Score met jou snor! Wen El Jimador.

In Kompetisie deur griffinRek jou bek

Ons het drank gescore om vir julle marabsies weg te gee. Drie van julle kan elk met 'n lekker El Jimador hamper wegstap. Ons is nie seker wat die waarde is nie, want soos Chopper se wyse ou toppie altyd tune: "Dit maak nie saak hoe duur drank is nie, dis altyd 'n fokken bargain!"

Die hamper sluit in: 'n "hemergency kit" (ek neem aan jy moet 'hemergency" uitspreek soos die Mexicans hom roep. In fact, begin van voor af lees en lees alles in 'n Mexican-Afrikaanse aksent. Dan is daar ook 'n bottel El Jimador 100% agave tequila, 'n borseltjie vir jou liplapa en so bietjie wax om die outjie te laat shine. O ja, en fake snorre. Jy kan dit seker op jou boude plak. Fok, hier is 'n prentjie van die goed. Dalk verstaan jy nou beter:
el Jimador

So in kort: drie van die hampers is up for grabs. Wat soek ons van jou af?
Dis mos November en almal is in elk geval besig om hare wild op hulle bolippe te groei. Jy is mos 'n fokken snaaksie. Stuur vir ons 'n foto van jou snor se progress (griffin@watkykjy.co.za) om 'n kans te staan om te wen.

Ons sal volgende Vrydag teen duiktyd drie wenners kies en die foto's op Watkykjy gooi.

Chicks, julle kan natuurlik ook inskryf – dis mos nie net die manne wat tequila kan kap nie. Ons weet julle kan net so lekker bybly. Julle kan so effens kroek en foto's instuur van snorre wat julleself op julle bakkies teken, verf of plak. Maar wees gewaarsku, liewe skonere geslag: as jy 'n actual snor het op jou bolip, moet asseblief om vadersnaam eerder fokken niks instuur nie. Hou dit vir jouself…

Hierdie post is 30 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 529,479 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinScore met jou snor! Wen El Jimador.

Gooi Comment