Dear Diary. Rocking the Daisies was kaklekker.

In Snotstories deur Poesklein Ruantjie5 Eiertjies

Foto's deur Image Engineer & Henry Engelbrecht


Dis Vrydag en ek sukkel om tent op te slaan. Daars nie plek nie. Dis te styf. Die voorafgespreekte reëlings met vriende om staanplek te hou word nou met glow sticks op ons mage geskryf. Vroeg kom oftewel, vroëer kom, sou almal in die geval baie bly gemaak het. Anyway, tent op, sommer so ingedruk waarokal ons 'n gat kon kry en ons skop Rocking The Daies 2013 af met die geknak van ‘n blikkie bier. Ja, sadly 'n blikkie, want jy mag ongelukkig nie met glas speel nie. Ons is mos nie oud genoeg nie.

Dis laatmiddag en die bands wat ek wou sien soos Beach Party en die vorige aand se line-up met bands soos We Set Sail en The Dollfins op die Camp Site Stage is nou deel van die wind (poes koud) en in die verlede. Ek het besef as jy nie pertinent is oor bands gaan kyk nie, veral die local acts, dan gaan jy hulle tien teen een mis.
Stages toe met ons.
Na ‘n vinnige frisk deur security by die stage area is die eerste ding wat ek my geld op bestee ‘n ticket by Woshbox. Skoon toilets en toiletpapier asook geriewe om jou hande te was around the clock. Daarsniekaknie.
1
Aanstap, Rooies die pad  kroeg en stages toe is lank en swaar want die tannie by die security het mos vir Ruantjie al 3 sy blikkies bier laat down voor hy kon ingaan.
Ek was vreeslik bly en ietwat aan die besope kant toe ek uiteindelik in die kroeg ariveer en die ding is nie besig om by die nate te skeur nie. Twee dunnel brannas en een Coke in twee glasies en twee minute later sit ek op my gat en kyk Hot Water. Wie de fok is die reënboogband? Afro-Jazz-funk. Ek weet nie presies wat die genre is nie maar tussen ‘n jong hip Johnny Clegg wat my bietjie aan David Kramer laat dink het en baie moderne jong Miraim Makeba en ‘n backing band wat elke demografie in Suid-Afrika verteenwoordig (of is dit nou net daai pil wat ek gesluk het wat praat?) het ek nogals die soul grooves en uplifting beats ge-like. Sal hulle verseker weer kyk.
2
Ek het teen die tyd al my voornemens om die spesifieke acts wat ek wou kyk laat vaar en hoop maar ek val uit by van die main acts oor die naweek. Goddank ek het teen donkertyd die verstandelike inspanning gehad om te besef Black Cat Bones gaan nou enige oomblik of is al klaar besig om ‘n befokte show te speel. Harde donker vuilgat rock ‘n roll blues. Daar is nie beter nie. En hulle live performances is die beste in Suid-Afrika. Vra enige iemand wat hulle al gesien het. Die res van Vrydag was ‘n gerond gelopery, gaan pissery, gedansery en fokken jouself beskerm teen die elemente. Jy weet mos maar hoe dit gaan by musiekfeeste.
3
Saterdag. Die eerste en die laaste dag. Die groot dag. Ook die langste dag want jy drink al van brekfis af. Ontwaak uit die tent soos pas gebore babelasbaba en hunker na iets om oor jou lippe te spoel. Soek soek na 'n gwai en sluk jouself die lewe in met daai lekker aanmaak Game wat jy saamgebring het. “Electrolites – it’s what plants crave.” Wakker soos 'n fokken akker. knak 'n warm bier en loop soek kos. Daar's baie kosstalletjies. Daar  is ook poesbaie mense wat min of meer op dieselfde tyd honger raak as jy. Advies: Fuck it. Bestel, betaal en loop weg. Gaan drink ‘n dop en rook 'n entjie. Gaan loop terug tot voor en kry jou munch. Hulle sal jou onthou en nie jou kos weggooi nie.
4
Ek het nog nooit eintlik van stand-up comedy gehou nie. Terwyl ek my eetlus gedemp het en my dors geles het met ‘n Savannah kon ek omtrent nie kou of sluk van al die gelag nie. Nie die ideale plek vir ‘n eerste date nie. Paul Snodgrass is snaaks. Bietjie van ‘n kont maar tog snaaks. Jong koddige engelse gemmermannetjie met ‘n vol baard wat grappies maak oor die Kaap en sy mense. Piet Potgieter en sy aangeroomde Afrikaanse Engelse aksent wat almal van orals opdraend gee. Dis egter die mense van Kraaifontein, GoodWoood en Parrow wat die meeste kak kry. Obviously kan ek nie een grappie onthou nie. Wie onthou ooit grappies? Piet Gotpieter is 'n fokken top komediant. En ek hou nie eers van stand-up nie. Die res van die dag was maar soos dit gaan by feeste. Drink ‘n bietjie, loop rond, gaan pis, gaan bar toe, koop nog kos, praat kak, sit rond, mission tente toe kyk bands en en en.

