Watkykjy nuus round-up. Week 40.

In Wat is nuus? deur Vent Venter16 Eiertjies

Superheroes maak 'n effense verskil

Dis superhero maand op Mnet en hulle het mense gevra watse verskil superheroes kon maak. Hulle het toe so paar van daai idees gaan uitvoer.

Trein trap naaiende paartjie
Kyk, buitelugseks is meestal ‘n goeie idee, maar jy moet gewoonlik ook ‘n bietjie beplan. Jy wil byvoorbeeld nie graag op die strand spontaan in ‘n zabersessie verval nie. Daai sandkorrels kom op ongemaklike plekke in, pappie. Vat net ‘n handoek of ‘n laken saam, of doen dit bo-op ‘n pas uitgespoelde walvis wat nog spartel om die lewe. Jy’s nie Greenpeace nie, dis nie jou werk om die ding te help nie. Jy’s net ‘n jagse poes met ‘n nog jagser cherrie aan die sy. Fok walvisse en hul jy-dink-ek’s-‘n-vis-maar-ek’s-‘n-soogdier-so-fok-jou-attitude. Poeste. 
 
Sien, logika oorwin alles. ‘n Slegte idee is byvoorbeeld om te doen wat ‘n middeljarig-rige paartjie van Die Oekraïne nou die dag gedoen het – op pad huis toe het hulle besluit om bietjie op die treinspoor te gaan stamp, blykbaar in ‘n poging om hul liefdesvuur aan die gang te kry met ‘n stukkie waagmoedigheid.
 
Wel, dit het so sleg geëindig soos enige potjie seks moontlik kan. ‘n Lokomotief het, soos lokomotiewe maar maak, aangekom op die spoor en die vrou doodgery. Die man is ook getref, het sy bene verloor en is in die hospitaal.
 
Volgens sommige bronne was die paartjie effe gekletter tydens die besluitneming en die uitvoering van die daad. Daar’sy. Wat het Hemmingway gesê – write drunk, edit sober? Pas hom bietjie aan vir buitelugseks, Watkykertjies. Beplan nugter, naai dronk. Of naai nugter, nes jy wil, ons is nie meer jou fokken terapeut nie. Sterkte met daai nagmerries oor Hendrik Verwoerd en sy weermag cheese curls, by the way.  – Rianovosti
 
Holsmokkelaars gebust (oor hulle fucked-up loop)
Vinnig – as jy iets by ‘n lughawe moet smokkel (heroïen, coke, ‘n skaars poedelspesie), hoe sal jy dit doen?
 
Die meeste van julle sou sê in jou hol. Eerstens omdat julle almal fokken weird is, en tweedens omdat die movies ons leer dis die beste manier. Want airport security check nie jou hol nie, want holcheck is mos vir homo’s en airport security is die manlikste fokken beroep in die geskiedenis van alles. Braveheart lyk soos ‘n fokken Sandton-hairdresser vergeleke met airport security!
 
Dis natuurlik als kak (wat hopelik nie meng met jou waardevolle smokkelware nie) … soos ‘n paar ouens uitgevind het wat goud in holle probeer smokkel het by ‘n lughawe in Sri Lanka voor hulle op ‘n vlug na Moembaai sou klim. Die mooiste ding van hierdie storie is dat die airport security nie eens metaalverklikkers of honde nodig gehad het nie – die ouens het, weens die goud in hul holle, só ongemaklik gestap dat hulle van ver af raakgesien kon word. Volgens die cops het sewe mans elkeen 10 stukke goud van sowat 100 gram elk in hul rektums gehad.
Die goud was so net ‘n raps oor die miljoen rand werd, so dis ‘n redelike groot vangs.
 
Ons by Watkykjy het Emsie Schoeman se boeke deeglik deursoek vir hoe om ordentlik te stap met goud in jou rektum, maar kon niks vind nie. Nog ‘n gaping in ons (en, blykbaar, Sri Lankane) se opvoeding. Fok! – News.com.au
 
Dude hijack ambulans (met pasiënt steeds binne-in)
Hey, was daar nie iets oor Grand Theft Auto V in verlede week se roundup nie? Wel, sedertdien het die uwe Vent Venter bietjie die game uitgecheck en, shit you not, een van die grootste kicks was om ‘n ambulans te hijack en daarmee deur die strate te jaag. Komaan – jy ry ‘n ambulans met sirenes terwyl jy voetgangers afmaai en die cops dodge. Wat wil jy meer hê?
 
Brian Timothy Kada Jr. reken blykbaar ook so, maar dis nie bekend of hy bekend is met die game nie. Hy klap dit sommer real-life. Sien, Brian het in ‘n verkeersknoop in Philadelphia, Amerika, vasgesit en het blykbaar gatvol vir die gewag geraak. Hy’t uit sy taxi geklim en na ‘n ambulans gedraf, sy geweer op die bestuurder gerig en ingeklim. Twee medics en ‘n pasiënt was ook in die ambulans … op pad na ‘n hospitaal. Die dapper medics, wat enigiets sal doen om ‘n pasiënt se lewe te beskerm, het die fok uit die ambulans gespring en gevlug. Kada het die ambulans op die besige pad se skouer bestuur, weer verveeld geraak en toe ander voertuie begin nader. Die cops het opgedaag en hom gegaps.
 
Niemand is beseer nie. Net ego’s. Ego’s het baie seergekry. –  www.philly.com
 
En nou, om jou week op te fok …
Heitou, Afrikaanse popmusiek is lekker! Jy hoef nie eens meer ‘n studio te kry om jou fokken kak liedjie op te neem nie, klap daai ding sommer op ‘n karaoke mic. Nootvastheid? Fok daai volksvreemde kak!
 
Dames en here, ons bied aan u: Karin.

Vent VenterWatkykjy nuus round-up. Week 40.

Comments

  1. Russiese Wolscooter

    Daar's 22 (dis reg, twee-en-twintig) van die fokken goed op Karin se kanaal.  Daar is 'n hel.

  2. Drinkwater

    Wanneer het Bruce Wayne se gelaats skakeuring so verdonker? En o my suster in Brits, kan iemand net asb 'n kurkprop in Karin se snoet stop.

  3. eDs

    Seriously kanie glo julle sit sulke kak op WKJ nie. Ek dog jy hou van ons griffin!

  4. marius

    Sy sing so deur haar neus dat jy haar mond kan toe druk dan klink dit nogsteeds dieselfde.

  5. #1Pisscat

    1 minuut en 49 fokken sekondes, was AL wat ek kon fokken vat…. toe kots ek ampers! !
     
    Sy moet eerder gaan probeer om 'n paal danseres of iets soos daai te word . . .  sing is nie haar ding nie… FOK !

  6. Jagse Karel

    Wat my verbaas is dat Karin na die recording na die video kyk en dink, "ek wil dit met die wereld deel".

  7. busak

    Goeie fok… Daai vrou is absoluut kens.. Hoe de fok dink enige persoon dis ‘n goeie idee om iets soos dit op die interwebs te laai? Sy’s simpel om te dink mense (soos ek) gaan nie die zef wit kak uit haar uit mok nie.

  8. Boerseun

    Fok ek is bly ek is nie daai Karin tert se fokkin bure nie, Ek sal fokkin simpel raak en mense begin moor!!

  9. Oom Uncle

    Thanks vir die links .. nou is daar 'n moerse stuk van my saterdag oggend weg..sal dit noot weer trugkry  nie.. pyn my brein..

  10. CASPOESTIRTJIE

    ons word virmaak deur poesies met meer self virtroui as talent….. KOBUS

Gooi Comment