Watkykjy nuus round-up. Week 38.

In Wat is nuus? deur griffin3 Eiertjies

Wat van ons skop vandag eers so bietjie af in ligte luim voordat ons stelselmatig oorgaan van ge-amuseerd tot die hoppende fok in?

Right, eerste dinge eerste. Kom ons begin met 'n simpel grappie:
Ou Niekie Van Den Bergh is besig met sy usual boring dinge op die radio en voer 'n onderhoud op RSG met so ou krimpie wat op sy dag in die Tweede Wêreldoorlog vegvliegtuie gevlieg het.
Die oubaas vertel: "Man Niekie, ek vlieg nog so lekker en ewe skielik is daar hierdie drie fokkers hier agter my aerie se stert."
Nickie onderbreek vinnig die oom om die situasie live on air te beredder. "Ja, ummh… ek wil darem ook net vir ons luisteraars noem dat 'n Focker 'n Duitse vegvliegtuig is."
"Ja, dis waar," sê die oom en haak toe af: "Maar hierdie fokkers het fokken Spitfires gevlieg."

Superheroes kom Joburg toe
So effens van 'n ad break voor ons by die depressing nuus uitkom. Van julle het seker al die nuwe Superheroes TV ad op DSTV gesien met Hulk, Iron man, Batman. Jy weet, daai spannetjie.Nou check, julle moet julle kamera's bietjie nader hou (jy weet vir Zefspotters en so aan) hierdie naweek, want die superheroes gaan die strate van Joburg en Pretoria invade. Dit sal befok wees as iemand vir ons maybe die Bat Mobile kan instuur. Jy kan hulle ook Tweet en tune hoe om jou dag beter te kom maak. Maybe is jou suster se laitie in die hospitaal met 'n mangeloperasie en hy sal dit kwaai smaak as Batman vir hom 'n karretjie bring. Of 'n Barbie pop – mens weet mos nooit mooi met vandag se kinders nie. Of miskien kan hy saam met jou vir ouma en al die ander krimpies in Huis Herfsblaar kom kuier?

Tweet @MnetMovies met die #Superheroes hashtag en vertel hulle hoe Batman 'n kakboring dag in Pretoria of Joburg vir jou, jou tjommie se kinders of jou klein boetie kan kom beter maak. Dit sal befok wees as die bra vir een van julle Watkykertjies kom kuier om vir jou 'n klip uit die pad uit te rol. Onthou, foto's of dit het nie gebeur nie!

Jy kan al die Superheroes in Oktober vang op M-Net Movies Showcase (channel 108). Elke aand!  Volg die action op @MnetMovies

Superheroes Rock Up - Joburg
SA dude vas ná hy om Eiffel Toring dans met ‘n hoender aan sy piel vasgebind (deur Vent Venter)
Nie almal van ons druk ons denke en emosies op dieselfde manier uit nie. Die meeste van ons sou, as ons bietjie nostalgies of homesick voel in ‘n vreemde land, dalk ‘n Koos Doep-CD opsit, vuur maak, saggies huil en masturbeer terwyl jy dink aan ekse wat Afrikaans was. Daar op die plaas en so, jy weet. Fok, so iets.

Steven Cohen, ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat in Frankryk woon, is nie soos die meeste van ons nie. Sy poging om die split tussen sy geboorteland en sy aangenome land aan te toon (dis hoe sy lawyer dit verduidelik) het behels om ‘n hoender aan sy piel vas te maak, ‘n voëlkostuum aan te trek en om die Eiffeltoring te dans. Sowat 09:30 die oggend.
piele suid-afrikaner
Die Eiffel Toring is nou nie juis die mees secluded spot in die hele wêreld nie en die toeriste wat daar was en heimlik gewonder het waar die naaste Starbucks of McDonald’s is, het Cohen aangestaar terwyl hy vir sowat tien minute só rondgedans het. Hy’s in hegtenis geneem vir indecent exposure en later die dag vrygelaat.

