Score ‘n dik fancy brekfis vir twee in Melrose Arch.

In Kompetisie deur griffin8 Eiertjies

 

Ons chill so bietjie in Las Vegas op die oomblik. Dis verskriklik fokken kaklekker. What happens in Vegas sal eventually op Watkykjy opeindig. Daar was nie tyd om 'n Donderdagvideo aanmekaar te slaan nie, vanwee te veel fles vat, dobbel, hot cherries uitcheck en so bietjie werk in die algemeen. Van hier af is dit net downhill maar ons sal vir hom hard vasvat die komende naweek.

Oppad Vegas toe het ons by 'n klein dorpie genaamd Flagstaff gestop met dik hangovers en by 'n diner ingeklok vir so bietjie waffles en stroop vir brekfis. Heel moontlik die beste brekfis ooit op 'n hangover by een befokte all American diner. Check hom uit:
galaxy diner flagstaff

waffles en stroop
Jy hoef nie jaloers te wees nie, want ons het besluit om vir een van julle marabsies in Gauteng 'n brekfis weg te gee by African Pride Melrose Arch Hotel Restaurant. 'n Brekfis vir 2 ter waarde R390. Heavy buffet en a la carte vibes. Daar is shit soos shampagne, oesters twee verskillende salmons, home made yoghurt, sewe verskillende hamme, vier verskillende tipe eiers, vyf verskillende bacons op die menu byvoorbeeld. Nou kan jy ook belangrik voel. Moet net om godsnaam net nie met Crocs daar uitslaan as jy die brekfis wen nie. Ons gaan heavy frons en jou Delmas toe pos met 'n PK.

Om te wen? Stuur 'n foto en 'n kort beskrywing van die beste of kakste brekfis wat jy al getand het. Jy Instagram mos al jou fokken kos in elk geval. Die wenner sal volgende Vrydag aangekondig word as ons weer terug in Zef-Afrika is. Vir nou moet daar eers gaan slaap word. Dis 00:30 die oggend in Vegas en ons wil die volgende drie aande fokol slaap. Want ons kan.

O ja, en hier is vir jou 'n toets. Dis nou min of meer brekfistyd terug in SA. Kyk gou hierdie video en probeer jou brekfis inhou:

Deel met jou tjommies!

    griffinScore ‘n dik fancy brekfis vir twee in Melrose Arch.

    Comments

    1. Werries

      Jirre Jissis ouens is die kak for real?!  Terwyl ek gou my sopas klaar gekotste bek afvee vra ek myself die vraag: Hoe baie het die toppie die girls betaal en my liewe God; hoe de fok maak sulke videos dit op die net? Die doos laat alle ouer mans lyk soos pedofiele!

    2. Petrusposbus

      My fok. So dis waar neef Gert wegkruip deesdae. 7de traan het seker agter gekom watse kak hy aan jaag na ure. Hopelik bliksem die flooze hom.
      *Ek weet dit is nie hy nie, hy lyk net baie na hom.
      Anyway dis n pot kak.

    3. Stekel

      Dis fokkol, gaan lees die comments op youtube vir die video. Die doos raak sommer moerig vir almal en wil hulle hof toe sleep, hy reken seker hy bly in die Joe-naaited-states waar mens almal kan sue as jy n kak dag het.

    4. Stoutwetter

      Nee fok man.  Dis af.  Ek dog eers hy sing oor sy dogter.  Toe kom ek agter hy wil die girl steek.  FOK WEG ETTER!!

    5. MetaalWaterkoppie

      33 Sekondes… is al wat ek kon uithou met die bloedskandelose ou doos se mu(kots)siek.

    6. Belhamel

      MSP! Ek het nog nooit in my HELE lewe iemand gesien wat sy naam so POES met n baseball bat nie! 

    Gooi Comment