Mieliepop 2013. Jy kon dans. As jy wou.

In Watkykjy Reviews deur Watkykertjie bydrae1 Eiertjies

Big H het bietjie vir ons gaan kokkenodge wat hierdie jaar aangegaan het by Mieliepop. Hy't ook sommer 'n hele paar piele pertrette geneem van die event ook…


Imagine 'n music festival by een van die mooiste plekke in die land, waar 'n mens langs 'n lieflike dam op uitgestrekte groen grasperke kan kamp. Imagine 'n music festival met genoeg skoon toilette en storte, lekker kos, en nie te veel mense nie. Imagine 'n music festival met 'n killer line-up en 'n dansvloer in 'n befokte, cool grot. Imagine 'n music festival soos dié, minder as drie ure se ry van Pretoria af…

Imagine? Fok imagine man! Dit bestaan!

Nadat ek laasjaar vir die eerste keer by Mieliepop was, en al hierdie goed ervaar het, het ek myself belowe dat ek elke jaar soontoe sal gaan. Ek moet egter erken dat ek nie gedink het dat hierdie jaar se derde uitgawe van Mieliepop lekkerder as laasjaar s'n kan wees nie, maar fok my, was ek verkeerd! Dit was nóg beter en nóg lekkerder en ek sal volgende jaar weer daar wees. Watch my.

Die naweek se line-up was lekker en het perfek by die vibe gepas. Ou staatmakers soos Albert Meintjies, Albert Frost en Riders From The Storm (met Nathan Smith, Piet Botha, Mel Botes, Mauritz Lotz, Valiant Swart en, weereens, Albert Frost) het kick-ass vertonings gelewer.  Shotgun Tori het weer gewys hoekom sy een van die mees underrated stemme in Suid-Afrikaanse musiek is, en ek dink nie Naming James het al ooit 'n kak show in sy lewe gehad nie. Die Radio Kalahari Orkes was vir vir my 'n eye-opener gewees, want daai manne (en een chick) weet hoe om 'n show te gooi.

Verder het bands soos Crystal Park, Andra, Some Grow Young, Aidan Martin, Mrs. B, The Smoking Mojos, December Streets, Kinky Robot en Die See die naweek perfek afgerond. Shawn Philips het gewys dat hy op 70-jarige ouderdom en ongeveer 50 jaar in die musiekbedryf nog lank nie reg is om op te hou nie , want daai oom mag maar fokken kitaar speel. O ja, en special mention moet gaan aan beide die lede van The Faradays. Hulle met mekaar laasjaar by Mieliepop 2012 randomly ontmoet, die jaar teruggekom as 'n paartjie én 'n band, en sommer die naweek verloof geraak. Dis defnitief 'n storie wat hulle eendag vir hulle kleinkinders kan vertel. Mieliepop magic op sy beste.

Ek dink nie enigiemand het regtig geweet wat om van Men Without Hats, die naweek se groot international act, te verwag nie. Ek bedoel, The Safety Dance het in 1983 uitgekom, en Pop Goes The World in 1987, toe meeste van die mense in die gehoor nog op skool was of in pappa se balsak rondgeswem het.  Die foutlose synth pop waarmee Men Without Hats egter vorendag gekom het was so "infectious" dat almal die befokste tyd ooit gehad het. Dit was pure, unadulterated, electronic fun op sy heel beste, en ek is baie bly ek kon dit met my eie oë sien en met my eie ore hoor.

By elke musiekfees is daar 'n verassing. Daai band wat jy nie ken nie wat die kak uit jou uit impress, of daai band wat jy nie beplan het om te sien nie en dan is jy na die tyd baie bly jy het. Die jaar se Mieliepop verassing was 'n band met die naam van Pangaea. Dit was laat Sondagmiddag en ek was al klaar gepak en oppad huistoe toe hulle begin speel het, en ek moes eers die hele set klaarkyk want dit was eenvoudig net befok.

In kort, dit was 'n naweek van goeie tye en goeie musiek. Mieliepop 2014? Ek is daar pappie.

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeMieliepop 2013. Jy kon dans. As jy wou.

    Comments

    1. blikbrein2000

      jirre ek moet ophou imagine en n mission pull sweintoe

    Gooi Comment