Fokol op TV? Try SonyMax, dis kakzef.

In Watkykjy Tips deur griffinRek jou bek

Die jaar draai nou vinnig na 'n einde toe en almal steek lyf weg by die werk – dis nou as jy ongelukkig genoeg is om by die werk te sit en brommers hap. Maybe is jy uiteindelik op holiday en net arm genoeg om by die huis te kan bly en Xbox te jol of DSTV te kyk.

So gepraat van laasgenoemde, Sony Max het verskriklike zef programme, so as jy uitmaak van mindless entertainment is hierso vir jou so paar highlights vir die week:

Dinsdag
19:05
World's Wildest Police Videos
Die naam is pretty much wat dit is. Footage van die poeslisie regoor die wêreld waar die weirdste car chases en daaropvolgende arrestasies vasgevang word, robberies, riots ensovoorts. You get the picture.
20:00
Smoking Gun Presents: Worlds Dumbest
Amper in die lyn van World's Wildest Police Videos, kyk hierdie program elke episode na 20 dom konte wat op kamera gevang is, meestal deur die cops. Hierdie wissel van enige iets tussen dom kriminele, mense wat soos maniacs bestuur en kak aanjaag, waaghalse (die poesdoem tipe, naturally) en mense wat hulle kak verloor by parties. Soos jy daai een krismis toe jou oom jou moes bliksem om jou te bedaar toe jy alweer fokken kouse by pappa gekry het.
21:00
Manswers
OK, dink hard, jy kan hierdie een uitfigure. In 'n nutshell – comedy, tips hoe om chicks op te tel, hoe om te fight, guns. O ja, en tiete.
22:00
Criss Angel Mindfreak
Hierdie bra doen allerhande freaky street magic en freak mense uit. Hy's so bietjie van 'n poes, maar van sy tricks maak op daarvoor. Ek sal nie vir hom 'n bier koop nie, though…
23:30
Poorman’s Bikini Beach
Hierdie som dit nogal mooi op: "Poorman's Bikini Beach brings beautiful girl events to the common man." En as hulle tune 'common', dan praat hulle met jou. Maar moenie worry nie, die presenter is nog 'n groter fokken loser as jy. So fokken creepy ou ballie wat dink hy is die fokken shit en tussen al hierdie poeshot chicks rondmission by events. Hyself het in 2003 laas genaai. Dis net fokken sad, maar check dit bietjie uit. Net om beter oor jouself te voel.

Woensdag
18:35
1000 Ways To Die
Pretty self-explanatory. Jy kyk basies na die Darwin Awards op TV. Die dom mensdom. Ai.
21:00
Killer Karaoke
Hierdie is fokken snaaks en dis hoe Idols eintlik moet wees: Mense probeer karaoke sing voor 'n live audience terwyl hulle aandag afgetrek word op 'n faktap manier. Fear Factor vibes. Try jy bietjie sing met jou kop in 'n glasboks vol faktap insekte of terwyl honde jou aanval. Fokken ure se pret. Die presenter is Steve-O van Jackass en die announcer is Twisted Sister frontman, Dee Snider.
23:00
Kenny vs Spenny
Kenny Hotz en Spencer Rice is beste tjommies al van hulle kinderdae af en hulle gooi kompetisies tussen hulleself waar die verloorder iets moerse embarrassing moet doen, gewoonlik iets faktap wat die wenner kies. Spenny is 'n stresserige, neurotiese outjie wat maklik sy moer strip maar so betjie meer volwasse is as sy tjommie, Kenny wat… wel, hy's net 'n poes.

Vrydag:
21:00
Tattoo Nightmares
As jy dit oorweeg om dalk 'n tattoo te kry, kyk maybe eers hierdie reeks. Hulle wys vir jou horror stories van mense wat aartslelike tattoos gekry het en hoe hulle probeer om dit te fix. Soos daai keer toe Ninja "Watkykjy" op sy piel ge-tattoo het en ek geskiem het dis 'n piele idee om "Die Fokken Antwoord" al langs my piel af te gooi en nou spyt is daaroor…

Baie van hierdie reekse wys elke aand en Kenny vs Spenny begin nou met season 2. Kenny vs Spenny het ook 'n uurlange Krismis special, Donderdag 26 Desember 22:00 waarin Spenny 'n feelgood krismis variety show probeer maak. Kenny kom fok alles op. As he does. Maybe wil jy eers Rude Tube se Krismis special kyk 21:00 daai aand. Rude Tube bring in hierdie special 40 van die beste interwebs clips, maar hulle gaan soek ook die mense agter die clips en interview hulle. As jy smaak van funny clips op YouTube soek, maak hulle dit effens makliker vir jou. At least kry jy die storie agter die storie ook…

Check ook:
Vrydag, 20 Desember uit vir Guy Code, 'n nuwe reeks wat begin.
Maandag, 23 Desember uit Virtuosity (21:00), 'n lekker futuristic movie met Denzel Washington en Russel Crowe. Lekker 90s vibes. Yup, hulle het movies ook.

Hier is die hele schedule:
http://www.sonymax.co.za/schedule
sony max

griffinFokol op TV? Try SonyMax, dis kakzef.

Gooi Comment