Watkykjy nuus round-up. Week 46.

In Wat is nuus? deur Vent VenterRek jou bek

Man dagvaar sy vrou oor sy geboorte skenk aan lelike kind … en wen saak
Raait, hierdie storie het die rondes op die interwebz gedoen die afgelope tydjie en daar word nou al bevraagteken of dit actually waar is of nie. Maar China is fokken weird (soos in seriously fokken weird), so ons gaan kies om te glo dat dit waar is. Is dit etiese joernalistiek? Seker nie, maar fok, minstens klap ons nie net randomly en kompulsief “na bewering” tussen kak erg beskuldigings in om dit te laat lyk of ons neutraal bly nie. 

Anyway, ‘n bra in China het glo sy vrou gedagvaar nadat sy geboorte geskenk het aan wat volgens hom ‘n “kontlelike fokken verskoning vir ‘n baba” was (vertaling moontlik onakkuraat). Nodeloos om te sê is die man en die vrou op die oomblik vervreem. En, kan jy nou meer, die hof het besluit die man is reg en het in sy guns beslis.

Okay, dis nou nie asof die baba daar ingebring is as “Exhibit A” en die regter en jurie spontaan projektiel begin kots het weens die baba se onontkenbare afskuwelikheid nie. Nee, die hof het eerder besluit die man is reg omdat die vrou nie voor die huwelik aan hom erken het sy het soos $100 000 se plastic surgery ondergaan nog voor hulle ontmoet het nie. Dis baie plastic surgery daai, raai ons.

Die man se ego oor sy eie looks is so groot (eerlikwaar, hoe fokken lelik ís hierdie baba!?) dat hy met die aanskouing van die baba eers gedink het sy vrou het op hom gecheat. Later het sy egter met die sak fake patats vorendag gekom en moes hom, volgens die hof se beslissing, $120 000 betaal oor sy hom onder valse voorwendsels die huwelik in gelok het.

Nou ja. Google maar self verder. Vreemder dinge het al gebeur. Soos Sunette Bridges se ondersteuners. Sunette Bridges se ondersteuners het al gebeur. Dink bietjie daaroor na (en jammer dat ons nou jou dag opfok met daai gedagte). –  New York Post

Russiese kunstenaar spyker sy ballas vas aan Rooiplein
Kyk, laat ons dit net gou uitklaar – ons by Watkykjy fokken smaak oorspronklike kuns en oorspronklike kunstenaars, veral dié wat ballas het (soos in, guts. In hierdie konteks kan meisies ook ballas hê. Ons is nie seksisties nie, julle. Hou nou op kla en gaan fokken stryk my hemp klaar.) Ons is net nie seker hoe dit jou betoging help om jou ballas teen die grond vas te spyker nie.

Pyotr Pavlensky, ‘n Russiese kunstenaar wat bekend is daarvoor dat hy homself seermaak met sy betogings (hy’t byvoorbeeld sy eie mond toegestik in sy betoging teen die tronkstraf wat die band Pussy Riot opgelê is), het op Rusland se onlangse Nasionale Polisiedag sy eie testikels teen die grond op die Rooiplein in Moskou vasgespyker. Die polisie het hom eers hospitaal toe geneem voor hulle hom gearresteer het. Hy’s later vrygespreek.

Blykbaar wou hy met die betoging wys dat apatie onder Rusland se burgers daartoe sal lei dat Rusland binnekort ‘n polisiestaat word.

Kyk, Pyotr, ons ondersteun jou ten volle vir jou waagmoed en dat jy jou uitspreek teen goed soos dit. Hier in Suid-Afrika betoog mense deesdae so: (1) Vind iets waaroor jy kwaad kan wees, (2) Steel ander mense wat poes hard werk om ‘n lewe te maak se shit uit hul stalletjies en winkels. Wel, dis hoe dit werk in Kaapstad, in elk geval. So, goeie werk dat jy net jou eie shit opfok. Ons snap nie heeltemal die metafoor nie, maar ons is nie kunskenners nie. Gaan na ‘n ander website (julle weet seker van watter een ons praat) as jy cocky, oningeligte, doosagtige kuns reviews wil lees wat geen ander doel dien as om die “skrywers” se neuse ferm in die lug te hou nie.

Vir nou gee ons jou net ‘n ietwat verwarde high five, Pyotr. – Times Live

Italianer raak poesdronk by Oktoberfest, vind sy kar eers weke later
Ja wel, hier’s een waarmee meeste van ons kan identifiseer, al is dit gewoonlik eerder met ‘n selfoon. In fact, met ‘n selfoon wat nie te duur was nie sal jy na Oppikoppi (of ‘n soortgelyke gebeurtenis) waarskynlik maar net jou skouers optrek en iets sê soos “Fuckit, moeite werd! Oppi! Koppiiii! Genade, hoe gaan ek daai hoërskoolmeisie se opkomende baba wat so baie soos sexy ek lyk aan my vrou verduidelik?” en ‘n nuwe selfoon koop.

‘n Man genaamd Andreas van Italië het nie dié bedenklike luuksheid gehad nie. Hy’t sy Volkswagen Golf (kyk, vat dit van my, as jy ‘n Golf ry het jy nie geld vir ‘n nuwe fokken kar nie en sal jy wêrelde versit om dit terug te kry) in ‘n systraat naby die Oktoberfest in Munich, Duitsland parkeer. Daarna het hy op ‘n trein gespring en sy lewer gaan losdrink.

Ongelukkig vir Andreas kon hy nie vir ‘n fok onthou waar hy parkeer het nie, selfs toe hy al ‘n paar keer weer nugter geword het. Hy’t so desperaat geraak dat hy binne die vyf weke ná die fees drie keer teruggereis het Duitsland toe om die kar te soek, plakkate in die dorp opgeplak het wat ‘n beloning uitgeloof het vir die vind van sy motor en ook by die plaaslike koerant aangeklop het. Laasgenoemde was uiteindelik die wenstrategie, want ‘n leser het sy kar in ‘n systraatjie opgespoor.

Om alles te kroon reken Andreas dis nie die bier wat gemaak het dat hy sy motor verloor nie. O nee, hy was Oktoberfest toe vir die rides.

Ja, en jy naai seker vir kussingbewondering. – The Local

“Welkom by die Schoemans” – kortfilm
Ons het dit oorweeg om weer ‘n fokken kak Afrikaanse musiekvideo hier onderaan die roundup te plaas, maar het besef dit sal beteken ons moet ‘n fokken kak Afrikaanse musiekvideo kyk.

So hier, eerder, ‘n lekker funny kortfilm van so agt minute wat verlede jaar uitgekom het.

Deel met jou tjommies!

    Vent VenterWatkykjy nuus round-up. Week 46.

    Gooi Comment