“Niks té diep nie II” – Afrikaanse poetry sonder snotty pretentious vibes

In Watkykjy Gigs deur griffinRek jou bek

Ons by Watkykjy maak in die algemeen nie veel uit van digkuns nie – nie omdat ons stupid is nie (wel, dalk), maar omdat dit in Afrikaans gepaard gaan met so ‘n snotty attitude. Jy weet, oorgepoeierde tannies wat op hierdie vyfster-wynplaas-digkunsgeleenthede uithang, fucked raak op twee glasies port en kekkellag oor hoe poes gekultiveerd hulle kwansuis is.
 
Daar’s egter iets in die lug daar in die Kaap – komende Maandag (die 23ste, aand voor Braaidag) word die tweede “Niks té diep nie”-geleentheid gehou, waar cool, oopkop Afrikaanse digters hul sjit voorlees en die gehoor welkom is om te suip en te juig en al daai goed.
 
Die eerste een was, sover ons hoor, ‘n moerse sukses, met legends soos Willim Welsyn en Danie Marais onder die klomp wat voorgelees het. Hierdie keer is Nathan Trantraal, Mavis Vermaak, Erns Grundling, Annie Klopper, Andries van Pretoria en Henry Cloete op die line-up. Anna-Bet Bester is die MC en as bonus gaan ons tjommies Die Skynmaagde ook ‘n paar tjoens klap.
 
Check die event op Facebook vir nog detail:  https://www.facebook.com/events/507340839350213/
NTDNplakaatreg

griffin“Niks té diep nie II” – Afrikaanse poetry sonder snotty pretentious vibes

Gooi Comment