Dit was ‘n  moerse surprise toe ek Saterdagmiddag uitfigure hoekom die kroegtent so fokken vol en fokken mal is. Die Raggas was aan en daar was n moerse TV. SA verloor teen NZ. Toemaar Alt–gay, ag ek bedoel Alt J Sal vir jou trane oor hulle kitare huil. En met dit Alt–J. Ek het bekend geraak met hulle in die kar oppad Daisies toe. Ek kon nogals die proverbial “goeie musiek” in dit hoor maar god strike me down, hulle vertoning by Daisies was tos. En om te dink ek het nogals moeite gemaak om diep voor tussen die crowd te gaan staan. Dit was asof die stage crew op die verhoog rondstaan en daar 'n Alt-J cd oor die speakers gespeel word. Ek het halfpad uitgeloop en gebruik gemaak van die stilte in die bar area.
5
The Hives was na Alt Gay en ek kon die singende Sweed se gebroke Engels en kinderlike energie nie vir  nog ‘n dop mis nie. Die Hives jol al fokken lank. 20 jaar. Die vocalist wat lekker baie kak praat het iets oor dit in die juigende crowd in geskree. Daar was ook iets in sy Swinglish van Kuip Town vs JHB. Lyk my self hy weet van die haat tussen die twee stede  – maar wie de fok gee om (en speel nou net!). En van speel ken die manne goed. Vol gees en baie songs is ge-ken en daar is baie saam gesing deur die crowd. Punk rock produksie en 20 jaar se experience. Hoedens af.
6
Vir een of ander onverklaarbare rede (moes die pille gewees het) het ek ge-gravitate na die Redbull Electro stage eerder as om Skunk Anansie te kyk. Ek hoor tot vandag toe by almal hoe befok dit was. Ek kyk terug in spyt. Lees ‘n ander review as jy wil weet. Op die Electro stage was ‘n ander oorseese fokker, Boys Noize. Harde electro. Ligte en visuals wat jou maan toe vat. Laser strale en drugs in die are daai tipe vibes. Die manier hoe die ouens die crowd beheer en lees is die kuns van ‘n goeie DJ wees. Gatswaai van die hoogste graad. Dis as elektro jou ding is en nie sakkie-sakkie nie. Dis ook hier waar ek my enigste kak ding te sê het oor my Daisies experience, want dit het in die area met ‘n pel van my gebeur: Daar was crime. Maar dis nie die event organisers se fout nie. Ek het gehoor by baie mense en baie mense saam met wie ek gekuier het, was victims van pick pocketing. Daar was een of meer baie slinkse naaiers wat op die dronkies en onverwagses ge-prooi het. Baie selfone het uit baadjiesakke verdwyn. Baie mense se tente is ook geplunder. Sakke en klere en alles wat nie eintlik iets vir iemand anders kan beteken nie is gedief. Ek het darem nog al my goed insluitende my R150 swart-en-wit Nokia. Diè het egter weg geraak maar is weer deur ‘n paar telefoonoproepe aan my terug besorg. Dankie, Swart-en-Wit Nokia gode. Ek krap nou nog my kop oor my foon wat Marcel en Louise aan my terug besorg het. Fred wat die pics geneem het was ook erens in die mix.

Rocking The Daises was befok! Cooler as wat dit kak was. Kom ons hoop hulle maak die terein groter dat meer mense kan gaan volgende jaar.
Bloedgees!

Deel met jou tjommies!

    Poesklein RuantjieDear Diary. Rocking the Daisies was kaklekker.

    Comments

    1. anon

      Ek gaan lelik wees maar iemand moet dit se, vok die kak effekts op fotos. SA se sonlig en lig kleur is fantasies en uniek maar dom poeste kan nie help om soos skappe instragram like filters te apply nie.

    2. blikbrein2000

      Ek dink die fotos lyk befok. beter as Instagram.

    3. gertjie

      ja jissis ek stem saam met anon, instagram is die grootste klomp kak op aarde, hierdie mense moet maar in 'n duikbril pis, hom opsit, dan lyk alles vir hom ge instagram. fokken kont hipsters

    Gooi Comment