Dear diary – Voor ek Rocking the Daisies to vertrek…

In Snotstories deur Poesklein RuantjieRek jou bek

Dear diary…

Die somer van 2013 het op die Kuipenaars neergedaal. Die raggas is deur SA saterdag op Nuweland gewen en Maandag is die Wes-Kaap gegroet met n hele bek vol sonskyn.  En om dinge nog meer rooskleurig te maak, behalwe heeldag op die beach lê en cocktails suip – dis mos wat almal in Kaap doen ja – is dit die komende naweek Rocking The Daisies 2013. Meeste Kuipenaars is pumped up.

Mens hoor dit oral: “Gan jy RTD toe? Saam met wie gaan jy? Wanneer gaan julle?”  Vir die suurgesigte wat nie gaan nie kom diesefde antwoorde: “Nee fok dit, die bands is gay; Skunk Anansie was 20 jaar terug groot en RTD is net n moerse kapatalistiese brand activation jol; Dis net hipsters kinders tussen 20 en 25.”

Ek het klein bietjie simpatie vir die fokken nay sayers. NAAAAHT! Dit kom van afstel om jou kaartjie te koop. Die goed verkoop uit. Spandeer maar al jou spaargeld en koop n kaartjie ten duurste op Gumtree.co.za. Laasjaar was n befokte jol gewees. Enige jol waar jy kamp, drink en dans is gewoonlik befok. So aan die klomp  wat kaartjies het – geluk, julle vorm deel van die land se jeug wat hulle pitte tussen hulle ore mooi inspan. Sien julle daar.
Die jaar is daar ‘n  streng geen onder 18’s reel. So aan die klein kakmakers wat vir ma lieg en sê hulle gaan  vir die naweek op ‘n tjommie se plaas kamp: Skryf maar RTD op jou maag en  waai baai vir die tjommie met ide lisensie, want hy gaan alleen ry. Die hekke maak al Donderdag hier by lunchtyd oop. As dit jou eerste RTD is stel ek voor hoe vroëer hoe beter. As  jy kans sien vir 3 dae op die grasvlaktes van die Cloof Wine Estate jol, sal jy die traffic vermy en 'n decent kampplek kry. Trust as ek sê camping raak tjop tjop op. Tjop tjop soos 'n paar biere en 'n zol in die parking lot. Try die Vrydag na werk – almal skiet vroeg deur RTD toe om verkeer te vermy. En gepraat van parking lots – jy mag nie by jou kamp park nie. Daar is ‘n moerse designated parking area en jy moet alles site toe dra. Travel light. Probeer ook sonder girls travel. Hulle het altyd sakke vol van die kakste kak wat jy op die einde tente toe moet sleep.

Die ideal is net om geld te vat en net dronk en hoog  en wakker te bly vandat jy daar aankom tot jy weer Sondag waai. Dit werk egter redelik duur uit, sorg vir ‘n babelas waar jy letterlik begin huil en jou vriende mag dalk op jou neerkyk en jou beskou as ‘n junkie. So doen maar wat almal doen en kamp.

‘n Paar  items wat die lewe vergemaklik in die hedonistiese kampterien van sonde is; soveel water as wat jy moontlik kan dra. Sommer drie van die 10l waters wat so op die vloer staan by die koeldrankrakke  van Checkers. Tel sommer vir jou n klomp pakkies Game op terwyl jy in daai section is. Dis daai sachets aanmaak sportskoeldrank wat in vier wilde geurse kom. “ISOTONIC MY BRU” Daai goed doen wonders vir ‘n babelas. Sort jou once uit. Sit jou Game Face weer aan. Onthou net n leë bottel om dit in te meng en moet dit in gods naam nie saam jou drank as 'n mixer gebruik nie. Die lewe vir ‘n gesuipte raak soveel beter as alles waaraan jy die volgende oggend teug nie soos gisteraand se party proe nie.
Moenie kos pak nie. Budget eerder om ten miste twee keer ‘n dag by die stalletjies te eet. Jy mag immers nie braai nie, net gasbraai. So as jy wil swaar dra aan major equipment en kos ensovoorts,  be my guest.  Ek's nie ‘n groot fan van vleisbesmette panne die volgende oggend en nerens om dit te was nie. Harde goed wat nie pap raak nie wat droog bly en nie altyd koud hoef te bly nie werk goed. Naartjies, appels, biltong, chips. As jy 4uur soos n honger draak in jou tent invaar gaan jy n fees hê.

Jy mag ook glad nie jou dop uit die kamp-area neem nie na die stages toe nie. Even jou 500ml Coke (met brannas) word verbied. Pak baie sigarette as jy ‘n roker is. Ek sal nie verbaas wees as daar net een brand soos Piet Blou oor die hele fees te koop is nie. Iets om jou tent meer uit te ken, veral in die donker. Om iets soos  glow sticks of kersliggies aan jou tent vas te noop met cable ties sal vir jou fokken baie rigting gee in die donker tyd van jou lewe as jy besope deur die see van tente try swem.

‘n Ander luxuxry wat jy en jy tjommies in kan invest is cheap selfone. Daai kak swart en wit Nokias wat jy by Pep cell koop vir R150. Sit jou simkaart in, charge om vol en siedaar jy het n walkie talkie met jou tjommmies vir die naweek. Die battery sal jou  heel naweek hou, hulle het altyd fokken sein en as dit breek of  dit raak weg is dit glad nie so bad nie. Daar's min goed so kak as om vir ure lank rond te loop en tjommies te soek as jy in die hordes mense verlore raak.

Al kom RTD voor as ‘n earth loving  en rustige fees met free love en harmony is daar altyd maar skollies orals, so moenie dink jou waardevolle items is veilig in jou tent nie. Los maar liefs die kamera's in jou voertuig. En vat swartsakke. Hou jou kamp skoon. Dit maak die lewe baie meer leefbaar na so twee aande se gejollery. En dis nice van jou.

NS: Dear diary; hierdie entry is verskriklik ge-sugarcoat en soos ek myself ken gaan ek niks van my eie raad volg nie. Ek gaan 10 to 1 al begin jol terwyl ons die karre pak (ek bestuur mos nie).
Groot gees.

Poesklein RuantjieDear diary – Voor ek Rocking the Daisies to vertrek…

Gooi Comment