Megadeth – Super Collider (album review)

In Watkykjy Reviews deur Chopper Charlie3 Eiertjies

Eerste dinge eerste. Ek is 'n moerse Megadeth fan al van hulle eerste album 'Killing is my business… And business is good' (1985) af. Tog verwag ek nie dat hulle nou, amper 30 jaar later, steeds dieselfde kakmal trash musiek maak van destyds nie. Geensins nie.

Bogenoemde is wat David Mustaine gecounter het in die lig van ander negatiewe reviews van 'Super Collider' onlangs. Dat sommige mense verwag Megadeth moet klassieke albums soos 'Peace sells… but who's buying?' oor en oor record. Want so klassiek is 'Super Collider' nou nie. Ongelukkig.

Maar voor jy ophou lees en die download torrent stop, dis ook nie 'n kak album nie. En beslis nie hulle slegste nie. Daardie dubious honour hou ek vir 1999 se 'Risk' wat 'n fokken skande was, in my opinie. Sies Megadeth, dis 'n bad Megadeth.

'Super Collider' is Megadeth se 14de album en hulle tweede met producer Johnny K. Dis overall 'n well-produced en goedgeskryfde album met niks heavy verkeerd nie. Maar dit kort hoë revs, iets wat daar tonne van was in hulle vorige album 'Th1rt3en' – toevallig ook met Johnny K as producer.  Daai was nou gees.
megadeth super collider album cover
Ek dink een van die groot issues met 'Super Collider' is die title track. Na die vinnige, rocking eerste song 'Kingmaker' drop Old Man Mustaine hierdie blertsie van 'n mediocre, amper radio-vriendelike metal-agtige song. Kyk na die video aan die einde van die review en besluit maar self.
(Miskien is dit als deel van ouer word want ek check Mustaine rock deesdae 'n wit pofhemp ,ou man blou jean en blink swart skoene op stage.)

Vir Megadeth fans is daar genoeg om aan te kou en baie van die tracks herinner nogal aan die 'Youthanasia' era soos 'Dance in the rain' of selfs 'Beginning of sorrow'.

En alhoewel dit dalk nie die mees klassieke Megadeth album is nie, is dit wel heerlik luisterbaar – behalwe miskien die title track en 'Burn'. Ek het die album in my kar gespin en dit werk net mooi befok vir die langpad. Jy sal ook minder speeding fines kry as wat jy hulle ou shit luister agter die wiel.

Kyk eers die video vir 'Public Enemy No. 1' vanaf die 'Th1rt3en' album en luister hoe hard fokken bliksem die track. En lag vir die apies.

Kyk nou na die oulike hoërskool storietjie en luister na die nie-so-heavy nuwe album 'Super Collider'.

Onthou jy kan 'n epic roadtrip van R8 500 wen, plus R1 200 se CDs waarvan 'Super Collider' ene is. Kry jou entry in, ou bees.

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieMegadeth – Super Collider (album review)

    Comments

    1. Evert

      So Mustaine is skoon en Ellefson is ook al lank terug…. 
      Doen die Iron Maiden/Pearl Jam ding met 3 guitarist, kry vir Marty Friedman terug en bring weer iets uit in die lyn van Rust In Peace of Countdown to Extinction.

    2. DeanofDoom

      Cool review, this is a good album, not their best but better than some of their previous efforts. just don't dig the video too much.
      Chollo is Koning \m/

    Gooi Comment