Nirvana se In Utero is 20 jaar oud

In Kief musiek deur griffinRek jou bek

… en om dit te celebrate het hulle nou 'n extended 3-disk version van die album met meer as 60 tracks wat eersdaags uitkom (jirre, "eersdaags" is 'n fokken mooi woord).

Check, back in the day (vir twee weke in Februarie, 1993) het Steve Albini van Pachyderm Studios Nirvana se derde en laaste studio album, In Utero opgeneem en gemaster. Hierdie nuwe special edition sluit van Albini se oorspronklike masters in sowel as nuwe mixed weergawes wat in 2013 gedoen is asook 'n ekstra disk van Live & Loud tracks.

Wat hierdie album cool maak is dat vorige "bootlegged" weergawes van songs soos Heart-Shaped Box, All Apologies en Pennyroyal Tea verskyn het op versions van In Utero Demos en In Utero Unmixed maar nou oorgedoen is. Die doeke is afgetrek en die boude is mooi skoongemaak. Nul poef.

Dan is daar 16 tracks wat deur 'n ander bra gerip is, en dis hoe dit gedoen is en waarna julle vandag kan luister – Dit raak nogal tegnies, maar hierdie is min of meer hoe hy dit gedoen het: Die oorsprong van die tracks is die remastered Duitse Universal LP (langspeler, jou naai. Soos in plaat). Dit is toe met 'n AT-440ML stylus ge-transfer na 'n Philips standalone CD recorder toe en na WAV toe ge-rip met EAC.

Wag, kom ons vat hom bietjie stadiger. Ek kan hoor jy maak daai peep-peep geluid wanneer trokke reverse. Check, plate het volgens baie mense wat skiem hulle weet waarvan hulle praat die beste audio quality onder die son en dis hoekom hulle die oorspronklike beste remastered plaat gaan soek het. 'n Stylus is basically die platespeler se naald en die AT-440ML is blykbaar die beste. Julle audio junkies kan meer lees oor daai naald hierso.

Almal weet wat dit is om 'n CD te rip. Jy fokken doen dit heeltyd. Maar hier is vir jou 'n lekker tip: Hy het EAC gebruik (Exact Audio Copy). Dis about die beste daarbuite en dis verniet. Nou weet jy:

"With other audio grabbers you usually need to listen to every grabbed wave because they only do jitter correction. Scratched CDs read on CD-ROM drives often produce distortions. But listening to every extracted audio track is a waste of time. Exact Audio Copy conquer these problems by making use of several technologies like multi-reading with verify and AccurateRip."

Die final stap was om CoolEditPro te gebruik vir die editing en mastering. Hy het effens met die EQ en volume rondgefok vir die beste results en al daai pops en clicks wat jy op plate kry gaan uithaal. Met die fokken hand, pappie!

Jy kan die album solank pre-order: In Utero – 20th Anniversary Super Deluxe – Nirvana  maar hier is iets even beter:

Jy kan vandag 13:00 solank die original 16 tracks luister wat daai drie ouens 1993 record het met Steve Albini voor hulle dit vir die record label gegee het. Sommer fokken net hierso op Interwebsradio. Druk sommer nou al play en los hom aan in die kantoor vir almal.


Arme ou Koert Kopbeen. Bless his little shattered heart. Klap sommer ook gou Heart-Shaped Box se music video. Nirvana is kaklekker:

Deel met jou tjommies!

    griffinNirvana se In Utero is 20 jaar oud

    Gooi Comment