Watkykjy nuus round-up. Week 41. Kaalgatte en krimpies.

In Wat is nuus? deur Vent VenterRek jou bek

Sif krimpie in hegtenis ná voorval by drive through
Dis gewoonlik ‘n goeie idee om jou hande te was ná jy fast food gevreet het – veral as jy ‘n belangrike aktiwiteit het om met jou hande te doen. Soos byvoorbeeld voëlhuisbou. Ja, ons bedoel draadrek.

As jy nie saamstem nie, is jou naam moontlik Steve Orville Clemons (69). Hy het in Wildwood, Australië, sonder ‘n broek aan bietjie deur die strate gery en besluit om vir hom McDonald’s te kry, soos ‘n mens maar maak wanneer jy kaalbas in jou kar rondry. Steve het egter daar in die ry by die drive through, ons aanvaar maar weens daai sexy prentjies teen die borde van tjips en cheese burgers, bietjie jags geraak en bietjie bladgeskud met Steve junior. Nou, teen hierdie tyd was die olie aan sy hande natuurlik nog net denkbeeldig, maar Steve het ‘n ander plan gehad – wie se hande is die lekker vuilste daar by McDonald’s? Aha – die persoon by die venstertjie wat met die kos én die kleingeld te doen kry, natuurlik!

Jy weet waarskynlik nou waarheen hierdie op pad is. Steve het al masturberend opgery tot by die venstertjie waar die vrou sy kleingeld vir hom moes gee. Toe sy dit wou doen, het hy haar probeer paai om “bietjie MY junior cheeseburger toe te vou in haar kartonsakhand en MY kleingeld te klingel” (aanhaling onbetroubaar). Toe sy ongelooflik genoeg nie ingestem het nie, het Steve die volgende stap in die flankeringsproses getrou gevolg – hy’t haar hand gegryp en haar by sy kar probeer intrek. Sy’t teruggedeins, die venstertjie toegemaak en die cops gebel, waarop Steve stap 3 van enige suksesvolle eerste date gevolg het: Ry die fok weg, hoop sy sal jou nooit herken nie en kyk uit vir die cops.

Ongelukkig vir Steve het die cops hom by ‘n petrolstasie vasgetrek. Volgens bronne wat nie bestaan nie het trane oor sy wange gerol terwyl hy die verte in getuur en sagkens gefluister het: “I’m lovin’ it …” – News.com.au

Ouers die moer in ná hul uitvind kakwarm onderwyseres was ‘n playboy model
Ah, die sexy juffrou. Vir party van ons wat ons puberteit in seunskole moes spandeer, was dit een van die één dinge waarvoor jy werklik dankie gesê het tydens oggendgodsdiens. Dankie dat daar darem twee regte, egte tiete in my lewe is, liewe Jesus. Al beteken dit nou ek gaan Lewensoriëntering fokken dop.

So dankbaar soos seuns hiervoor is, is ouers in die algemeen minder beïndruk … spesifiek wanneer dit uitkom ‘n hot Spaans-onderwyseres was voorheen ‘n Playboy-model en haar foto’s is maklik op die web bekombaar (hiehie).

Dit is wat gebeur het met juffrou Cristy Nicole Deweese (21) van die Townview Magnet High School in Dallas, Texas. Toe Cristy 18 was, het sy in ‘n paar Playboy-foto’s verskyn. Hier’s ‘n foto … want ons moet volledig ingelig wees oor hierdie sake voor ons bordeel … oortepel … oorteel … fok! OORDEEL! OORDEEL!
christy nicole deweese
So, die ouers van Townview Magnet is bietjie ontsteld hieroor en reken sy stel ‘n slegte voorbeeld vir die meisies in die skool en die seuntjies gaan nou nie juis aandag gee in hul Spaanse klasse nie. Die skoolraad trek egter hul skouers op en sê sy was nie ten tyde van die shoot in diens van die skool nie. Goeie werk, skoolraad – moet sê, aangesien dit in Texas is sou ‘n mens verwag dat sy teen hierdie tyd op ‘n brandstapel sou wees. En met brandstapel bedoel ons … fok, gaan maar met watookal nou in jou kop gebeur. Jy lees in elk geval nie meer hier nie. Jy dink net aan Cristy. ¿qué estás mirando? Coño!  – Daily Mail

Totterman wys op skerm in Tsjeggiese nuusbulletin
Ons het nou al (met volle reg en redelikheid) heelwat kak gehap na die nuwe Gupta-Zuma-nuuskanaal aka ANN7, maar hierdie het darem nog nie met hulle gebeur (sover ons weet) nie, hoewel dit seker net ‘n kwessie van tyd is.

Ceskatelevize is actually ‘n gerespekteerde uitsaaier in die Tsjeggiese republiek. Onlangs op hul vieruur-nuusbulletin was daar egter bietjie van ‘n cock-up – terwyl aanbieder Daniel Takac die nuus gelees het, het ‘n piel op ‘n skerm net agter sy kop vertoon. Ons is nie seker wat hy hier lees nie, maar miskien was dit juis ‘n storie oor Zuma, in welke geval dit nie regtig so vreemd is nie … veral aangesien die foto haastig vervang is met ‘n foto van ‘n vegetable:

Heelwat verwarde kykers het natuurlik gekla hieroor en die TV-stasie het gesê die foto was eintlik deel van ‘n dokumentêr en dat hulle bloot ‘n stupid fout gemaak het deur die ding daar agter op die skerm te hê.

Nou ja, daar het jy dit. Wanneer jy weer poesdronk voor jou eks se huis “My heart will go on” sing terwyl jy tussen die versies helikoptergeluide maak en jou voël in konsentriese sirkels rondswaai, tune net dis deel van ‘n documentary. Dit maak als okay. – The Mirror

Vir almal wat Rocking the Daisies / In the City gemis het …
Raait, heelwat van julle het gekla oor ons julle so gestraf het met Karin se video verlede week. So hier’s iets ordentliks – fokkit, hoe hot was The Hives nie by RTD / ITC nie! Hier’s ‘n video van hulle by Reading verlede jaar – selle vibes. My moer, dis lekker. Hoop ons is nou okay, almal.

Deel met jou tjommies!

    Vent VenterWatkykjy nuus round-up. Week 41. Kaalgatte en krimpies.

    Gooi Comment