Vodacom In The City. Maar nie sommer enige city nie: Johannesbûrre my bra!

In Watkykjy Reviews deur Watkykertjie bydrae1 Eiertjies

Woorde en foto’s  deur Ingrid Swart


Nou kyk, ek woon in Snor City en ek graft in Centuriana, so om Jozi toe te karring vir ‘n paartie is at least sewe dagreise te perd in my kop. En wat goed verder befok is al die pote wat hulle handjies Joods staan en vryf in die vyftien roadblocks al die pad huistoe. Maar dan, wanneer ek eventually my kak stop en my huis in Mootstraat verlaat om die border te jump Goudstad toe, dan raak ek sommer jags en jeukerig as ek die afdraai Empireweg toe slaan!

Twintig jaar terug wou geen internasionale band in Suid Afrika kom speel nie – sanksies en rassisme en holruggryde derde-wêreld-80’s-vibes. En nou met die hulp van groot musiekfeeste wat oorals op-pop en sponsors met lekker baie zak om na die probleem toe te gooi, speel Mary Fitzgerald Square toe aan die begin van Oktober gasheer vir een van die befokste line-ups wat ek in ‘n lang tyd op eie bodem te siene gekry het: Skunk Anansie, The Hives, Alt-J, Boys Noize en local Slaapstad rock stars, Al Bairre.

Ek rave nie sommer oor ‘n festival nie maar hierdie een was anders. Alles was befok. Die sound was amazing, die beligting was uitstekend (veral as jy ‘n trigger-happy-kamera-vingertjie soos ek het), die biertent was massive en het pretty much 360˚ in al die windrigtings bedien en ek moes nooit vir langer as twee minute wag vir my dop nie. Geen stupid kaartsisteem nie want let’s face it, money talks, my lanie! En die toilets was gesplit in mans en dames, so die queues was minimaal en daar was geen dronkgatte wat die chicks se toilet seats kon lace met spuitie ontploffings nie.

Al Bairre het die show afgeskop en man, oh man, het hulle hulle harte uitgespeel! Hulle sound herinner my aan Vampire Weekend, so as jy van Indie hou en iets nice, nuuts en local soek om te support – Al Bairre is my aanbeveling.
Al Bairre-1
Volgende op die lys was Britse groep Alt-J. Miskien nie almal se koppie tee nie en verseker nie een van die lewendigste acts wat ek nou al aanskou het nie maar hands down een van my gunsteling bands op die oomblik. Ek dog dis net ek en ‘n paar vriende wat daarna luister maar groot was my verbasing toe ek sien die chicks in die voorste rye van die crowd het almal driehoeke op hul polse geteken. Vir die wat nie weet nie, die misterie agter die band se naam is dit: As mens jou ‘Alt’ knoppie en die letter ‘J’ op ‘n Mac se keyboard saam inhou dan maak dit ‘n driehoek. Gaan probeer maar self, dit lyk so: ∆

En blykbaar is daai driehoek in wiskunde se naam Delta en Delta beteken “verandering” (of moerse groot rivier mond, afhangende van of jy Wiskunde of Aardrykskunde as hoofvak in Matriek gehad het). Either way, dis diep shit my bru, diep shit.
Alt J-1
Toe klim The Hives op die stage en… O, my suster in fokken Brits in! Daai ouens het losgemaak!! Frontman, Pelle Almqvist (nee, ek weet ook nie hoe om Sweeds te praat nie) het soos ‘n malkop jumping jack tekere gegaan op daai stage – soveel so, dat hy sy broek se naat van voor tot agter oopgeskeur het. Een van sy stage ninja’s bring toe maar ‘n rolletjie swart gaffer tape, en bob’s your uncle, the show goes on.
The Hives-1
En net toe ek dink dis nie moontlik om lekkerder te kry nie, hol Skin van Skunk Anansie op die stage uit. Nou ek weet nie presies hoe oud sy is nie en mens vra anyways mos nie ‘n dame se ouderdom nie maar ek het op skool reeds na Skunk Anansie geluister en dit was many moons ago, so ek vermoed sy trek reeds aan die verkeerde kant van 40. Maar my goedige fok – hats off to that woman! Behalwe dat sy en haar goue Dr.Martin’s op die stage ass gekick het en sy fisies bo-op die skare se hande geloop het (for realz, gaan check die kiekie!), het sy toe voortgegaan om van voor by die verhoog tot agter by die klanktafel deur die mense te stap, en toe al die pad weer terug te crowd surf! En dis nou alles terwyl sy gou nog die liedjie klaarsing…
Skunk Anansie-1
In my dag des lewens het ek nog nie so goeie live performance gesien nie, en ek’s nou nie exactly meer ‘n rookie as dit by bands kyk kom nie. Thanks Seed Experiences, ek was aangenaam verbaas en die hele storie proe vir my soos NOG! Sien julle verseker volgende jaar weer… ek span solank my perd in.

Hier is ‘n slideshow van die res van aand:


Gaan check ook haar Facebook page uit vir nog live music fotografie – https://www.facebook.com/ingridswartphotography
Sy sal ook binnekort haar trip na Lollapalooza toe deel met die Watkykertjies. Dit was blykbaar een poescool party gewees.

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeVodacom In The City. Maar nie sommer enige city nie: Johannesbûrre my bra!

    Comments

    1. Boetie v Kameeldrift

      Hats of Sussie vanni Moot. goeie pics and baie beskrywende insette!!!

    Gooi Comment