A6 virre naweek

In Watkykjy Reviews deur griffinRek jou bek

Kom ons hou hierdie kort. Daar is geen Donderdagvideo vandag nie. Die goose verjaar en ons gaan dadelik fles vat.

So ruk terug (nog voor die USA trip) het Audi vir my 'n A6 gegee vir 'n naweek. Ek en Chopper het hom sommer na ons reünie toe gery (ons wil nie oor die reünie praat nie – dit was zef verby gewees en ons het goeters gesteel en so aan). Audi het fokol in return gesoek nie. Nie 'n video of 'n review nie. Ook nie zak aangebied nie. So uur voor hulle die kar weer kom haal het, het ek besluit om in elk geval 'n kort video te skiet, sommer so terwyl die kar vuil is. Dis mos hoe reality werk? Het vandag toevallig op die video afgekom waarvan ek aanvanklik vergeet het.

Ons sal maybe vroeg in volgende jaar 'n review gooi, maar dis moeilik om dit te doen as mens die kar nie kan vergelyk met byvoorbeeld 'n A3, A4, A5, S7 en 'n R8 nie. En 'n mens moet elkeen van daai karre vir ten minste 'n week ry. (hello, Audi – ek skimp HEAVY FOKKEN ERG hierso as julle dalk hier lees). 'n Mens moet appels met fokken vinnige appels kan vergelyk…

Deel met jou tjommies!

    griffinA6 virre naweek

    Gooi Comment