Empire Of Desire launch hulle eerste EP, “When life begins”

In Kief musiek deur griffinRek jou bek

Empire Of Desire is Yaki Naude op vocals, Dawid Kahts op guitar en Simon Kruger op bass. Almal van hulle loop al 'n moerse lang pad met musiek – Yaki was jare terug in die band sShhh, Dawid het gegooi saam met Battery 9 en jol tans in Thys Nywerheid en Devil's Ribs (wat by die Watkykjy party gejole het) en Simon is al so paar keer op stage gevang met ouens soos Bacchus Nel en Dan Patlansky. Hierdie trio het sopas hulle eerste 7 track EP sommer self produce met great results. Dis lekker smooth musiek wat jy maklik met 'n bottel whiskey kan luister daar waar jy op jou sewende rugwerwel sit met jou hand voor in jou broek soos Al Bundy. Dit raak soms donker ook, so voeg 'n haelgeweer by daai whiskey as jy sit en vorentoe en agtertoe wieg terwyl jy die loop polish en jou linkeroog twitch.

Wanneer daar tyd en koffie is, klop Yaki gereeld aan by Watkykjy se poorte en kom oefen in die klein, deurmekaar band room om haarself vir gigs reg te kry. Met haar laaste visit het sy so twintig EPs kom afdrop wat ons vir julle outjies beskikbaar gemaak het om te koop op Zefshop.

Sy is volgende week oppad USA toe om hulle musiek in Nashville te gaan smous, so support hulle gerus. Die laaste plek waar zak groei is op muso's se ruggies.

Ons het hieronder vir julle so drie van die 7 tracks gegooi om te luister en hier is die EP se cover:
empire of desire - when life begins…

Deel met jou tjommies!

    griffinEmpire Of Desire launch hulle eerste EP, “When life begins”

    Gooi Comment