Ek het alles gesien by Synergy Live. Alles!

In Watkykjy Reviews deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Ek het nie geweet wat om te verwag van Synergy Live JHB se 2013 uitgawe nie. Die venue is omtrent ‘n week voor die tyd verander (dit sou eers op een of ander poloveld naby Lanseria gehou word, toe skuif hulle dit na Newtown in Johannesburg toe) en die internasionale acts was nie vir my baie bekend nie. Ek bedoel, ek het nie die laaste paar jaar onder ‘n fokken klip gebly nie, want ek het al The Red Jumpsuit Apparatus gehoor, maar Everything Everything het vir my geklink soos iemand wat wil seker maak dat jy weet dat hy van absoluut fokken alles praat en nie die naam van ‘n band nie.

Anyway, ek skiet toe deur Newtown toe, parkeer agter die Bassline, en gaan check die vibes toe uit. Toe ek egter daar aankom en die hekke is nog toe het spoke van laasjaar se Synergy Live begin loop, toe alles laat begin het en mense ‘n paar ure voor toe hekke moes staan en wag, maar dis gelukkig vinnig uitgesorteer. Ek was in, en ‘n paar Jagermeisters en ‘n Panini later was ek reg vir aksie.

Dis asof die dag stadig begin het, want ek dink mense vat lank om op ‘n Sondag aan die gang te kom, maar teen die namiddag se kant was daar al ‘n goeie crowd en dik partytjie vibes in die lug. Die organiseerders het die vorige dag besluit om die DJ’s buite te laat speel en die bands op die verhoog in die Bassline, want hulle was glo bang vir rëen, en dit was verseker die regte besluit gewees. Die Bassline was die perfekte plek om na die bands te luister, en was die regte grootte om die hoeveelheid mense wat daar was te akkomodeer.

Die plaaslike acts het defnitief nie teleurgestel nie. Ek sê dit elke keer, en ek gaan dit weer sê, maar ek dink nie die dudes van Naming James het al ooit ‘n kak show in hulle lewens gegee nie. Volg dit op met groot name soos ISO, Desmond & The Tutus, Gangs of Ballet en Zebra & Giraffe en jy het een van die beter local line-ups wat jy op enige gegewe tyd en plek in die hele Suid-Afrika sal sien.

Om die waarheid te sê, as die partytjie toe opgehou het sou ek redelik tevrede huistoe gegaan het (met of sonder al die gratis drank in die VIP area), want die local was inderdaad fokken lekker. Maar dit was tyd vir die twee (apparently effens onbekende) internasionale acts en ek het nogsteeds nie mooi geweet wat om te verwag nie…

Nou goed, Wikipedia beskryf Everything Everything se musiek as volg:

“Everything Everything are noted for an extremely eclectic and dynamic style, with complex song construction and dense, detailed lyrics sung in falsetto by Jonathan Higgs. While nominally an alternative rock band with outright pop stylings, the band uses production and rhythmic approaches closer to those of contemporary R&B, glitch pop and electronica (including heavy use of laptop programming and processing) and songwriting approaches similar to those of progressive or psychedelic rock.”

Dis ‘n hele mondvol, en ek dink dis Engels vir “hierdie hipster band van Engeland is fokken tight en jy sal ‘n doos wees as jy nie van hulle musiek hou nie”. In kort, ek was impressed, om die minste daarvan te sê, en die beste was dat ‘n groot deel van die crowd actually hulle musiek geken het en saamgesing het.

Die grootste verrassing van die aand is egter gehou vir heel laaste, want net toe ek dink dat die musiek nie kan beter nie toe klim The Red Jumpsuit Apparatus op die verhoog en smelt die hele gehoor se gesigte af. Klipharde alternatiewe rock op sy beste, al die pad van Amerika af.

Om op te som, ek voel half bevoorreg dat ek deel was van die crowd wat daai acts gesien het, en ek hoop dat Synergy Live JHB se reëlings volgende jaar beter uitwerk sodat hulle ‘n groter venue kan volmaak.

Want dit was fun, en ek wil dit weer doen.
Big H.

01_Naming James_DSC_1355_1

02_ISO_DSC_1127_1

02_ISO_DSC_1465_1

03_Desmond & The Tutus_DSC_1862_1

04_Gangs Of Ballet_DSC_2393_1

05_Zebra & Giraffe_DSC_3139_1

06_Everything Everything_DSC_2128_1

06_Everything Everything_DSC_2191_1

07_The Red Jumpsuit Apparatus_DSC_2454_1

07_The Red Jumpsuit Apparatus_DSC_3997_1

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeEk het alles gesien by Synergy Live. Alles!

    Gooi Comment