“Long distance information, give me Memphis Tennessee” – ons volgende leg in die USA trip

In Travel deur griffinRek jou bek

Ons het uiteindelik die twee Ford 6.8L Super-Duty V10 SOHC Triton engines se neuse weg gepunt van Lynchburg af, Tennessee se rigting toe en ons pad na Las Vegas (sowat 2000 myl weg) begin vind. Die eerste stop was iewers in Alabama om die RVs met petties op te top en so paar persentjies vir ons lewers te koop vir die lang pad vorentoe. Bier. Sommer so by die fokken garage. Daarna het ons in Mississippi ankers gegooi om Walmart uit te check (ook maar fokol gewoond) en om Halloween kakkies by die Dollar Tree te koop. Soos jy van die naam kan aflei kos alles $1. Basically soos ‘n poescheap Checkers, net met meer variety en goedkoper stuff om jou zak op te verkwansel.

Weirdly enough het ons onsself weer in Tennessee bevind laat die aand omdat die state lines nogal weird is in daai area. Graceland RV Park. Elvis se hood. Sommer in Elvis Presley Boulevard. Die ouens fok nie rond nie. En die plek is fokken goed ge-organise. Check, RV parks in Amerika laat jou inplug by hulle lektrieksietyd, water en poefpype. Die basic shit. Maar dan is daar ook curio shops op die terrein en fokken next level ablusiegeriewe. Het jy al by Margate se strand se toilets ‘n kak gaan vang? Daai publieke vibes? Dis glad nie soos dit nie. Dis skoon, die storte lyk beter as sommige hotelle in Suid-Afrika s’n en niemand dief jou kak nie. ‘n Skoon area onderdak met skoon stoele, tafels, ‘n braai, ligte, plugs, ‘n wasbak en ‘n microwave was ons kuierplek vir die aand waar ons vir een van die bra’s ‘n klein birthday party gegooi het, kompleet met ‘n R700 birthday cake – Lamerika kan poesduur raak, pellie.

Ons moes gedurende die trip soveel as moontlik gedoen probeer kry op pad na Vegas, so die volgende oggend moes ons gatte roer sodat ons shit gedoen en gesien kon kry. En toe besluit die ouens om vir drie ure rond te fok met ‘n brekfis aanmekaarslaan en skoonmaak na die tyd in plaas daarvan om vinnig ‘n cheap $5 brekfis by iets soos Ihop te gryp sodat ons belangrike goed kon doen soos om Graceland te besoek. Like die binnekant van Graceland te sien. As gevolg van die kak planning het ons maar by die poorte van die Koning se woning gaan staan en soos Jap tourists kiekies geneem. Ek kon my poeshare met ‘n tweazer uittrek…

All was not lost, want mens kan redelik baie sight seeing indruk in ‘n dag en dis wat ons gedoen het. Daar is ‘n next level toer gedoen deur Sun Studios – die plek waar Elvis Presley vir die eerste keer in sy lewe record is. Daar is ook baie zak daar geblaas op guitar pics, tops, shirts en even ‘n milkshake en ‘n bier. Die chick wat die toer deur Sun gedoen het was verskriklik entoesiasties oor haar werk en my brein wou bars van al die info. Aan die einde kon ons foto’s neem met Elvis se actual microphone – die Shure S55.

Daarna was dit weer tyd vir bier en ons het die strate gevat – Beale Street maak alles in Memphis next level. As jy een van daai mense is wat skiem Hatfield Square of Long Street is lekker, sal jy jouself bekak as jy in Beale Street uithang. Daar is oneindig baie plekke ingepak in die 1.8 myl stretch. Die plek ooze van die blues, musiek, vreetplekke, drinkgate en shops. You fokken name it. By Hard Rock Cafe het ons tequila (poesgroot shots) en bier geklap. By Coyote Ugly (met kakbaie chicks se bra’s teen die dak en mure) het ons snotdronk geraak, en van mechanical bulls afgebliksem. Daar was ‘n Irish bar waarvan die naam vergete geraak het. Die laataand munchies is uitgesort waar twee van ons ‘n wildvreemde Amerikaanse couple sommer vir dinner ge-stick het en gumbo getand het (probeer dit as jy ooit die kans kry).

‘n Propvol dag wat aand geword het en geeindig het met foto’s saam met Memphis PD se manne in blou. Mens vra net. Vra is vry in Amerika.

Hierdie leg van die trip:  371 myl (597km)

Ons roete van hierdie leg se kaart:

View Larger Map

So paar kiekies:

griffin“Long distance information, give me Memphis Tennessee” – ons volgende leg in die USA trip

Gooi Comment