voor jy weer sien is dit 'n stresvrye Krismis.

Desember:
Dinsdag 16 Desember is Day of Reconciliation. Whoop-die-fokken-doo! Baie geluk, jy't 'n Dinsdag gescore. Hierdie jaar val die 25ste en 26ste Desember goddank op 'n Donderdag en Vrydag. Poeslangnaweek, boxed en cased. Gebruik nou jou oorblywende twee daggies om Vrydag die 2de en Maandag die 5de Januarie af te vat. Moenie veel worry oor daai ander dae in Desember nie. Almal is so slapgat by die werk, jou baas kry heel moontlik 'n kopkou in Mauritius en daar word fokol gedoen in elk geval. Die kans is ook goed dat jy getune gaan word om halfdag te duik "as jy vir niemand vertel nie".

Julle is welkom met vooorstell. Hmmmm… miskien moet ons 'n hele lys van vakansieplekke plaas sodat julle nog meer excited kan raak oor 2014. Wat skiem jy? Watse tipe vakansies moet ons cover?
vakansie vibes

Deel met jou tjommies!
griffin2014 public holidays – ‘n Kalender om jou leave te beplan.

Comments

  1. Author
    griffin

    Maak hom oop in Outlook of Google calendar en sync jou foon.

  2. minion

    Werk lekker op android sonder om te inport van uot look af

  3. Ou arme staat werker

    Thanks vir die kalender.
    Nou wat van ons arme staats werkers wat 30 dae per jaar het?  Wa de moer moet ek die ander 20 dae sit???
    Goeie 2014 vir julle.

Gooi Comment