Watkykjy nuus round-up. Week 36.

In Wat is nuus? deur Vent VenterRek jou bek

Eerstens, dankie aan Piet Verdriet wat vir ons ‘n lekker nuuswenk of twee gestuur het. Dis oplettende burgerlikes soos jy wat die wêreld laat wérk! Jy stem seker ook en sulke kak. Ons aanvaar dis hoekom jou van is wat dit is.

Aussie Rules-speler steek dwerg aan die brand
Okay, dis poes laat in die nag en ek’s nie lus om die Afrikaanse PC-term vir “dwerg” op te soek nie. In die overseas is dit mos “little people” of so iets? Fokkit, ek gaan nie na die ou as “klein mens” verwys nie. Dis wat gemene standerd nege chicks in Bolandse meisieskole mekaar tune en dan dink hulle dis fokken skerp en deurborend. Pleks hulle mekaar net in die scented lipstiffie poes. Met vuiste. Soos goeie Afrikaners. Eendrag maak mag!

die dwergie weet nie van verloor af nieSo anyway, die einde van die Aussie Rules-seisoen in Australië (fokken duh) word elke jaar gevier met iets genaamd Mad Monday, waar die spelers hulself faktap suip en in die algemeen dinge aanvang wat heel standaard sou wees by die Boksburg Skou op ‘n Sondagoggend. Vanjaar het een speler, Clinton Jones, ‘n ou genaamd Blake Johnston aan die brand gesteek met ‘n lighter. Blake is die dwerg ter sprake en het Blakebaar ‘n hoogs flammable kostuum aangehad by die paartie.

Op daai punt van die term “dwerg”: Blake werk vir ‘n entertainment company genaamd “Dwarf My Party”. Ons aanvaar dus hy sal okay wees daarmee. Ons by Watkykjy is in die proses om die maatskappy “Witmens My Party” te stig, in die hoop om na ANC-swiergeleenthede genooi te word. Ons is fokken arm, okay. Ons is ook nuuskierig oor hoeveel anders sushi proe as dit van ‘n hoer se maag af kom.

So, die hele insident met Jones en Blake het nogal opslae gemaak, veral nadat Andrew Demetriou, hoof van die Aussie Rules-kompetisie, uitgebars het van die lag toe hy vertel is van die voorval. Hy’t later getune hy’t gedag dis ‘n joke, mate.

Ja-ja. Lang storie kort is Jones met 1800 pond beboet en Blake is blykbaar fisiek ongeskonde, maar emosioneel nie lekker nie.

Darem het jy ‘n redelik goeie verskoning, Blake. Suid-Afrikaners moet staatmaak op vae begrippe soos gebrek aan kollektiewe identiteit en sulke kak om ons emosionele onlekkerheid te justify. Lucky fokken dwerg. – The Telegraph

Rugbyspeler byt teenstander se piel (teen die teenstander se wil)
So gepraat van Australië, sportmanne en dinge wat standaard sou wees by die Boksburg Skou op ‘n Sondagoggend: Onthou julle hoe Adriaan Strauss vroeër vanjaar sy shit verloor het toe ‘n Samoaanse speler hom skynbaar aan die ballas gegryp het?

Wel, ‘n speler van Bilambil in Queensland se Gold Coast Rugby League het ‘n ietwat rowwer ervaring gehad – Anthony Watts van die Tugun-span het hom na bewering op die voël gebyt. Tydens ‘n wedstryd, moet ons seker byvoeg vir klaarheid.

Anders as Adriaan het die Bilambil-speler heel kalm sy broek afgetrek (?!) en wedstrydbeamptes atent op die bytery gemaak. Watts ontken natuurlik die hele ding, maar ‘n ondersoek is van stapel gestuur om vas te stel presies wat gebeur het.

Watts se prokureur, Mark Williams, het die volgende filosofiese stelling gemaak oor rugby league: “Whether it is real or imagined, contact can occur and that is a very real risk," he said.

Jissis, klink soos ‘n line uit “Wat elke seun moet weet”. Nou gaan ek die res van die week skuldig voel. Fok jou, Mark Williams, jou fokken poes. –    news.com.au

Hippie-meisie se doosagtige hoender steel diamant-oorbel
So … hoenders. Ons vreet nogal baie van hulle en hul ongebore kinders elke dag. Maar hoeveel anders is ‘n hoender as ‘n hond?

Fokken baie anders, dis die antwoord. Jirre. Maar Claire Lennon van Berkshire, Engeland, het ‘n troetelhoender genaamd Sarah wat moontlik die grootste get-out-of-jail-free card van enige hoender ooit gekry het. Het ons genoem Sarah is ‘n haan, nie ‘n hen nie? Bliksem, Johnny Cash sou dié storie gelike het (as jy nie weet hoekom nie, gaan google bietjie, jou onopgevoede wuf).

kief hoenderSarah het op Lennon se skouer gesit, seker maar soos ‘n pappegaai op ‘n seerower s’n, en ‘n diamant-oorbel sommer reg so van haar oorlel af gepik. Lennon het Sarah se ma se poes binnensmonds gevloek (inligting onbevestig) en die hoender veearts toe geneem. Die veearts tune toe ‘n operasie om die oorbel uit die maag te haal sal van Sarah maak ‘n hoender nie meer. Lennon is nou bereid om die geskatte agt oorblywende jare van die hoender se lewe te wag vir die ding om van natuurlike oorsake te sterf en dan die diamante uit te haal.

Dis seker eintlik ‘n oulike storie. Verbintenis aan diere en al daai, en ons weet hoe kak hoenders in die algemeen hanteer word. Meeste mense sou seker net die hoender doodgebliksem het en die oorbel uitgehaal het.

Dus kan ons aflei Sarah sal nooit ‘n …
(sit sonbril op)
… battery hoender wees nie.
YEEEEEAAAAAAH! – The Telegraph

Vent VenterWatkykjy nuus round-up. Week 36.

Gooi Comment