Watkykjy nuus round-up. Week 42. Met tiete.

Man skiet per ongeluk persoon wat op toilet sit
Nou ja, ons maak op vir verlede week se gebrek aan ‘n nuus roundup (“babelaas” is nie ‘n sterk genoeg woord nie. Ek’t vanoggend eers uitgevind dit was nie net ‘n residuele kak-shots-en-te-veel-sigarette smaak nie, daar was actually ‘n fokken dooie hond in my mond. Jirre. Lang storie. As jy hier lees, jammer, Babette. Ek sal petrol betaal dat jy Poepsie se halfverteerde lyk by die pound kan gaan probeer inruil.)
 
So ons keer terug met ‘n storie wat dalk effe bekend klink. Nee, dis nie daai storie van ‘n sekere paralimpiese playboy nie, hoewel dit moontlik daardeur geïnspireer is. “Based on a true story!” het hierdie betrokke Noorweegse jagter moontlik geskree toe hy ‘n bra geskiet het wat in die kakhuis van ‘n nabygeleë cabin gesit het.
 
Wat gebeur het, is dat die jagter na ‘n eland gekorrel het en toe per abuis in die rigting van die tweede ou se private eiland geskiet het. Die koeël is dwarsdeur die cabin se houtmuur en die tweede ou, in sy sewentigs, is in die maag getref. Hy’s na ‘n hospitaal gechopper en is blykbaar orraait. Miskien selfs dankbaar, wie weet hoe lank hy daai moerse drol probeer uitdruk het voor die koeël ‘n alternatiewe tonnel geskep het. – Msn.com
 
Dogter wil op man cheat, maak per ongeluk seksdate met skoonpa
Hierdie klink soos een van daai urban legends wat mense aan mekaar versprei … amper so ‘n Boksburg-weergawe van Antjie Somers. Antjie sou mos kwansuis stout kinders ontvoer en shit. Hierdie een gaan meer: “Moenie jou squeeze verneuk nie, netnou naai jy per ongeluk sy pa.”
 
Wel, ‘n vrou van die Heilongjiang-provinsie in China het dié effense faux pas net-net gesystap nadat sy op die webz ‘n verhouding met ‘n interessante kêrel aangeknoop het … sonder om te besef dis haar skoonpa. Sien, albei het natuurlik fake name en fake foto’s gebruik – die skoonpa het sommer ‘n ou army tjommie wat hy reken sexier as hy is (nice self-esteem daar, weird Chinese oom) se foto gebruik.
 
Maar hier’s die fokken kicker: die vrou se man (die oom se seun) het snuf in die neus gekry toe sy vrou wie-weet-watse verskoning opgemaak het (“Tata liefie, ek gaan … uhm, jou nou … verneuk … met ‘n ouer internet-man … fok, ek’s kak hiermee. Winkel! Winkel, ek gaan winkel toe! Jissis! Okay, baai. Tralalalalala”) en haar agtervolg toe sy by die huis uit is. Hy’t buite die hotel gesit en kyk hoe sy vrou by een kamer ingaan, ‘n pienk japon aantrek en by ‘n ander kamer gaan aanklop. Toe sy pa die deur van die ander kamer oopmaak, het hy heel verstaanbaar sy shit verloor, by die hotel ingestorm en hulle albei aangeval.
 
Kersfees is om die draai. Dink net hoe lekker gaan daai wees vir ‘n familiebyeenkoms. Hmm-hmmm. Lag lag lag. Joligheid en God’s rykste seën vir almal. Behalwe vir jou, pa. En jou, liefie. Fok julle. Die ander kan julle God’s rykste seën kry. Julle kry poes-all van God’s rykste seën. – Daily Star
 
Held red bier uit brandende huis
Walter Serpit van Georgia, Amerika, is ‘n held in die ware sin van die woord. Ondanks die feit dat hy met ‘n kierie loop het hy onlangs tydens ‘n brand by ‘n huis sy lewe op die spel geplaas om sy grootste liefde uit die vlamme te red.
 
Ses volwassenes en twee jong kinders het gesit en TV kyk in die huis toe ‘n fuckload rook ewe skielik die sitkamer begin inborrel het. Hulle het volgens ‘n ongeïdentifiseerde bron wat nie bestaan nie kollektief in hul broeke gepis, gedink dit sou die vuur wat seker maar in hul lende ontstaan het (vermoedelik was daar ‘n Kathy Bates-fliek op TV. Een van daai’s waarin sy tepels wys) blus en het verder gechill. Toe die rook aanhou borrel, het hulle maar opgestaan en gevlug.
 
Dit is onseker wat tot die brand by dié huis in Colombus gelei het, maar die inwoners blameer ‘n nuwe waterverhitter wat ingesit is.
 
Toe die onbelangrike besluite wat mens soms in paniek neem, soos om seker te maak die kinders is veilig, afgehandel is, het Serpit sy bors uitgestoot en tot daad oorgegaan. Op heldhaftige wyse het hy die brandende huis binnegestorm en, waarskynlik in dramatiese slow motion, teruggekeer met dit wat hy wou gaan red – ‘n paar blikkies bier.
 
Ja, kyk, as jou fokken huis afbrand is die beste ding wat jy kan doen seker maar om jou skouers op te trek, ‘n bier oop te knak en te hoop op ‘n naderende blowjob. Want, karma. -   wtvm.com
 
En ‘n bietjie musiek …
Okay, so ons probeer die gebruiklike kak Afrikaanse musiek afwissel met iets … uh, interessants. Jy weet Afrikaans kom soortvan van Nederlands af? Nie? Jirre. Daar leer jy nou iets.
 
Hier’s bietjie leermateriaal om te onthou – die juffrou se tiete is okay.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Wat is nuus?. Bookmark the permalink. Trackbacks are closed, but you can post a comment.

4 Comments

  1. Arno AKA Dude
    Posted October 30, 2013 at 3:40 pm | Permalink

    Nee kyk sonder die klank lyk dit darem nie kak nie, ek is eintlik bang om die klank aan te sit.

  2. #1Pisscat
    Posted October 30, 2013 at 4:40 pm | Permalink

    Haar tietje is OK !  Befok is eerder zyn woord wat ich soeken !!! yaaman !

  3. Hol Klont
    Posted October 30, 2013 at 7:27 pm | Permalink

    Toon je dat zef geen grenzen kennen, maar fok terrug naar het punt, haar tieten zijn fucking OK! TIETE!!!!!!!!!!!!!

  4. Gemaskerde Sopbeen
    Posted October 30, 2013 at 10:49 pm | Permalink

    Wat de fok? Wie skryf sulke kak? En hoekom?

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong> <font color="" face="" size=""> <span style="">