Raai wie gaan op ‘n epic roadtrip met BACARDI Oakheart?

In Kompetisie deur Chopper CharlieRek jou bek

Dis op tye soos dié dat ons ons hoenderborsies trots kan uitstoot oor die Watkykjy lesers wat so heavy gees wys. Na ons omtrent die ekwivalent van 'n middelslag Venter treiler vol kief inskrywings ingekry het, moes ons maar self diep in die BACARDI Oakheart inklim om finaal te besluit wie die roadtripper is wat wegstap met die R8 500 road trip (danksy BACARDI Oakheart) asook R1 200 se tunes om die hart geolie te hou vir die langpad.

En die Epic Roadtrip prys gaan aan… Jacques du Preez! *mense klap so hande en een ou fluit so te hard, so plaasfluit met vingers in sy skewe bek*
Oakheart wenner
Jacques is die bra voor op hierdie epic foto wat so lekker vuisgooi vir die son. Hulle is in 2009 Namibië toe met so ou boksvormige Jeep Cherokee. Vanaf Kaapstad Vioolsdrif oor en toe deur die Richtersveld.
Sê Jacques: "Die idee was om oor Sossusvlei te ry Swakop toe en daarna Windhoek. Die kiekie is gevat by Spitzkoppe tussen Swakop en Windhoek. Dit is een van die coolste plekke op aarde. As mens vuur maak daar (ons het omtrent elke oggend vieruur gebraai) dan brand die vlamme mooi blou uit die rooikranshout uit van al die skoon lug.

Die trip het als ingehad wat so trip moet: goeie musiek, droëwors op die dashboard, Rosh Pinah kroegstories, blikkieskos ruil vir vuurklippe, twee Switserse fietsers wat regoor Afrika gery het, vlieënde klippe wat karruite kraak, ‘n UFO, mal Oostenrykse meisies, plassies vang in die woestyn, pinball, pool speel in shebeens en ons een vriend Jan wat slaap met sy een oog oop en die ander toe na ‘n harde aand."

Dit was baie close though, en daar was 'n tweede entry wat aan Jacques-hulle se gat gehap-hap het op die heel einde. Christiaan en sy pel het dit goedgedink om te loop kayak in die berghange van Lesotho. Lekker mal. Vir hulle gee ons elkeen 'n bottel BACARDI Oakheart, sommer vir vindingrykheid en geeswys. Vat so manne!
roadtrip12

BACARDI Oakheart is 'n moerse lekker spiced rum wat oop loop saam met Coke. Hulle roep hom "Oak & Coke" en hy's smoky, smooth en soet met so vanilla klankie. Try hom, jy sal nie spyt wees nie.
www.facebook.com/bacardi
www.twitter.com/thebacardibat

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieRaai wie gaan op ‘n epic roadtrip met BACARDI Oakheart?

    Gooi Comment