William Welfare – “4 Cups Of Dust”

In Kief musiek, Oppikoppi deur griffin6 Eiertjies

Fokkit, hierdie is ‘n kaklekker tune! Willim Welsyn is nou besig om sy rooinek repertoire in orde te kry en het sopas sy eerste tune 4 Cups Of Dust onder sy Engelse naam, William Welfare release. Hy’t sommer ‘n videotjie ook aanmekaargesit wat sy en Kyle Gray (Drummer) se trip Oppikoppi toe document al die pad vanaf ‘n recording studio in Ladismith. Welsyn is die koning van low budget en het die video geskiet op ‘n verkakte knock-off version van ‘n GoPro maar dit het nogal lekker uitgekom. Effens shaky aan die begin (brannas?) maar hy tel lekker momentum op.

Jy kan check hoe hy uithang met Chino van Deftones, die Black Cat Bones en so paar ander bands, hy’t ‘n paar lekker shots van Jack Parow se hot chicks, daai meisie wat uit haar Voortrekker outfit gestrip het en heelwat stage en crowd shots ook. Maybe sien jy jouself ook daar. Op ‘n stadium het hy sy verkakte kamera in die Watkykjy kamp in Kreef Hotel ook by ons tafel vergeet. Natuurlik het ons ons piele afgeneem daarmee maar ons check daai shots het dit nie gemaak nie. Jy’t ‘n wide angle nodig vir daai zabers, pappie!

Check die video uit en laat weet ons wat jy skiem van die song. Ons score hom ‘n 10/10 vir goeie, fokken solid ou rock en roll. Die tune moes dalk net ‘n ander naam gekry het, want daar was poesbaie meer stof as net “4 cups”…

Deel met jou tjommies!

    griffinWilliam Welfare – “4 Cups Of Dust”

    Comments

    1. Spas

      En die link na watkykjy se musiek download site sal fantasties wees of moet ons ma aan hou die goeie en skaars goed pirate…

    2. Bakstein

      Pragtige rock deuntjie. Die klank is van hoogstaande gehalte. Die producer was duidelik in die hoërgraad klas.

    3. Frans Calitz

      Jissis, hierdie is 'n jags song! Wanneer en waar speel hierdie ouens live?

    4. Evert

      Hy was 'n fotograaf by die Metallica konsert in die Kaap ook gewees.

    Gooi Comment