DVDCOVER1

Fokofpolisiekar ‘Forgive Them for They Suck K*k’ – DVD review

In Watkykjy Reviews deur Chopper Charlie2 Eiertjies

DVDCOVER1Wat gebeur as mens die Fokofpolisiekar DVD review? Wel, die Metropolisiekar kom by jou huis aan en kla geweldig oor jou doos van ‘n buurman hulle gebel het al weer. En dan, na baie leë beloftes, dan fokof die polisiekar. True story, maar so loop hy maar.

Eerstens is dit belangrik om te noem dat Fokofpolisiekar onlangs hulle live DVD ‘Forgive Them For They Suck K*k’ vrygestel het in Kaapstad. Ons het so bietjie gaan kyk by die akwarium waar hulle voor die I&J Predator Exhibit gejol het om dit te launch.

Jy skiem dalk dis weird om in ‘n akwarium te jam, maar let’s face it, jy is anyway niks gewoond nie. Dit was dik trippy om die boys te sien jol met haaie en gediertes wat verbyswem en al was dit acoustic het die spirit of Fokof oop geloop. Soos hy nou maar doen. Check ons lekker kiekies as jy dink ons praat kak.

Die live performance op die DVD is opgeneem in Desember 2012 by Barnyard in Cresta en sluit beide acoustic en electric hits van die band in.

(Ons het hom gecheck by Casa Chopper en sommer die sound system lekker gecrank. Tot by elf pappa. Kliphard en aanhoudend tot die buurman die manne in blou ontbied het. Gelukkig met hulle response time was die DVD al klaar en ons het maar net die tunes daarna sagter gespeel. Big deal.)

Die DVD begin acoustic en draf deur treffers soos ‘Monoloog in Stereo’ en ‘Klipgooi Glashuis’ voordat die manne inplug en goed geraas beginte maak. Dan volg nog ou bekendes soos ‘Dagdronk’, ‘Fokofpolisiekar’ en ‘Anti-biotika’ met die crowd wat nes die tunes al hoe wilder en meer begeesterd word. Saamsing en spring, oë toe, gebalde vuiste, duiwelshorings, fokken alles wat mal is.

Fokof se performance is super polished en die production is so tight soos ‘n student se budget na die eerste naweek van die maand. Sound en visuals is befok record en daar’s iets baie gees daaraan om enige aand ‘n Fokof konsert in jou eie pozzie te kan gooi.

My een enkele stukkie kritiek is net die choice of venue, maar ek verstaan die show was oorspronklik nie bestem vir DVD nie. Barnyard Cresta is seker gaaf en als, maar die trappe op die verhoog laat dit lyk of die manne na die Mej. Suid-Afrika pageant opgetree het. Nogal weird. Dis nie juis die donker, sweterige, wilde venues wat ek Fokof gigs mee verbind in my memories nie.

Anyway, dis steeds meer as die moeite werd en ‘n moet vir enige Fokof fan. Kry hom by plekke wat DVDs verkoop, ‘n Fokof show in jou kontrei of sommer online by http://www.kalahari.com.

En laastens, hier is so ‘n ou klein voorsmakie van die DVD, die tune ‘Anti-biotika’. En pasop vir die polisiekar… Die regte enes. Once.

Foto’s deur die Image Engineer

1

2

3

4

5

6

7

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieFokofpolisiekar ‘Forgive Them for They Suck K*k’ – DVD review

    Comments

    Gooi Comment