Woorde: Annie Kekkelbek
Foto's: Weed Eater
Die reuk van petrol en clutch en stof bots met my Edgars-parfuum en ek wonder wat de hel ek hier doen. Voor my is ʼn diff groter as die van daai sexy Unimog-lorrie by die ingang in jeans twee sizes te klein besig om teen die grondwal op te kruip. Sy trap rooi grondstortings los en ek koes vir die klonte wat my kant toe rol en dan is sy uiteindelik bo.
Ek kan sien dat sy moerse opgewonde is oor wat ookal aan die anderkant van daardie wal so ʼn onaardse lawaai maak. Haar hande vlieg na haar ample boesem en dan na haar mond en dan na haar kop en dan hoor ek die “rotary” enjin skree.
My French manicured naels grou in die grondwal omdat my designer stewels se hakke nie in die donnerse los grond vastrapplek kan kry nie. Vir elke tree wat ek vorentoe gee sak ek twee terug terwyl die diff op die wal ballistic raak van opgewondenheid. En dan voel ek ʼn hand op my gat en ʼn stoot en is ek bo.
My eie ample-genoeg tieties val teen die tyd by my sexy-stywe-wit (maar nou vaal) t-shirt se hals uit en my sonbril hang skeef op my kop, maar dit maak nie saak nie, want niemand kyk vir my nie. Hulle kyk na ʼn “kar” wat hoog teen die vaal lug hang voor dit amper soos in slow-motion kant toe kantel en met twee rolle in ʼn boom tot stilstand kom.
En ek staan ook met my hande voor my mond.
Ek is by die laaste byeenkoms van hierdie jaar se X-Track Racing Challenge. Hulle webwerf beskryf dit as “extreme 4×4 obstacle racing events”. Om my is voertuie in verskillende klasse besig om skrikwekkende obstacles te probeer tem. Die klas wat nou teen die loodregte wal probeer opry is die Super Modified klas wat beteken dat hulle enige modifikasies aan hulle voertuie mag aanbring. Hierdie modifikasies sluit gewoonlik goed in soos suspension, tyres, diff-locks, plastic-surgery aan bakwerk, rear-wheel steering en roll-cages in.
Mev Diff se metgesel staan nader om te kyk hoe hulle die kar uit die boom haal. Terwyl hy kyk hoe hulle recovery straps vasmaak en die regte hoek waarteen die ding gesleep moet word uitwerk, kyk ek na hom. Sy t-hemp is agter sy pt-broek ingesteek (vermoedelik omdat dit hondwarm is) – dit hang soos ʼn stert bo sy plumbers-crack en hy is kaalvoet. Ek wens vir ʼn kouefront, maar vermoed dat my oë reeds beskadig is en fokus maar op iets anders. Aan die anderkant van die wal waarop ek nou sommer plat sit (Paulina sal maar bietjie elbow-grease moet insit Maandag) is die street-legal locker klas met ʼn time-trail besig. Hulle begin met sestig punte en verloor ʼn punt vir elke sekonde wat hulle langer as ʼn minuut vat om die baan te voltooi. Die tyres skree nou wel nie op die grond soos Burt Reynolds dit altyd in die movies kon regkry nie, maar hulle maak ʼn moerse lawaai en nog moerser stof en selfs my adrenalien pomp so bietjie wanneer hulle verbyjaag.
Die challenge bestaan uit agt byeenkomste waarvan baie in en om Gauteng plaasvind. En ten spyte van my stemtoon is dit eintlik nie so bad nie. Dis dikwels selfs opwindend. Mens moet net reg kyk. Daardie voertuie is engineering masterpieces waarvan sommige honderde duisende rand kos. Binne-in die vuil overalls en kapsel-vernietigende helmette is mans (en vroue) wat dinge met daardie voertuie doen wat baie stupid lyk, maar eintlik baie skill wys. En op die heel minste is sommige van hulle Bar One-sexy (25 hour, rugged man and all that). En as daai nie genoeg is nie, is ek ook soms daar. En my bootse is wel vol stof, maar hulle is hoog, en my jeans sit styf-styf en my tieties val amper-amper uit en ek is die doll van testeroon-valley – waar al daai boggerol tel.
Watkykjy staan op 3,074,304 post views in totaal sedert 1 November, 2019.