Ons gaan nie maak of ons kunskenners is nie, maar dalk het Steven net daai liedjie van K.O.B.U.S. te letterlik opgeneem … The Local

Hoe begin jy 'n nuwe TV nuusstasie? Met illegal immigrants.
Jirre, conspiracy theories is fokken lekker. 'n Mens kan lekker wyd loop met hulle en kak agter die berge gaan haal. Of jy kan staff vir jou nuwe TV nuusstasie agter die berge gaan haal. Die berge in fokken Indië. Julle behoort teen hierdie tyd alreeds vertroud te wees met die Guptas se nuwe TV stasie, ANN7. Jy behoort ook nou al te weet dat ANN7 staan vir "Aggenee, Nog Nuus!" Die 7 staan tien teen een vir hoeveel maande die kanaal gaan hou voor dit implode onder dun beentjies van korrupsie of algemene kakgeid. Of dit staan moontlik vir die hoeveelheid ure wat daar ingesit is om die stasie op die been te bring. Die brain farts, jy weet. Vir 'n sewe solid ure.

Anyway, die ouens het nie comply met ons liewe land se immigrasiewette toe hulle sowat 24 produksie aandeelhouers ingebring het nie. Dis ongeveer 'n tiende van die hoeveelheid gaste wat onwetting op Waterkloof Lugmagbasis geland het. Jy weet, daai dag toe toe kak gespat het en mense se pamiere nie gecheck is nie. Vir "daai" troue. Volgens ANN7 se management is – drumroll – al hulle pampierwerk honderd persent in orde. Op vier van die ouens se info op die imigrasie database is die rede hoekom hulle in SA is "holiday".

Wel, poes my deur die gesig met 'n tandoori chicken… – Channel 24

Dikgat Premier tand ons tax
sylvia lucasSylvia Lucas het 'n moerse probleem. Sy het nie 'n dubbelken nie. Sy het in fact drie kenne wat sy moet voer. Die heeltyd. En nou maak sy dit ons fokken probleem. Sy is skaars drie maande die MEC van education en het al klaar groot happe (sorry, bun intended) uit die taxpayers se beursies begin vat. Sy het haarself moontlik misgis met die titel van "opvoeding" en stuck geraak by "voeding" aangesien sy al meer as R50k geblaas het op take-aways in tien weke. Om dit in perspektief te stel, is dit ongeveer 1792 van Steers se Saucy Burger & chips – sowat 25 van daai outjies per dag vir tien weke lank. Teen drie meals per dag vir elkeen van haar drie kenne is dit dan seker nie so erg nie… My bruispensie poep so stilletjies aan die binnekant…

Natuurlik soos met enige government fokop moet daar spin op die storie gesit word: "The expenses around food are for when she convenes meetings or travels long distances". Sure buddy, miskien as jy long distance travel van byvoorbeeld Kimberley na Polokwane. Op 'n donkiekar. Waarvan die donkie ook elke 20km 'n burgertjie moet kry.

Haar eie defense is:  "How would we have eaten if we didn't use taxpayers' money?" Jirre. Wat van hierdie vir 'n antwoord, bitch: Met jou eie fokken salaris soos die res van ons ander armsalige konte?! – Mail & Guardian

griffinWatkykjy nuus round-up. Week 38.

Comments

  1. meester

    Eks 17 en in Jack Pauw koshuis hier in Tswane! Ek wag elke week vir hierdie piele deel van watkykjy om uit te kom! Baie dankie vir diè shit! Dis beter as seks
    Ps Hoekomdefok was daar nie laasweek n nuus roundup nie?
    Keep up the good work.

  2. Jagter

    HaHa.  Ek onthou daai Cohen doos.  Hy was eenkeer op TV met sparklers in sy hol. Blykbaar kuns.
     

  3. Prof. Bokdrol

    Jammer om my "konserwatiewe ou kont" sy hier ten toon te stel, maar Steven Cohen is inderdaad nie heeltemal fokken wel nie. Ek onthou iewers in die 80's was ek by een of ander pseudo-intellektuele arty farty fokop van 'n uitvoering wat hy deel van was, en dat hy op die verhoog rondgekruip het met 'n verestowwer in sy poefenjors ingedruk. Dude, maak nie saak of jy al awards en shit gewen het nie, dis net fokken eeeuuuwww…

Gooi Comment