Watkykjy nuus round-up. Week 47. Komkoekies en canned hunting.

In Wat is nuus? deur Vent VenterRek jou bek

Vermeende idioot comment op sy eie “Wanted”-foto, word gevang
Voor jy verder lees, kliek gou hier as jy op Facebook is. Indien nie, moenie worry nie, al waarop jy uitmis, is ‘n gesoekte misdadiger wat op ‘n “Wanted”-foto van homself talle comments plaas oor hoe ‘n nice ou hy eintlik is.

sin demonNicholas Edmond se foto is deur ‘n Amerikaanse televisiestasie, WMUR, op hul Facebook-blad geplaas, onder daai tipe “Have you seen this man?” shit. Hy was gesoek nadat hy paroolvoorwaardes, wat te make het met sy skuldigbevinding op vuurwapenverwante misdade, verag het.

Nicholas Edmond het die foto gesien. Nou, Nicholas Edmond se Facebook-profiel is nie onder sy eie naam nie. Nee, hy gebruik die alias “Sin Demon”. Seker om soos ‘n onskuldige, wetsgehoorsame buger op sosiale media te kan verkeer sonder om verdag te lyk?

Ja, jou fokken nool, maar dan gaan comment jy nie in die eerste fokken persoon op daai wanted-foto van jouself nie. Jissisfok. Dit leer hulle jou al in misdadiger-kinderkrans.

Nou ja, kort voor lank het die cops hom gevind. Die ander ding is – Nicholas, of dan “Sin”, het ‘n klomp tattoos en piercings en is dus betreklik herkenbaar in die openbaar. Des te meer rede om ‘n low profile te hou?

Nie vir Sin Demon nie! Sy Facebook-profiel is sommer lekker public. Kyk hier, as jy wil. Maar jy kan jou tyd beter spandeer. Soos die dude in die volgende storie (of dalk nie). – Huffington Post

Inbreker smeek inwoners wat hy wou beroof om hom te help ná hy opfok
“Eina, fok, my fokken arm! Gee my julle TV. Ek bedoel, aaaah! Ek bedoel, Xbox Kinect, fokken nou. Ek bedoel, bloed! Bloed aan my! Help! Juwele en shit. Aaaah!”

Dít was volgens Watkykjy se verslaggewer wat nie bestaan nie die presiese woorde van ‘n inbreker wat sy arm fucked-up gesny het aan die venster wat hy gebreek het om by ‘n huis in Salt Lake City, Amerika, in te kom.

Die ou het vroegoggend by die huis probeer inbreek en ‘n stuk glas het ‘n diep sny in sy arm gemaak toe hy probeer inklim. Die 20-jarige laaitie het toe deur die gange en die woonkamer gehardloop en geskree om hulp.

Pablo Solario, een van drie volwassenes wat in die huis was, het die laaitie jammer gekry en gebel vir ‘n ambulans. Solario sê dis fokken weird, want hy’t die ou net die vorige naweek ontmoet en die ou het hom actually op sy naam genoem toe hy om hulp geroep het.

Die kak inbreker is in die hospitaal en sal in die hof verskyn wanneer sy arm ok is. Shamepies, sal ‘n rukkie vat voor jy daai kinect kan speel met die seer arm. Maar laat weet wanneer jy reg is, dan speel ons ‘n potjie FOKOF. Ek’t hoeka ‘n nuwe krieketbat gekry. Nie ‘n controller krieketbat nie, net ‘n krieketbat. Volgende naweek? – KSL.com

Onderwyser voer leerlinge semen in proetoets
Fokkit! Hoe’s daai vir ‘n lekker opskrif om jou dag op te kikker? Stem vir ons by www.prysheilsameopskrifte.com.

Is jy nou al terug van jou 404 error-uitstappie? Goed, welkom. Die punt daarvan was om te wys, ja, daar is goed wat nie bestaan nie. Maar hierdie storie fokken bestaan ongelukkig.

Mark Berndt van Los Angeles in California is pas tot 25 jaar tronkstraf gevonnis omdat hy die rede is hoekom ouers nie meer vir ‘n fok skole vertrou met hul kinders nie. Goed, dis nie die presiese ding waarvoor hy skuldig bevind is nie, maar jirre, dit kon netsowel wees.

So ‘n ruk terug het ‘n ou wat by ‘n kamerawinkel werk van Brendt se foto’s ontwikkel. Op hierdie foto’s was kinders in ‘n klaskamer wat geblinddoek was. Van die kinders se monde was ook toegebind. Die ou by die kamerawinkel verdien ‘n medalje, want pleks daarvan om net die goed klaar te ontwikkel, terug te gee aan Brendt en sy dag te voltooi deur ou Vetkoekpaleis-episodes in sy kop oor te speel, het hy die cops gebel.

‘n Ondersoek het gevolg en hulle het gou agtergekom Brendt het semen in koekies ingebak en dit aan die kinders gevoer in ‘n proetoets. Het ons al genoem dit was ‘n laerskool en die kinders was meestel tussen 7 en 10 jaar oud?

Obviously was die ouers erg ontsteld en daar is al omtrent 120 siviele eise teen die skooldistrik ingestel (waaran omtrent die helfte al deur die skooldistrik gesettle is). Brendt het nie beswaar aangeteken teen enige van die klagtes teen hom nie en is 25 jaar tronkstraf opgelê.

OK, sommige mense sal dalk reken daar’s honger kinders oor die wêreld heen wat nie semenkoekies het om te eet nie. Bietjie Marie Antoinette daar? “Let them have semencakes!” Fokken Soggy Marie, ja.

Laat ons bietjie ernstig raak vir ‘n oomblik: Om enigsins ‘n kind skade aan te doen, fokken veral as jy in ‘n vertrouensposisie soos ‘n onderwyser is, maak jou so waardevol as mens soos vratte op die poes van satan se mins gunsteling hoer.

Fok jou, Mark Brendt. Fok jou tot in alle ewigheid. – NBC Los Angeles

Op ‘n ligter noot …
Hey, julle is seker al net so gatvol soos ons vir almal wat so bitch en moun oor daai Melissa Bachman-chick van Amerika wat ‘n leeu hier kom skiet het. Ja, dis fucked-up, maar dis wettig. Kla oor die wet, nie oor die chick nie. Dis eenvoudig.

So, hier wys ‘n ou Watkykjy-bydraer hoe jag nou eintlik in SA werk:

Deel met jou tjommies!

    Vent VenterWatkykjy nuus round-up. Week 47. Komkoekies en canned hunting.

    Gooi Comment