Bloed, sweet en trane – Wat Kyk Jy? interview Van Coke Kartel in studio

In Watkykjy Interviews deur Chopper CharlieRek jou bek

Van Coke Kartel se nuwe album ‘Bloed, Sweet en Trane’ drop einde van die maand en van dié tracks wat ons al gehoor het gaan dit bepoes wees. Check, Watkykjy het mos so bietjie gaan kuier in in die studio om te sien presies hoeveel bloed, sweet en snare dit vat om rock awesomeness te create. Jy sal fokken verbaas wees ou pellie. Maar kyk vir jouself…
(video deur The Image Engineer)

Dis dan ook net mooi tyd vir die vrystelling van die eerste single en video van die album, getiteld ‘Môregloed’ vandag. Julle is welkom.

Die video is opgeneem tydens hulle onlangse toer deur Eeeeu-ropa en produce deur Johan Nel, ‘n ou vriend en Fokofpolisiekar musiekvideo regisseur. So ‘life on the road’ vibe wat lekker loop met die gevoel van die track wat binnekort kliphard saamgeskree gaan word in klubs van Potch tot PE. Vir seker.
van-coke-kartel-bloed-sweet-en-trane-album-cover
Ons skiem hierdie bad boy van ‘n album kan dalk net die al-klaar-befokte ‘Wie’s bang?’  album se gat goed skop, skiet en donner. Pre-order so lank op iTunes ek sê. Bietjie bederfie vir einde van die maand. Once.

Chopper CharlieBloed, sweet en trane – Wat Kyk Jy? interview Van Coke Kartel in studio

Gooi Comment