Die Bokke kort hul eie Haka

In Sport deur Kaptein Kortbroek1 Eiertjies

Ek smaak dit dik heavy om so bietjie die Haka saam met Richie McCaw en die boys te doen en nee, ek's g'n Cape Crusader nie – ek het 'n halwe brein. Fok, net om aan daai Maori war cry te dink gee my hoendervleis. Dit laat my ook dink aan die 1995 World Cup – die eerste een van twee wat Os mos gewen het. Daai is so mooi en as ek check hoe belangrik dit vir beide die Kiwi spelers en fans is skiem ek nie dit sal 'n kak idee wees as ons so ietsie begin nie. Op die stadium van die wedstryd is ons "traditional" rugbytune iets wat ons iewers in Mexico gesteel het: "Olé-Olé-Olé, we are the champs!" – ja dalk die champs van 'n kak tune sing wanner ons 'n halwe punt voor is. Dit suig en maak my skaam dat ons in 'n land met 34 official languages 'n mindless tune by 'n land wat dik zaber in rugby suig moes leen.
haka-skaapnaaiers
Imagine gou vir 'n oomblik ons boys trek saam en klap 'n gumboot dans/Zoeloe warrior spies-in-die-lug-shovy. Een wat Ma'a Nonu is sy broek sal maak pis. 'n War cry wat so scary is dat outjies soos George Bush en Baraka Alabamba kak storietjies oor chemical weapons begin opmaak om ons te try stop. Ek check nou al hoe Beast 'n evil oog gooi. Bismarck kan dit even afrond met daai pomp-pomp-peromp pomp hit van hom. Kan jou jy vir 'n oomblik indink hoe 'n Duane Vermeulen wat met nog so 2% meer dedication en determination in die vaste-los opperate. Daai is dalk nie legal nie. Die man het weer 'n awesome game gehad teen die Wallabies, hy en Willie Alberts. Shit wat jy op vleisboek loop like het.

Bokke kan die doen, maar ja…

Laasweek het ons gesê dat foreplay vir die Bokke verby is. Hulle het toe nie teleurgestel nie. Nou skiem almal ons kan die All Blacks in Auckland stamp. Die week kyk ons so bietjie na premature ejaculation. Dis kak embarrassing vir almal involved – veral as jy nog loop en brag hoe hard jy daai Aussie meisie laasweek geraps het.
Stadig oor die klippe, ou pêl. Onthou jy nie hoe rugbybefok die land van ons geword het nadat ons die World Cup gewen het nie? Ja man, daai tyd toe elke liewe bar 'n Joel Stransky dropgoal prentjie iewers uitgestal het. Die All Blacks is nou in daarie tipe van era en die kak nuus is dat dit nie lyk asof hulle more die leisels op 'n skinkboard gaan gee nie. Ons ouens gee altyd alles, so al wat ek wil sien is dat ons nie met meer as 6 punte verloor nie, then again is ons voories on fire… tyd vir stukkie Haka. Hos ja!

Ander eierbal games
Cheetahs v Lions (19:10)
Kortbroek: Cheetahs met 'n comfortable 5
Griff: Lions met 8. Ek is 'n sucker vir punishment.

Saterdag:
Bokke v All Blacks (9:35)
Kortbroek: All Blacks met 5.
Griff: Ek kry skaam omdat laasweek nie die Bokke ge-back het nie, so hierdie week gee ek dit vir hulle met 'n net-net 3 punte

Kwaste v Sharks (15:00)
Kortbroek: Kwaste, boys. Dit raak tyd.
Griff: Sharks gaan hom insit tot agter die eiers met 12.

Bulle v Province (17:05)
Kortbroek: Province met 13 – ek meen as die Lions 60 op Loftus kan score…
Griff: Hmmm. Die twee spanne wat ek die meeste haat. Kom ons gee dit vir die Bulls met 18.

Wallabies v Argentina
Kortbroek: Die logiese besluit is 'n wen vir die Wallabies, maar ek gaan meer smile as die Pumas hulle pomp.
Griff: Die Wallabies gaan hierdie ouens verskeur. Sommer met so 20.

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekDie Bokke kort hul eie Haka

    Comments

    Gooi Comment