Park Acoustics hierdie Sondag – score tickets!

In Park Acoustics deur griffinRek jou bek

Dis hierdie Sondag uiteindelik Park Acoustics se lente jol. Augustus se gig was net so moerse lekker gewees met Andra, Aiden Martin, Dan Patlansky, Bright Lights Big City en Albert Frost wat vir entertainment gesorg het vir ‘n crowd van so oor die 1000 mense sterk.

Wat het jy gemis? Check die kiekies en die video hieronder om te check. O ja, en ons gee twee double tickets weg
vir Sondag se gig en hierdie gaan fokken massive wees:

  • Last Dinosaurs (Australia)
  • PhFat
  • Kidofdoom
  • Jeremy Loops
  • Blunt B (ook van Australia)
  • Bateleur
  • Desmond & The Tutus

… en nog fokken baie meer – check die Facebook event page uit.


Wat moet jy doen om tickets te score? Ag, gaan neem vir ons ‘n fototjie iewers van iets wat lente vir jou represent. Maybe ‘n ou blommetjie in jou tuin, jou hond wat baljaar of jou goose se sexy bene in haar lenterokkie.

Die twee coolste foto’s sal elk double tickets score vir Sondag se gig. Mail dit na griffin@watkykjy.co.za. Ons kies ‘n wenner Woensdag net voor 13:00, so jy beter fokken spring.

griffinPark Acoustics hierdie Sondag – score tickets!

Gooi Comment