Gou Miyagi – freaky, next level skateboarder.

In YouTube Channels deur griffin3 Eiertjies

Gou Miyagi is besig om skateboarding op sy eie te verander. Die bra het ‘n freaky nuwe styl en dit lyk asof hy besig is om die reël van “there is no rules in skateboarding” ‘n solid fondasie te gee. ‘n Paar mense wat skiem hulle weet waarvan hulle praat reken dat hy en die legendary Rodney Mullen in dieselfde klas is in terme van styl. Dis ‘n pot kak, sonder om enige iets van Mullen af weg te vat (die bra fokken rule).

Vergelyk sommer vir jouself.

Hier is Miyagi se verskriklike fokken weird styl:

Vergelyk dit nou met Rondey Mullen se styl. Neem ook in ag dat die bra al amper fokken 50 jaar oud is en die vader van menigte ‘n skateboard tricks is:

Hoe fokken hectic is hierdie ouens? Dit sal nice wees om te sien of daar at least so paar ouens uit die woodworks uit kom en so bietjie Miyagi se styl kan adapt en dit hulle eie kan maak, maar dit sal heel waarskynlik nie vinnig gebeur nie. Tot dan is Mr Miyagi die meester, en vir die res van die bra’s is dit nog ‘n hele rukkie van “wax on, wax off”.
gou-miyagi-freaky-skateboarder

Doen jouself ‘n guns en subsribe aan Thrasher Magazine se YouTube channel en laat weet gerus as jy dalk op ‘n piele channel afkom wat gereeld update met next level shit.

Hierdie post is 1 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 72,907 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinGou Miyagi – freaky, next level skateboarder.

Comments

  1. Prof. Bokdrol

    Goeie fok – skilzzz met 'n hoofletter "S."  Vir  'n dikgat soos ek met al die grasieuse atletiese flair van 'n dronk renoster is beide van hierdie dudes moerse impressive. Ek was nog altyd kakbang vir 'n skateboard – hoofsaaklik na aanleiding van die keer toe ek in matriek my een tjom agter my 50 gesleep het op sy skateboard, en die laaste view wat ek van hom gehad het in my truspieëltjie was waar hy gat oor kop in die pad afrol nadat hy 'n paar klippies so groot soos muisballas raakgery het. Hy het vir so 3 weke daarna gelyk soos The Mummy, en daar was natuurlik redelike substansiële kak in beide huishoudings oor ons "Bluff Scruff Meets Cirque du Soleil" stunt. Ek skiem Miyagi-san het dalk ook 'n draai gemaak op die Bluff of in Brakpan: check so by 2:03 rond – hoe de fok flat-spot jy 'n skateboard se tyres?

  2. Mushman

    Nee fok. As jy eers Miagi gesien het lyk die ander maar bra kak…

Gooi Comment