fokof vinyl vuur

As jy met vuur speel sal jy Brand – Fokofpolisiekar klap ‘n toer.

In Watkykjy Gigs deur griffin17 Eiertjies

fokof vinyl vuurOp 5 Desember 2003, is Fokofpoliseikar se album, As jy met vuur speel sal jy Brand, vrygestel. Dis pretty much presies tien jaar gelelde en om dit te celebrate het hulle 'n splinternuwe website gelaunch waar jy die album verniet kan download – http://www.fokofpolisiekar.co.za. Behalwe vir hierdie moerse freebie kan jy ook die album se chords en tabs verniet download. Dis nou vir julle ouens wat like om by die huis te sit en tunes op die kitaar uit te werk vir daai garage band van jou wat die volgende revolusie gaan word.

Fokofpolisiekar is ook besig moet 'n moerse toer op die oomblik en As Jy met vuur speel sal jy brand is ook nou beskikbaar op vinyl. Jy weet vinyl is besig om 'n moerse come back te maak, right? Ongelukkig is daar 'n moerse limited hoeveelheid beskikbaar en jy sal dit slegs by hulle live shows kan koop op hulle Tien Jaar Met Vuur Speel toer. Moenie worry nie – ons het al die info en datums vir julle hieronder. Die shows op hierdie toer is elk 120 minute lank wat bestaan uit 'n acoustic set gevolg deur harde rock 'n roll. Ons verwag niks minder nie.

Kry jou gat by die shows. Ons het ook met Francois en Wynand gechat en hulle was gaaf genoeg gewees om vir die Watkykertjie 'n double ticket na elk van die shows wat hieronder gelys is weg te gee. Tune ons in die comments na watter show jy toe wil gaan en hoekom jy die tickets verdien en ons sort 'n wenner uit vir elke venue:

6 December 2013
Assembly, Kaapstad

8 December 2013
Barnyard Teater, Parkview

9 December 2013
Barnyard Teater, Boksburg

10 December 2013
Barnyard Teater, Vereeniging

11 December 2013
Barnyard Teater, Cresta

12 December 2013
Atterbury Teater, Lynnwood

13 December 2013
Arcade Empire, Pretoria

14 December 2013
Rumours, Johannesburg

Web site: www.fokofpolisiekar.co.za
Facebook: www.facebook.com/Fokofpolisiekarband
Twitter: @fokofband

Deel met jou tjommies!
griffinAs jy met vuur speel sal jy Brand – Fokofpolisiekar klap ‘n toer.

Comments

  1. Boerseun

    Ek sal Graag na die Arcade Empire, Pretoria die 13de Desember se show toe wil gaan..
    Hoekom??… Want altyd maar fokkin altyd is ek te broke om n kaartjie te kan koop of een of ander katastrofiese kak tref my en dan sit ek weer so kippie aleen by die huis, My loyalty teenoor Fokof word al deur my vriende betwyfel en ek sal graag my gesig wil af party en my nek in spasma sit van overdose headbang, so ook my  loyalty teenoor Fokof te bewys en ook my happier as n vark in kak te kan wees.
    Asb oukies help die broke bliksem!!

  2. Luan

    Yes Griff! 
    Sal waardeur as ek na die Parkview show kan gan. Ek moet `n kakhuis vol geld op my kar spandeer so my krismis planne is effe in hulle moer in.  Die sal maar moet doen as `n tipe vakansie slash krimis boks.  
    Cheers! 

  3. Stekel

    Griff
    Ek wil die show by Cresta gaan check vir 2 redes. 1. Die enigste keer wat ek al ooit Fokof live gesien het was so 8 jaar terug by Aardklop en die aand was al laat en die naweek te lank om veel te kan onthou na die klipdrift tent. 2. Die vinyl sal kief lyk in my bar!

  4. horinghoeter

    Mirrag. Ek soek kaarkies want ek is gewoonlik die enigste outoppie wat gesuip genoeg raak om op die tafels te klim as Fokof op alle silinders fire. Ek maak die mense wat my ken baie skaam want ek is oorgewig en dit lei gewoonlik tot gebreekte tafels/glase/bottels en egos. Ek wil gatkruip vir die Assembly show in Kaapstad. Ek vra dit nie uit verdienste maar aleen uit genade. Dank u 

  5. Swart Rudolf

    Die 6 Des Assembly sal my piele pas. Eks broke, en wil graag gaan. Het hulle al eenkeer vantevore gesien en my kop teen 'n pilaar gekap. Sal hulle graag hierdie keer sonder 'n konkussie wil sien. 

  6. Swart Rudolf

    Die 6de Des show in assembly sal my piele pas. Ek het hulle al eenkeer vantevore gesien en my kop teen 'n pilaar gekap. Sal hulle graag sonder 'n konkussie wil sien. 

  7. Innes

    Garage sal ek die Assembly kaartjies wil wen. Hoekom? Want ek het 'n eksamen Saterdagoggend, en met gewende kaartjies sal ek mos nie kan weier om die gig by te soon nie!

  8. Author
    griffin

    Right, die ticket wenners sover:

    Boerseun – Arcade Empire
    Luan – Parkview
    Stekel – Cresta
    Innes – Assembly

    Julle sal ge-mail word, maats. Dan is daar nog tickets up for grabs by die volgende zefe plekke:

    Boksburg, Vereeniging, Lynwood, Rumours.

  9. jaco

    Ok so Lynnwood klink moerse cool. Ek het n nuwe girl om te impress met n goeie Afrikaanse rock band, het haar die naweek by Synnergy gehad en dit was n moerse teleurstelling, of altans die venue, nie die bands nie so ek het baie om op te maak!!!!!

  10. Wessel

    Awhe guy,
    Ek soek daai kaartjies, plain en simple…pappa ,love Fokof!!

  11. Jaco

    Boksburg!

    Poes groot fan, selfs n Tattoo om dit te bewys!
    Unfortunately fokol geld om di show by te woon nie…

  12. Michelle

    Rumours, asseblief… En sommer net omdat julle kan!!!

  13. Luan

    Piele vir Sannie! Thanks Griff!
    Fok kry ek mos nou vandag nog boonop `n quote van die oog arts vir amper 10k vir 2 brille.  Sit hom sommer droog in pappie! 

  14. Jean Minderon

    Ek wil graag my meisie vat na die boksburg show want sy is van denayseville af en luister country en ek moet biekie kultuur in haar kry asb ouens
    Julle rock

  15. Author
    griffin

    Right, hier is die ander wenners:

    Jaco – Lynwood
    Jean – Boksburg
    Michelle – Rumours

    Julle details is aangestuur en julle sal gekontak word oor die tickets.

    Bly daar mense in Vereeniging? Ons kort nog net een wenner vir daai area. Vertel jou nefie…

  16. Sarel Havenga

    hey griff. eks die arme sot wat in vereeniging opgeeindig het. moes van kaapstad na die vaal kakhuis trek vir werk. die plek sluk mens in en ek werk amper elke dag. om dit alles te kroon kry ek nie vakansie nie so ek kry amper nooit tyd om groot name soos fokof te sien. hierdie kaartjies sal my jaar maak. help 'n vaal ou uit asb. boonop is ek so naby aan die venue, dat ek soontoe kan loop. 
    ps: ek sal vir miena se part gaan huil as die son opkom. ;)

Gooi Comment