Dis nasionale braaidag. Gooi dier op vuur!

In Dis naweek kom ons fokken duik! deur griffin7 Eiertjies

Maak die beste van hierdie public holiday op 'n Dinsdag. Begin sommer vroeg te braai as jy beplan om fles te vat sodat jy teen 19:00 heeltemal uitgepass is. Jy wil nie more by die werk met 'n hoenderkop sit en die wêreld op jou skouers nie.

Daar is baie ander kak ook om te doen – daar is die JakaWalk, die Good Food & Wine Show by die Dome (dis waar ons gaan rondfok) en as jy kus is vir befokte musiek die hele dag, kan jy na die Wolmer Blues Bash toe gaan. Nogal spyt ons mis op laasgenoemde outjie uit, want dis 'n fokken groot een.

Whatever jy besluit om vandag te doen, onthou die goue reël:
nasionale-braaidag

Deel met jou tjommies!

    griffinDis nasionale braaidag. Gooi dier op vuur!

    Comments

    1. Kameel Tril

      Na aanskoue van hierdie gedrog is my eetlus vir braaivleis in sy moer in. Slaai en vrugte vir my vir die volgende ses weke.

    2. Die Vrotkol

      Fokkit los sommer maar die bord , en klap daai rooster vas onder daai tette ! en VREET ! 
      25maande Swanger  Grototter. 

    3. Belhamel

      O God julle moet bekeer! Dis die fokken duiwel!!! Hy (of sy) is hier om te braai en nie fokken wat nie, kierangs pappie. 

    4. Stoute Drakie

      Ek sou die monster die “benefit of the doubt” gegee het sou ek moerse alleen en heavy gesuip is, maar toe sien ek die amper gebrande vleis op die rooster. Onverskoonbaar!

    Gooi Comment