Jou laaste kans vir ‘n R8500 road trip!

In Kompetisie deur Chopper CharlieRek jou bek

Ons het al heelwat kief roadtrip kiekies ingekry van julle mal marabse vir ons BACARDI Oakheart kompetisie, met sommiges wat so wild is dat dit lyk of die Oaks in die foto kort daarna gearresteer moes word. Gees boys, gees.
roadtrip8

roadtrip9

roadtrip10

As jy nog nie ingestuur het nie is dié jou laaste, maar laaste, kans om in te skryf. Dis soos daai bra's wat hout verkoop op die grondpad net voor die Oppikoppi afdraai. Last chance saloon, pellie. Werk saam, ek sê. Maandag maak hy toe, soos 'n lappop se alie.

Jy weet jy gaan jouself tussen die bene skop as jy checks 'n foto wen wat jy kon beat. En dan gaan jy nog die wenner se roadtrip foto's ook check hier oppie site en dan gaan jy jouself eers haat. Moenie dat dit gebeur nie.

Hoe om in te skryf:
Moer maklik. Stuur vir ons 'n epic foto van 'n vorige roadtrip saam met ‘n kort beskrywing waarop jy was na griffin@watkykjy.co.za, verkieslik ene van jou en jou pelle saam. Belangrik dat dit gees wys, so nie net 'n selfie van jou met 'n tas voor jou Tazz nie oppad V-Town toe nie. Blerrie nool.

Die prys:
R8 500 towards jou epic roadtrip, danksy BACARDI Oakheart
Plus R1 200 se epic tunes vir die trip op CD = Goeie fokken tye

Reëls
Moenie vir jou blerrie simpel hou nie man. Dis mos hier man!

BACARDI Oakheart is 'n moerse lekker spiced rum wat oop loop saam met Coke. Hulle roep hom "Oak & Coke" en hy's smoky, smooth en soet met so vanilla klankie. Try hom, jy sal nie spyt wees nie.
www.facebook.com/bacardi
www.twitter.com/thebacardibat

Chopper CharlieJou laaste kans vir ‘n R8500 road trip!

Gooi Comment