So paar grappe. Mostly Oos-Rand.

In Grapgat deur griffin1 Eiertjies

Hoekom drink Brakpanners so baie as hulle na 'n braai toe gaan?
Sodat hulle kinders nie kan ruik hulle het vleis ge-eet as hulle by die huis kom nie!

'n Springs laaitie gaan kuier by sy girl in Brakpan. Die oom tune hom: "Hey, vanaand is al die ligte 10 uur af!" waarop die laaitie hom tune: "Nee sharp Oom! Ek's mos nie hier om fokken boek te lees nie!"

Die ABSA in Springs word beroof en almal is paniekbevange waar hulle op die grond op hulle mae lê met hulle hande agter hulle koppe. Almal behalwe die blonde banktellertjie wat op haar rug lê. In 'n harde fluisterstem trek die bestuurder haar aandag: "Lê op jou maag, my fok! Dis 'n bankroof nie ons jaareindfunksie nie!"

Die Springs ma vat haar dogter dokter toe met blaasinfeksie. Die dokter is in Pretoria so dis nogal 'n moerse outing vir die ma. Hare en naels gedoen, nuwe rok, Cortina gewas en elke ding. Die ma preek heelpad op die N1 Pretoria toe vir die dogter om tog asseblief goeie maniere te hê. By die dokter aangekom vra die dokter die meisie wat fout is.
Sy antwoord: "Nee Oom, my poes brand as ek pis".
Sy kry een verdowende sideways PK so skeef oor die agterkop vanaf haar ma: "Het jy nie maniere nie? Dis nie Oom nie, dis DOKTER!"

In 'n kroeg in Springs is Piet so effens besord oor sy vriend: "Koos hoekom lyk jy so af?"
Koos: "Dis my vrou, sy wil hê ek moet begin betaal vir seks."
Piet: "Nee kak man, sy charge ons ander ouens dan fokol?"

'n Brakpan vrou gaan sien haar pastoor na haar negende baba: "Ek weet nie hoekom word ek so gou swanger nie. Dit moet iets in die lug wees!"
"Ja", sê die pastoor: "dis jou fokke bene!"

Seuntjie vra sy ma: "As binne egtelike kinders deur die ooievaar gebring word, waar kom buite egtelike kinders vandaan?"
Ma antwoord: "Rondloper voëls!"

Seuntjie aan ma: "Ek wil graag 'n boetie hê vir Kersfees!"
Ma: "Daar is te min tyd daarvoor my kind."
Seuntjie: "Maak dan soos Pappa en sit meer manne op die job!!!!!"

'n Krimpie wat op sy dag 'n spietkop was suffer so bietjie van Alzheimer's in Huis Herfsblaar. Daar reël hy ook sommer die verkeer van rolstoele en looprame in die gange en vertrekke. Een oggend vergeet hy om sy broek aan te trek en hy stop 'n tannie in haar rostoel. Toe sy voor hom stop kyk sy so straight in die omie se piel  vas: "Ag jirre, moet ons nou vanmore nog in die pypie blaas ook!"

"Dokter, ek het infeksie!"
"Mevrou, hoeveel keer het jy seks?"
"So een keer 'n maand."
"Mevrou, dit is nie infeksie nie, dis fokken ROES!"

griffinSo paar grappe. Mostly Oos-Rand.

Comments

Gooi Comment